Tractors (Maize)										Afrikaans

Trekkers – die moderne werksperd

Instructions:

Folio strap: Instandhouding

Byline: Willie Kotze, Opleidingskoördineerder vir die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente

Photos: 	Photo 1 – Battery wat nooit gediens word nie

Photo 2 – Elektriese drade met olie bedek

Photo 3 – Geen olie in ewenaar

Photo 4 – Maak lugfilters gereeld skoon

Photo 5 – Olie op verkoeler pyp

Photos 6 – Panele met draad vasgemaak

Photo 7 – Waaierband verkeerd aangesit 



Die somerproduksieseisoen is byna verby en jy en jou trekkers het hard gewerk om ‘n goeie oes te verseker. Dit is nou die tyd om ‘n bietjie aandag aan hulle te gee om seker te maak dat hulle in werkende toestand is vir die volgende seisoen. 



Verkoeling sisteem 

Maak seker dat daar geen lekkasies in enige van die waterpype of naby die waterpomp is nie. 

Gaan die toestand van die waterpype na en maak seker dat hulle nie sponsagtig is a.g.v. olie beskadiging nie. 

Gaan die verkoelerprop na en maak seker dat die seël in ‘n goeie toestand is. Indien daar geen lekkasies in die sisteem is nie en die watervlak is laag, kan dit wees dat die prop vervang moet word. 

Dit is belangrik om die verkoelingsisteem elke jaar te dreineer en die anti-vriesmiddel te vervang. Onthou dat die winter aan die kom is en dit is baie belangrik om nuwe anti-vriesmiddel in die sisteem te hê. 

Maak seker dat jy die korrekte anti-vriesmiddel vir jou trekker koop. Moet ook nie verskillende kleure anti-vriesmiddels meng nie, omdat hulle verskillend is. 

Maak seker dat die waaierbande in ‘n goeie toestand is – geen krake nie. Gaan die spanning van die bande na. Indien daar twee bande is, en een moet om een of ander rede vervang word, moet jy albei vervang, sodat albei dieselfde spanning dra. 

Brandstofsisteem

Gaan die sisteem na vir lekkasies, vanaf die dieseltenk tot by die spuitstukke. 

Maak seker dat die tenk skoon is en gaan die filter in die tenk na. 

Vervang die primêre en sekondêre dieselfilters. 

Maak die suiweraar wat die water ondervang skoon. Dit is belangrik om jou dieseltenk vol diesel te hou, omdat lug in die tenk die vog laat kondenseer en water vorm. Hierdie water kan jou hoof dieseltoevoerpomp beskadig. 



Smeersisteem(olie-sisteem) 

Maak seker dat jy weet wat die diens-intervalle van jou trekker is – dit is heel waarskynlik tyd om jou enjinolie en filter te vervang. 

Indien dit tyd is om jou ewenaar- en ratkasolie te vervang, onthou om ook daardie filters te vervang (let daarop dat die hidroliese sisteem dieselfde olie gebruik en gaan dié sisteem ook na vir lekkasies). 

Wanneer die trekker weer ry, moet jy seker maak dat daar geen lekkasies vanuit die filter of oliebak-prop is nie.

Wees op die uitkyk vir enige olie lekkasies en seëls wat lek – dit behoort vervang te word. 

Ghries alle dienspunte (op die stuurwiel sowel as op die ander ghriespunte). 

Lugsuiweraars

Gaan die lugfilters na en maak seker dat hulle stewig sit en skoon is – vervang hulle indien nie in goeie toestand. 

Gaan die lugsuiweraar se verbindingspype na en maak seker dat alle klampe stewig vas is.



Elektriese sisteem

Battery – die hele battery moet skoon wees. Verseker dat die water / elektrolietvlakke korrek is en indien nie, voeg gedistilleerde water by (verkrygbaar vanaf batterywinkels). Maak die batterykabels los en maak hulle skoon, sowel as die batteryklampe. Sit die kabels terug en smeer ‘n klein bietjie ghries op die klampe om roes- en suuraanpaksel te verhoed. Verseker dat daar goeie kontak is tussen die negatiewe kabel op die enjin en die positiewe kabel op die aansitter.

Maak seker dat alle elektriese bedrading vry is van ghries en olie en in ‘n omhulsel bedek is (dit is om die kabels te beskerm teen hitte, skuur teen mekaar en vloeistowwe). 

Verseker dat alle waarskuwingsligte en meters in ‘n werkende toestand is – wanneer jy die trekker aanskakel, moet almal aankom (Die olie en alternator ligte sal aankom wanneer die aansitter aan is, en sodra die trekker aangeskakel is, sal die ligte afskakel – sommige van die ander ligte sal aankom slegs wanneer daar ‘n probleem is). 

Gaan alle fuses gereeld na. 



Bande

Die bande behoort in ‘n goeie toestand te wees – geen krake, snye of bulte nie. 

Kontroleer die druk en maak seker dat die agterbande wat water moet bevat, korrek is. 

Kyk na die loopoppervlak op die aandrywingswiele – indien die bande te glad is, sal jy swak bandgreep hê wat jou werk oneffektief sal maak. 

Kyk na die patroon van die spore op die aandrywingswiele en maak seker dat hulle in die regte rigting beweeg. 



Stuurmeganisme

Die stuurmeganisme van die trekker is blootgestel aan baie slytasie. Dit is belangrik om seker te maak dat al die buste, laers en stuurkas in ‘n goeie toestand is. Uitgeslyte onderdele sal die trekker laat slinger op die pad – dit is baie gevaarlik, omdat die drywer nie die trekker onder beheer het nie en dit veroorsaak ook onnodige slytasie op die bande. 



Beskermende plate

Daar is ‘n aantal beskermende plate op ‘n trekker (gewoonlik dieselfde kleur as die trekker geverf). Die doel van hierdie plate is om die operateur, sowel as die bewegende dele te beskerm. Hierdie plate is dikwels los of selfs afwesig. Dit is baie belangrik om hierdie plate stewig in plek te hou en boute behoort gereeld nagegaan te word.



Trekstang

Spesiale aandag moet gegee word aan die trekstang om te verseker dat dit stewig is. Gebruik die korrekte dikte penne wanneer implemente en sleepwaens getrek word omdat al die gewig van die implement wat getrek word, deur die pen en boute wat die trekstang aan die trekker hak, gedra word. Baie ongelukke word veroorsaak deurdat die trekstang verwaarloos word. 





