Tyres 2 (Maize)									English



Versorging van jou bande



Instructions: 

Folio strap: Bande

Byline: Artikel deur Goodyear

Photos: Gebruik foto’s van bande

Use Goodyear logo



Plaasbande is nie goedkoop nie, daarom is daar belangrike reëls om te volg om jou belegging te beskerm en bandleeftyd te verleng.



Bestuur met bande wat te styf of te pap is, lei tot oormatige verwering, plaas addisionele druk op die bandkarkas en die resultaat is voortydige beskadiging – ‘n baie duur oefening! 



Dit is daarom belangrik om die banddruk aan te pas in ooreenstemming met werkstoestande en om die druk-inlaat gereeld na te gaan. Dit behoort een of twee maal per week gedoen te word - onthou om die banddruk aan te pas vir swaar vragte of spesifieke take.



Terselfdertyd moet die draad en sykante nagegaan word vir ooglopende skade of ongewone verwerings-patrone omdat dit ‘n lekkasie, foutiewe druk, suspensie probleme of foutiewe stuurwiel meganismes kan aandui.



Ideale banddruk sal optimum traksie, verlengde duursaamheid en brandstofeffektiwiteit verhoog en sal dit makliker maak om toekomstige lekkasies te identifiseer. Onthou om die druk na te gaan wanneer die band koud is voordat die trekker of voertuig bestuur word omdat die hitte wat gegenereer word terwyl jy bestuur, verhoogde druk en ‘n onakkurate lesing sal gee.



Band herstelwerk – gebruik ‘n deskundige!

Goodyear beveel aan dat die opsit van bande en herstel daarvan gedoen word deur goed opgeleide personeel omdat dit ‘n potensiële ingewikkelde oefening is. Indien die band nie korrek opgesit is nie, kan die band op die velling gly tydens hoë wringkrag situasies wat sal lei tot band, grond en voertuig skade.



Nadat die band op die wielvelling gemonteer is, moet sorg gedra word dat die band en wielvelling binne-in ‘n veiligheidsraam geplaas word wanneer die band opgepomp word. Waar herstelwerk gedoen word aan ‘n band met ‘n lek, moet dit slegs as ‘n tydelike maatreël gesien word.



Moenie ‘n band wat pap was, net weer styf pomp nie. Verwyder dit van die wiel en ondersoek vir skade, of laat dit nagaan – en herstel word deur ‘n band spesialis.



Ander sleutelpunte om te onthou is: Plaas altyd ‘n stofprop op die luguitlaatklep; moet nooit ‘n band of velling met ‘n hamer slaan wanneer die band tydens montering onder druk verkeer nie; moet nooit ‘n binneband gebruik wat te kort of te lank is as wat die spesifikasies is nie; vermy die gebruik van gebuigde of gevoude binnebande; bly by die vervaardiger se voorgeskrewe velling-groottes; en moet nooit probeer om beskadigde vellings te herstel deur dit te sweis, te verhit of met ‘n gastoestel te sweis nie.



Stoor bande veilig

Alhoewel Goodyear gevorderde materiaal gebruik wat bande beskerm teen skade, is rubber vatbaar vir olie, ghries, brandstof en ander mengsels, en word ook verder beskadig deur blootstelling aan son en hitte.



Dus moet bande gestoor word in ‘n koel, skoon en donker area, weg van ander masjinerie soos motors, kragopwekkers en sweismasjiene omdat dit krake in die rubber kan veroorsaak en uiteindelik skade aan die band karkas. Terselfdertyd moet chemikalieë van bande afgewas word nadat die trekker in spuitoperasies gebruik is.



Om bande te stoor wat op vellings gemonteer is, maar nie op die voertuig nie, moet die druk verminder word tot tien psi en vertikaal op die draad gestoor word. Bande sonder vellings kan op hulle sykante gepak word, maar nie so hoog dat die onderste band beskadig word nie.



Wanneer ‘n voertuig of masjien vir ‘n lang periode gestoor word, moet die voertuig op blokke geplaas word, om bande van die grond af te lig. Indien dit nie moontlik is nie, moet die banddruk vermeerder word met 25% om druk op een area te verminder en stoot die voertuig gereeld rond om die druk op die kontak area van die band te verlig.





