Training (Maize) 									Afrikaans

	

Watter opleiding bied Graan SA?



Instructions: 

Folio strap: Opleiding

Byline: Jane McPherson, Programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente

Add pie charts



Die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente se doel is om bemagtigde swart kommersiële produsente te ontwikkel. Kommersiële produksie van mielies, sonneblom, koring en sorghum sluit primêre produskiepraktyke, bemarking, meganisasie en bestuur in. 



Die belangrikste probleme waarmee die ontwikkelende produsent te doen het, is as volg (dalk in hierdie spesifieke orde):

Die nie-winsgewendheid van droëland graanproduksie in Suid-Afrika (baie min ruimte vir foute);

Die gebrek aan kennis, vaardighede en ondervinding;

Tekort aan produksiefinansiering;

Gebrek aan voldoende meganisasie; en

Sake rakende grond en toegang tot grond.



Inledingskursus

Die eerste kursusse in ons program was: “Inleiding tot Mielieproduksie”, “Inleiding tot Sonneblomproduksie”, “Inleiding tot Sorghumproduksie” en “Inleiding tot Koringproduksie”, wat die primêre produksiefaktore behandel het. Hierdie kursusse bevat die volgende modules: 

Grond en klimaat;

Morfologie van die plant;

Voedingsbehoeftes van die plant;

Gewasaanplanting;

Onkruid-en onkruidbeheer;

Peste en siektes; en 

Rekordhouding



Ons stel voor dat jy, as ontwikkelende produsent, moet begin met een van hierdie kursusse, afhangende van die gewasse wat in jou area geplant word. Indien jy nie met hierdie kursusse begin nie, sal jy sukkel met die inhoud van die volgende kursusse en sal jy die vordering van die ander leerders in die groep vertraag. 



Gevorderde Mielieproduksie en Bemarking-kursus

Die hoeveelheid inligting beskikbaar rondom kommersiële boerdery is uitgebrei en met die ontwikkeling van elke kursus het ons dit moeilik gevind om te weet wat om uit te laat, omdat daar eenvoudig te veel oor elke onderwerp is om tydens ‘n kursus te behandel. Daar is ook sommige basiese dinge wat met elke fase behandel behoort te word. Ons het gevind dat ons nie al die belangrike aspekte rakende produksie en bemarking in die eerste kursus kon behandel nie en dus is die Gevorderde Mielieproduksie en Bemarkings-kursus ontwikkel. 



Hierdie kursus sluit die volgende modules in: 

Inleiding – oorsig van die inleidingskursus;

Inleiding tot bewerkingspraktyke;

Implemente en hulle belangrikheid by gewasproduksie;

Grondvrugbaarheidsbestuur;

Chemiese beheer van onkruide en plae;

Oeshantering en berging van graan;

Graanbemarking; en 

Gewasversekering en risikobestuur.



Die Gevorderde Mielieproduksie en Bemarkings-kursus is baie meer tegnies rakende grondvrugbaarheid en grondsuurheid. Indien jy voordeel wil trek uit hierdie kursus, moes jy die inleidingskursus bygewoon het en alreeds graan vir die mark produseer. Hierdie kursus is regtig nie vir die klein en selfvoorsienende produsent nie.





Inleiding tot Mielieproduksie vir Voorligtingsbeamptes-kursus

Daar is baie voorligtingsbeamptes wat vir die verskeie Departemente van Landbou werk en hulle behoort ‘n voorligtingsdiens aan produsente te verskaf. Ongelukkig is baie van hierdie mense nie opgelei of ervare in die veld van graanproduksie nie. Sommige het nie voldoende akademiese kwalifikasies, maar geen praktiese ondervinding, wat so belangrik vir boerdery is nie. Ons het dus ‘n kursus, “Inleiding tot Mielieproduksie vir Voorligtingsbeamptes”, ontwikkel. Ons het dit vir voorligtingsbeamptes aangebied en gekonsentreer op die praktiese sy van graanproduksie. Ons glo dat dit ‘n invloed gehad het op die dienslewering van hierdie voorligtingsbeamptes.



Trekker en Plaasimplement Instandhoudings-kursus

Een van die belangrikste aspekte van kommersiële mielieproduksie, sluit trekkers en implemente in. Ons het gevind dat die toestand van baie van die toerusting wat deur ontwikkelende produsente gebruik is, in ‘n baie slegte toestand is – daarom is die kursus “Trekker en Plaasimplement Instandhouding-kursus” geskep. Hierdie kursus bevat die volgende modules:

Gereedskap en veiligheid;

Enjins – hoe dit werk;

Kragbronne;

Laers en seëls;

V-belde en kettings;

Bande en spoorverkeer;

Hidroulika;

Instandhouding van die trekker;

Probleemoplossing; en 

Plaasimplemente.



