Voice (Maize)										Afrikaans

Stem van die produsent vergadering gehou



Instructions: 

Folio strap: Ontwikkelingsprogram vir produsente

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente 



Gedurende die NAMPO Oesdag-week dié jaar, is ‘n aantal lede van die 250 Ton Klub, asook lede en gevorderde produsente van die program, uitgenooi om ‘n vergadering by te woon. Die gevoel was dat die tyd reg is vir ontwikkelende produsente om hulle stem te laat hoor en die sake aan te spreek wat hulle belangrik ag. 

Op 8 September 2009, is ‘n vergadering met die produsente wat gedurende Mei gekies is, gehou, en die volgende sake is op skrif gestel: 

Winsgewendheid van graanboerdery;

Grond-herverdeling;

Produksielenings; en

Die rol van die regering by ontwikkelende produsente;

Kalk en fosfate;

Rehabilitasie van landbou meganisasie; en 

“Top-up” vir insetversekering.



Winsgewendheid van graanboerdery

Suid-Afrika het ‘n fundamentele vraag om te vra – wil ons selfvoorsienend met betrekking tot voedsel wees of wil ons die risiko loop om afhanklik te wees van ingevoerde voedsel? Die winsgewendheid van graanproduksie is onder groot druk en dit is amper onmoontlik vir produsente om graan volhoubaar te produseer. Die produsente het die volgende redes vir swak winsgewendheid aangevoer: 



Uitdaging
 
Moontlike oplossing 
 

 
Suid-Afrikaanse produsente wat oor die algemeen onder droë toestande boer, moet meeding met ingevoerde graan, wat onder beter klimaatstoestande geproduseer word en waarvan sommige deur hul regerings gesubsidieer word.
 
Suid-Afrika moet nie toelaat dat ander ontwikkelde lande hulle graan net hier aflaai nie.


 

 
Padvervoer is duur en die spoorsisteem funksioneer nog nie voldoende nie.
 
Spoorvervoer moet weer herleef.
 

 
Daar is geen invoertariewe in plek wat plaaslike produsente kan beskerm nie. 
 
Invoertariewe is belangrik om plaaslike produsente te beskerm.
 

 
Tydens goeie seisoene is daar ‘n oorproduksie van mielies en daar is geen ander gewasse wat produsente winsgewend kan plant nie – sorghum, sonneblom en sojabone en die huidige prys van koring maak dit onmoontlik om hierdie gewasse onder droëlandtoestande te verbou. 
 
“n “Weidingomskakelingsprogram” moet geïmplementeer word sodat armer gronde omgeskakel kan word na weidings vir vleis en veselproduksie. 


 

 

 
Markte vir graan moet vergroot word. 
 

 
Goeie boerderypraktyke en tegnologiese vooruitgang het opbrengs verhoog tot by die punt van oorproduksie. 
 
Produsente moet verminderde bewerking of geen- bewerkingpraktyke implementeer om koste te verlaag.
 

 
Daar is ‘n groot gaping tussen die prys wat die produsent vir sy produk kry en die prys wat die verbruiker vir voedsel betaal – indien die middelman minder wins maak, sal die produsent en verbruiker daarby baat. 
 
Inligting moet beskikbaar wees, sodat almal in die voedselketting bewus kan wees van koste.
 

 
Hoë insetkoste.
 
Gevalle van prysvasstelling moet deeglik ondersoek word.
 

 
Hoë koste van geleende kapitaal. 
 
Landbank moet produksielenings teen lae rentekoerse beskikbaar maak.
 

 
Graanpryse is baie laag.
 
‘n Premie kan betaal word vir graan geproduseer deur ontwikkelende produsente. Dit kan as beloning dien vir dié wat goed presteer en hulle in staat stel om uit te brei. 
 

 


Grond-herverdeling

Meeste van die grond wat herverdeel is, is verlore vir produksie – projekte het gefaal. 



Uitdagings
 
Moontlike oplossings
 

 
Seleksie-kriteria.
 
Seleksie-kriteria moet vorige boerdery-ondervinding en opleiding insluit.
 

 
Bewys van vaardighede en toegewydheid deur moontlike begunstigdes.
 
Bevorder die rol van kommoditeitsorganisasies by beide die keuse van begunstigdes en ondersteuning aan produsente. 
 

 
Ondersteuning aan begunstigdes.
 

 

 
Burokrasie in die Departement van Landbou verstaan nie die landbou nie.
 

 

 
Politici weet niks van landbou nie.
 

 

 
Stadige pas van afhandeling – baie onderhandelings gaan verlore.
 
Prosesse moet vaartbelyn wees en deur vaardige persone bestuur word. 
 

 
Stadige betaling vir grond.
 

 

 
Ewigdurende veranderende politiek.
 
Lesse geleer moet geïmplementeer word. 
 

 
Grond alleen is nie genoeg nie. 
 
Ander vereistes soos vee, masjinerie en produksie-krediet moet van die begin af beskikbaar wees.
 

 


Produksielenings

Produsente voel dat hulle aan die genade van uitleeninstansies oorgelaat is, wat se hoofdoel wins is: 



Uitdagings
 
Moontlike oplossings
 

 
Produsente is so angstig om ‘n lening te verseker, dat hulle geen bedingingsmag het oor rentekoers of met die pryse van insette nie. 
 
Die Landbank behoort produsente direk te finansier, sodat hulle kan beding vir maksimum afslag.
 

 
Produsente word nie ondersteun en goed geadviseer met die bemarking van hulle graan nie. 
 
Produsente benodig eerlike advies oor graan-markte.
 

 
Finansiële instansies leen geld uit wat hulle van die Landbank en die IDC ontvang, maar kry nie die voordele van lae rentekoerse nie. 
 
Daar moet groter deursigtigheid wees ten opsigte van lae rentekoerse.
 

 
Lenings word dikwels laat goedgekeur.
 
Lenings moet vroeg goedgekeur word om produsente toe te laat om deeglik voor te berei vir die gewas.
 

 
Afslag van inset-maatskappye word nie deurgegee aan produsente nie. 
 
Ontwikkelende produsente moet voordeel trek uit afslag. 
 

 


Die rol van die regering 

Invoertariewe moet ingestel word om plaaslike produsente te beskerm. 

Die regering moet die 35% gedeelte van produksiekoste, wat nie huidiglik deur inset-versekering gedek word nie, dra. 

Regeringsubsidie, vir die omskakeling van arm grond na weidings, moet ingestel word. 

Die regering moet betaal vir die aanwending van kalk vir die regstelling van grond pH. 

Die regering moet betaal vir die aanwending van fosfate waar vlakke laag is. 

Ondersteuningsprogramme aan produsente deur verskillende departemente moet gekoördineer word. 

Plasing van voorligtingsbeamptes by kommoditeits-organisasies moet oorweeg word om afhandeling te bespoedig. 

Aandag moet gegee word aan die herkapitalisering en vernuwing van landboutoerusting. 

Die veld en grondbewaringsdepartemente binne die Departement van Landbou moet versterk en bemagtig word. 

