Track (Maize) 										Afrikaans

		

Demonstrasieproewe en boeredae op dreef



Instructions: 

Folio strap: Produsente ontwikkelingsprogram

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



Die doel van die Ontwikkelingsprogram vir Produsente is om proewe te vestig en te bestuur waar produsente blootgestel kan word aan die voordele van korrekte grondvoorbereiding, bemesting, kultivarkeuse, onkruid- en plaagbeheer, en oes. 



Demonstrasieproewe

Ons het daarin geslaag om 46 demonstrasie-proefpersele, wat deur die program gediens word, oor die hele streek te vestig. Die doel van die proewe is om die beste praktyke te demonstreer – kunsmis/geen kunsmis; korrekte saadtoediening/te min of te veel; goeie onkruidbeheer/geen onkruidbeheer. Veral in die geval van produsente wat area-gebonde is en nie baie geletterd is nie, toon die proewe die voordele van die regte ding op die regte tyd doen, onder dieselfde toestande wat hulle beïnvloed. 



Boeredae

Die boeredae bied ‘n wonderlike geleentheid vir alle rolspelers in die veld om met produsente te gesels. Hierdie dae sluit personeel van ons program in, asook verteenwoordigers van die insetvoorsieningsmaatskappye, agri-besighede, gewasversekeraars, finansierders, ensovoorts. Ons het 65 boeredae gedurende hierdie finansiële tydperk gehou – bywoning het gewissle van 8 tot 250 produsente!