Hierdie kursus is ‘n moet vir enigeen wat daaraan dink om ‘n kommersiële produsent te word. Jy moet die implemente verstaan, sodat jy dit kan versorg. Goeie meganisasie is een van die sleutels tot kommersiële produksie. Jy sal nooit ‘n volhoubare kommersiële graanprodusente word indien jy nie jou trekkers en implemente goed bestuur nie.



Kontrakteurskursus

Dit het tot ons aandag gekom dat daar ‘n aantal klein produsente, veral in die Oos-Kaap, is wat nie trekkers en masjinerie van hulle eie het nie. Die massiewe voedselskema van die Departement van Landbou in die Oos-Kaap het gebruik gemaak van kontrakteurs wat nie altyd goeie werk gedoen het nie. Ons het besef dat dit goed is vir mielieprodusente om ‘n kursus te hê wat hulle help om kontrakteurs beter te verstaan, met die hoekoms en waaroms van die verskeie bedrywe. Ons het gevolglik die kontrakteurskursus ontwikkel wat die volgende modules insluit: 

Landboukontrakte;

Grond en die belangrikheid daarvan by gewasproduksie;

Bewerking en die belangrikheid daarvan by gewasproduksie;

Gewasaanplanting;

Spuit van onkruid en plaagbeheer; en 

Trekkerinstandhouding. 



In ons program is ons in beginsel gekant teen die gebruik van kontrakteurs om die volgende redes:

Hulle verhoog produksiekoste;

Hulle doen dikwels dinge laat, omdat hulle hulself met te veel werk opsaal; en 

Die kontrakteurs lewer nie werk van goeie gehalte nie.



Daar is gevalle waar produsente se lande egter te klein is om die besit van ‘n trekker te regverdig en daarom is die gebruik van kontrakteurs nodig. Ons hoop dat die kontrakteurskursus landboukontrakteurs sal laat verstaan hoe belangrik die korrekte bewerkingspraktyke, regte standaard, die regte tyd en bekostigbare pryse, vir produsente is. Indien die produsent nie finansieel suksesvol is nie, sal die kontrakteur ook geen toekoms hê nie. 



Plaasbeplanning en Hulpbronbepaling-kursus

Meeste swart produsente het voor 1994 in die voormalige tuislande geboer. Na 1994 het baie nuwe produsente boerderygrond begin beset. Ongelukkig het min produsente besef dat boerdery ingewikkeld is en dat alle grond nie beskikbaar is vir alle bewerkingstipes nie. Ons het gevind dat produsente mielies wil plant in alle dele van Suid-Afrika waar grondtipes en reënvalpatrone nie geskik is vir winsgewende produksie nie. Die Plaasbeplanning en Hulpbronbepaling-kursus is ontwikkel om produsente te help om hulle hulpbronne te bepaal en dan te beplan hoe om dit ten beste te gebruik om winsgewende en volhoubare boerdery te beoefen. Omdat ons saam met sommige produsente vir jare deur studiegroepe gewerk het, het ons begin met die gevorderde program vir produsente, wat provinsiale koördineerders in staat gestel het om te fokus op ‘n aantal produsente op ‘n individuele basis. Ons het gevind dat produsente nie noodwendig die beste gebruik maak van die hulpbronne tot hulle beskikking nie en ondersteuning nodig het om hulle te help om te fokus op sleutelfaktore wat boerdery suksesvol maak. Hierdie kursus sluit die volgende modules in: 

Inleiding (begin van bewerking, hoe gewasse ontwikkel, kweek van plante, mielies, die basiese beginsels van boerdery);

Toegang tot grond en bestuur;

Hulpbron – fisies en meganies;

Hulpbron bepaling – kapitaal en menslik;

Praktiese implementering van hulpbronbeplanning;

Sleutelprestasieareas.



Praktiese Vaardigheidsontwikkeling-kursus

Die Provinsiale Departemente van Landbou het ‘n uitgebreide aantal voorligtingsbeamptes wat teoretiese kennis van boerdery het, maar byna geen praktiese kennis of vaardighede nie. Deur die proses van opleiding aan produsente het ons baie nou met die Departement van Landbou saamgewerk en verskeie kursusse aan hulle gebied. Na ons mening, kon ons meer produsente bystaan en ontwikkel tot kommersiële produsente, indien ons die voorligtingsbeamptes kon bemagtig met die nodige kennis. Ons kombineer nie produsente en voorligtingsbeamptes tydens ‘n kursus nie, omdat voorligtingsbeamptes huiwerig is om vrae te vra voor produsente. Alhoewel al ons kursusse praktiese demonstrasies in die middag insluit, het ons gevind dat voorligtingsbeamptes nog steeds nie kalibrasies en bepalings kon doen wanneer hulle dit alleen moes doen nie. Ons het daarom die Praktiese Vaardigheidsontwikkelings kursus ontwikkel wat die volgende modules insluit: 

Die metrieke stelsel; 

Areabepaling;

Grondpotensiaal;

Planterkalibrasie en-instandhouding;

Spuitkalibrasie en-instandhouding.



