Tyres 2 (Maize)									Afrikaans



Bande: Ontrafel die brabbeltaal	



Instructions: 

Folio strap: Bande

Byline: Artikel deur Goodyear

Use Goodyear logo



Bande is ingewikkeld wat betref die verskillende loopvlakontwerpe, konstruksietipes, vrag en spoedgraderings en groottes wat in aanmerking geneem moet word. 



Die artikel op bladsy 9 verwys na die korrekte aankoop van buitebande vir die voorgenome aanwending en gebruik, maar nou word jy egter gekonfronteer met ‘n hele spektrum van tegniese aspekte om in aanmerking te neem. Ons gaan dus die sleutel tegniese aspekte van bande verduidelik.



Bandkonstruksie

As ons met bandkonstruksie begin, is daar twee tipes om in ag te neem: kruislaag of straallaag. Kruislaagbande beskik oor versterkingskoorde wat diagonaal oor die band strek teen ‘n hoek van 30 grade tot 40 grade, met elke daaropvolgende laag in die teenoorgestelde rigting. Dit veroorsaak dus ‘n kruis- en dwarspatroon wat weggesteek is onder die bandloopvlak, wat op sigself weer ontwerp is om traksie en goeie dravermoë te bied, terwyl dit die karkas van die band beskerm.



As ‘n vergelyking, by ‘n straallaagband, strek die versterkingskoorde teen ‘n hoek van 90 grade na die middellyn van die band en verbind die band aan beide kante, wat dit aan die velling vashou en die posisie op die velling behou. Direk op die straallaaglae en onder die loopvlak, is ‘n vollengte band bestaande uit verskeie lae van staal wat strek rondom die volle omtrek van die band.



Die mees voorhandliggende en praktiese verskil tussen hierdie twee tipes trekkerbande is dat die kruislaagkonstruksie ‘n meer ronde vorm produseer wat oneweredige drukverspreiding veroorsaak en ‘n hoë vlak van grondkompaksie. Straallaag bande gee ‘n vierkante vorm wat ‘n groter kontak area met die grond bewerkstellig, eweredige druk verspreiding het en minder grondpenetrasie.



In verrigtingterme is kruislaagbande soos die Goodyear Dyna Torque II baie buigsaam en maklik om te herstel – ‘n belangrike punt om in ag te neem indien DIY (Do It Yourself) vir jou ‘n prioriteit is. Die inherente gesofistikeerde konstruksie van die straallaagband soos die Goodyear se gewilde Optitrac reeks vereis meer gespesialiseerde herstelwerk, maar bied beter traksie, stabiliteit, bandlekweerstand, rolweerstand, duursaamheid en gemak.



Dit is belangrik om te weet dat straallaag- en kruislaagbande nooit op dieselfde as gebruik moet word nie, omdat dit sal lei tot verskillende bestuurseienskappe, onstabiliteit en meganiese skade.



Enige band wat nie “binnebandloos” gemerk is nie moet ‘n binneband kry en alhoewel bandlap ‘n maklike en goedkoop manier van herstel is, behoort dit slegs beskou te word as ‘n tydelike maatreël omdat dit kan veroorsaak dat die band geleidelik of skielik druk kan verloor met ernstige veiligheidsimplikasies. Binnebande kan gebruik word in ‘n binnebandlose band indien daar ‘n lek in die velling is of lugverlies deur ligte skade aan die binnevoering van die buiteband.





Inligting op die sykant van die band

Die ingewikkelde inligting op die sykant van die band is krities by die identifikasie van die bandgrootte en werksverrigting vermoë word as volg geïdentifiseer:



Goodyear Optitrac DT812 480/70R24 138 A8

Goodyear Optitrac DT812 – maak, reeks en die modelband;

480 – Dwarsseksie wydte van die band in millimeters (kan ook in duim aangedui word);

70 – Bandprofiel. Hierdie verteenwoordig die band se sykant uitgedruk as ‘n persentasie van die bandwydte;

R – Straallaagkonstruksie;

24 – Vellingdeursnee in duim;

138 A8 – Vragindeks 138 (2 360 kg) @ 40km/h (A8) wat beteken die spoed waarteen die band die spesifieke vrag kan dra. Let daarop dat verskillende vraggraderings van toepassing kan wees indien dit ‘n trekkerband is of slegs ‘n vrylopende implement.



Kontak jou Goodyear bandspesialis vir meer inligting indien jy onseker is oor buitebandsake.





