VAT (Maize) 										Afrikaans

Belasting op toegevoegde waarde (BTW) – moet jy registreer?



Instructions: 

Folio strap: Waardetoevoeging

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



Ons het die afgelope vier jaar ‘n aantal artikels oor BTW gehad. Dit het egter onder ons aandag gekom dat daar baie min produsente vir BTW geregistreer is. 



Watter voordeel hou dit in om te registreer?

Die insetkoste van graanproduksie is baie hoog en produsente moet alles moontlik doen om die produksiekoste te verlaag. Een van die maniere is deur vir BTW te registreer. 



BTW word op produksie-insette gehef – saad, kunsmis, chemikalieë, herstel, instandhouding, ens. Dit is 14% van die insetkoste. Indien jy R4 000 per hektaar op produksie-insette sou bestee, sal die BTW R560 per hektaar wees. Indien jy vir BTW geregistreer is, kan jy hierdie bedrag terugeis van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS). Dit is ‘n aansienlike bedrag geld per hektaar en op hierdie stadium is dit meer as die wins wat die meeste produsente maak. Indien jy nie vir BTW geregistreer is nie, is dit byna seker dat jy nie ‘n wins op jou gewasse maak nie. 



Hoekom wil produsente nie registreer nie?

Een van die redes waarom produsente nie vir BTW wil registreer nie, is omdat dit goeie rekorhouding vereis omdat SARS hulle opgawes op enige stadium kan kontroleer. Indien jy ernstig is daaroor om ‘n kommersiele produsent te wees of te word, is dit noodsaaklik dat jy goeie rekords moet byhou. Jy moet weet wat jou prduksiekoste is, wat jou wins is en waarop die geld gespandeer word. 



Produsente is dikwels skuldig aan belastingontduiking en vermyding – hulle bedryf ‘n kontantstelsel met geen dokumente as bewys nie. Hierdie is om twee redes nie ‘n goeie praktyk nie. Eerstens is dit onwettig om handel te dryf sonder die openbaarmaking van jou aktiwiteite aan SARS. Tweedens kan jy nie goeie besigheidsbesluite neem indien jy nie rekord hou van al jou inkomstes en uitgawes nie. Onthou dat ons almal gebruik maak van dienste van die regering en dit is die verantwoordelikheid van elke burger in ‘n land om by te dra tot die inkomste van die land. Ons kan daarom nie belasting vermy en terselfdertyd die voordele geniet wat deur die belasting betaal word nie. Onthou dat die regering belasting gebruik vir die onderhoud van paaie, skole, gesondheidsdienste, die polisie, ensovoorts. 



Indien jy ernstig daroor is om ‘n volhoubare kommersiële produsent te wees – moet jy jouself registreer vir BTW en inkomstebelasting. 