Basiese Enjinherstel-kursus

Baie van die produsente wat die trekker en plaasimplement-kursus bygewoon het, het gevra vir ‘n opvolg kursus wat hulle sou help om die basis van enjin herstel te verstaan. Baie produsente is al uitgebuit as gevolg van hulle gebrek aan kennis rondom enjinherstel. Die Basiese Enjinherstel-kursus is ontwikkel en die volgende modules insluit: 

Veiligheid, hand-en presisiegereedskap;

Enjinonderdele;

Bepaling van foute;

Uitmekaarhaal van die enjin en oordoen;

Enjinkompressietoets;

Spesifikasies.

 

Daar moet klem gelê word daarop dat die Basiese Enjinherstel-kursus nie werktuigkundiges probeer oplei nie. Die kursus stel die leerder bloot aan die onderskeie komponente van die enjin en hoe alles bymekaar pas. Die herstel van ‘n enjin is ‘n hoogs tegniese oefening en slegs gekwalifiseerde mense behoort dit te doen. Enjins en ratkaste is baie duur en dit is maklik om geld te mors, indien jy nie opgelei is nie. 



Mielie-en Garsproduksie onder besproeiing-kursus

Soos met enige program, is daar behoeftes wat ontstaan soos mense bewus word van die werk wat gedoen is. Daar is ‘n aantal produsente in die Taung/Hartswater area wat toegang tot besproeiing het, sowel as ander areas van Noordwes en die Vrystaat. Alhoewel die basiese beginsels van mielieproduksie dieselfde is onder besproeiing of droëland, is daar ‘n aantal addisionele faktore wat in ag geneem moet word. Ons het twee nuwe kursusse “Mielieproduksie onder Besproeiing” en “Garsproduksie onder Besproeiing” ontwikkel. Dit sluit die volgende modules in: 

Inleiding tot besproeiingspraktyk en die hidrologiese siklus;

Grond, grondwater en vrugbaarheid;

Spilpunt – stelsels en onderhoud;

Besproeiingskedulering;

Chemiese toediening; en

Die mielie/gars plant onder besproeiing.

. 

Plaasbestuur vir Wins-kursus

Met die ontwikkeling van die produsent na kommersialisering is die belangrikheid van goeie bestuur met ‘n fokus op winste baie belangrik. Ons is besig met die finale fases in die ontwikkeling van die kursus “Plaasbestuur vir Wins”, wat die volgende modules insluit: 

Inleiding – bestuur;

Die finansiële basis vir bestuur;

Produksiebestuur;

Aankopebestuur;

Bemarkingsbestuur;

Finansiële bestuur;

Administratiewe bestuur;

Menslike hulpbronbestuur;

Openbare verhoudingsbestuur;

Bate en voorraad bestuur; en 

Algemene aspekte van bestuur.



Ander kursusse wat aangebied word

Omdat ons gekyk het na belangrike probleme waarmee ontwikkelende produsente te doen het, het ons probeer om hierdie probleme aan te spreek deur die kursusse wat ons ontwikkel het. 

 

Nie-winsgewendheid van droëland graanproduksie in Suid-Afrika (min ruimte vir foute).

Plaasbestuur vir Wins;

Gevorderde Mielieproduksie en Bemarking; en

Plaasbeplanning en Hulpbronbestuur.



Gebrek aan kennis, vaardighede en ondervinding.

Inleiding tot Mielieproduksie;

Inleiding tot Sonneblomproduksie;

Inleiding tot Koringproduksie;

Inleiding tot Sorghumproduksie;

Inleiding tot Grondboneproduksie;

Gevorderde Mielieproduksie en Bemarking;

Kursus vir Landboukontrakteurs;

Vaardigheidsontwikkelingskursus;

Mielieproduksie onder Besproeiing; en 

Garsproduksie onder Besproeiing.



Gebrek aan produksiefinansiering.

Plaasbestuur vir Wins;

Plaasbeplanning en Hulpbronontleding.



Gebrek aan voldoende meganisasie.

Trekker en plaasimplement instandhoudingskursus;

Kursus vir Landboukontrakteur; en 

Basiese Enjinherstel.



Sake verwant aan grond en toegang tot grond.

Plaasbestuur vir Wins.





