Value											Afrikaans



Faktore wat die waarde van boerderygrond beïnvloed



Instructions: 

Folio strap: Grondsake

Byline: Inligting bekom vanaf die Agri Besigheid Bestuurshandleiding



Die waarde van boerderygrond is tradisioneel gebaseer op die landbouproduktiwiteit daarvan. In die plattelandse gebiede, bepaal produsente steeds die waarde van grond aan die netto-opbrengs van die landbou-aktiwiteite daarvan. 



Produsente word ook beïnvloed deur hoë of lae heersende rentekoerse, omdat hulle tot ‘n mindere of meerdere mate met geleende kapitaal werk. Kapitale beleggings in landboustrukture en verbeterings het ook ‘n invloed op die waarde van grond.



Inkomste uit landbougrond kan gegeneer word uit die volgende:

Produksie van verskillende kommoditeite deur die eienaar-operateur

Deur gewasse of weiding te verhuur aan ander produsente; en 

Deur deelsaai-ooreenkomste met ander produsente.



Die skep van inkomste deur die besit van grond bestaan dus uit twee komponente: 

Die kort- en langtermyn produktiewe gebruik van grond soos bo aangedui; en

Die langtermyn kapitale voordeel wat geassosieer word met die toename in die waarde van die grond oor ‘n tydperk.



Hierdie langtermyn voordele is ook afhanklik van die persentasie opbrengs van die produktiewe gebruik, wat hoër en laer ekonomiese opbrengs siklusse oor ‘n tydperk lewer. Oor die algemeen het grondwaardes ‘n toename tendens getoon en die wêreldtendens is dat grond in besit van ‘n kleiner hoeveelheid hande sal wees. Dit is daarom moeiliker vir nuwe toetreders om grond op die korttermyn te bekom en daarvoor te betaal deur effektiewe produksie. Dit is egter ‘n ander saak as die grond bekom kan word deur ‘n skenking (LRAD), deur ‘n erfporsie, of deur ‘n lening met gesubsidieerde rentekoerse (soos in die geval met die nuwe voorgestelde skema van die Departement Grondsake, genoem die Proaktiewe Grondbesit Skema (PLAS). 



Die verhuring van grond het baie verander, vanaf ‘n wyse vir beginnerprodusente om die landbou te betree, tot gevestigde produsente wat ekstra grond wil bekom en hulle boerderybesigheid wil uitbrei. Hierdie feit moet in gedagte gehou word by gemeenskapsgrond waar baie ongebruikte grond beskikbaar is, terwyl daar goeie produsente is wat meer grond nodig het om winsgewend te kan boer. Huur van grond stel produsente in staat om hulle besigheid uit te brei sonder die skuldlas en verbintenis tot kapitaal wat met eienaarskap geassosieer word.



Onthou: Dit is moontlik om te boer sonder om die grond te besit, deur huur, gemeenskapsgrond te bekom of deelsaai-ooreenkomste.



