Tyres 1 (Maize)									Afrikaans



Bande: waardevolle bestuurswenke



Instructions: 

Folio strap: Bande

Byline: Artikel deur Goodyear

Photos: Part 4 pic and 11 Optitrac DT818

Use Goodyear logo



Indien jy weet hoe om die beste uit jou plaasbande te kry, sal dit nie net bydra tot verhoogde veiligheid nie, maar ook kostes besnoei en skade aan gewasse verminder.



Bestuur op die plaas behels ‘n hele reeks van verskillende toestande – alles van die ploeg van lande tot die sleep van waens op die teerpad. Omdat hierdie toestande so verskil, is daar belangrike riglyne om te volg.



So ver dit bande aangaan, is die keuse van die regte band vir die geskikte operasie, die vervaardiger se riglyne vir bandgrootte en spesifikasies, en meer belangrik, die banddruk vir die vraggrootte en bewerkingsterrein, van die sleutelpunte om van kennis te dra (modder, sand, ens.).



Dit is bloot die lug in die band wat dit toelaat om die vrag te dra, en vervaardigers van bande, soos Goodyear, bepaal die maksimum vraggradering vir elke spesifieke band binne sekere spoedperke. 



Die keuse van banddruk ten opsigte van die vrag van die band

Deur ‘n voertuig baie swaar te laai sonder om die banddruk aan te pas, sal buitengewone skade en verwering aanrig, wat die werkverrigting en lewensduur van die band kan verkort.



‘n Band wat oorlaai is of banddruk wat te min is, sal uitermatig buig onder hierdie toestande en kan moontlik kraak in die boonste gedeelte van sykant en vinnig afloop op die skouers. Kruislaag of straallaag bande is veral blootgestel aan oneweredige sykantspanning onder hoë wringkragtoestande, wat dan die basiese raamwerk van die band beskadig. Baie lae druk kan ook daartoe lei dat die band op die wielvelling gly en die lugklep van die binneband afgesny word en sodoende die band ernstig beskadig.



In teenstelling hiermee, maak bande met te hoë druk die band rond, en sal dan in die middel afloop. Dit verminder ook die band se kontak met die grond, wat die traksie negatief kan beïnvloed en die loopvlak beskadig en die band makliker laat tol.



Indien jy geforseer is om ‘n trekker te bestuur teen die helling van ‘n randjie, moet die banddruk vermeerder word met 30% teenoor die basiese druk (afhangend van die gradiënt) om groter stabiliteit te verseker. Dit verwys net na die agterbande wanneer in een rigting beweeg, kan slegs die een wiel aan die hellingkant stywer gepomp word, maar indien in beide rigtings beweeg word, moet albei bande stywer gepomp word.



Dit is belangrik om te kompenseer vir verminderde of verhoogde banddruk vir verskillende toestande, soos die sleep van ‘n implement of bestuur teen ‘n hoë spoed op die teerpad.



Flottasie en kompaksie

Bande met verskillende drukvolume kan ‘n groot invloed hê op beide die greep en ook die grond. Waar die grond onder die band, plante en wortels van belang is, word dit aanbeveel dat ‘n groter band met laer druk gebruik word (wydte en/of deursnee).



Dit sal die voertuig toelaat om dieselfde vrag te dra in vergelyking met ‘n kleiner band met ‘n hoër druk, maar sal verhoed dat diep vore in die grond gesny word, ‘n proses bekend as kompaksie.



Terselfdertyd sal hierdie band beter traksie toelaat, omdat dit die vrag versprei oor ‘n groter area en oor die sand “sweef” eerder as om daarin in te sak.



Gebruik vierwiel-verstelling op ‘n trekker (indien beskikbaar) by toestande waar bande ‘n swak greep op die grond het, maar vermy dit op teerpaaie of harde gruispaaie omdat dit oneweredige verwering aan die voorste bande veroorsaak en die voertuig minder beheerbaar maak en meer stres plaas op die komponente van die voertuig.

