Topsoil (Maize)										Afrikaans



Bogrond – bewaar ‘n kosbare hulpbron



Instructions:

Folio strap: Grondbewaring

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente

Photos: Topsoil

Exploding quote: “Grond is die erfenis van die menslike ras en die mees kosbare bate wat die nasie besit. Dit is die bron van alle voedsel en die basis van alle bewerking. Gevorm teen ‘n oneindigende stadige pas oor die eeue heen, is dit vinnig om te vermors en wanneer dit vermors is, kan dit vir alle praktiese doeleindes nooit vervang word nie.  Dit betaam ons dus om ons grondhulpbronne op te pas met die uiterste sorg en om dit slim te gebruik, want ‘n gesonde nasie kan slegs gebou word op gesonde grond.  – JC Ross.





“Soil is the heritage of the human race and the most precious asset that a nation possesses. It is the source of all food and the basis of all cultivation. Formed with infinite slowness over the ages, it is quick to waste, and once wasted, it can for all practical purposes never be replaced. It behoves us then to guard our soil resources with the utmost care and to use them wisely, for a healthy nation can be built only on the products of a healthy soil.” – JC Ross.



Grond word oor eeue heen gevorm teen ‘n oneindige stadige pas. Dit is egter vinnig om te vermors en as dit eers vermors is, kan dit vir alle praktiese doeleindes nooit weer vervang word nie.



Niks in die natuur is absoluut staties nie. Natuurlike prosesse, insluitend erosie, het die formasie van grond teweeggebring. ‘n Basiese onderskeiding moet egter gemaak word tussen die tempo van verandering soos dit in die natuur voorkom en die tempo van verandering wat deur die tussenkoms van die mens veroorsaak is. Wat die natuur honderde of selfs duisende jare neem om te vervaardig, kan deur die mens byna oornag vernietig word deur verkeerde grondgebruik en swak boerderypraktyke. 



Voordele van die beheer van gronderosie

Die beheer van erosie is voordelig vir die privaat grondeienaar en die publiek – vir die grondeienaar in terme van grond en vogbewaring en vir die publiek in die vorm van minder vloede, suiwerder strome en laer instandhouding van waterlope, brûe ensovoorts.



Resultate van gronderosie

Verlies aan grond en vrugbaarheid.

Verlies van water.

Beskadigde veld en onproduktiewe grond.

Vloede en droogtes.

Verlaagde grondwaarde.

Verlaagde plaasinkomste.

Grond wat leeglê.

Mislukte oeste.

Onvoldoende watervoorraad.



Tipes erosie

Die drie mees aktiewe erosiekragte is water, wind en ys. In Suid-Afrika is die grootste bekommernis watererosie en tot ‘n mindere mate, winderosie. Watererosie kan op 2 maniere plaasvind– bo-grond wat wegspoel en die vorming van slote. 



Wegspoel van bo-grond

In die verlede is grond gelyk gemaak totdat dit sag en los is, wat sodoende ‘n goeie egalige en fyn saadbed gevorm het. (Minimum bewerking word as ‘n moderne oplossing gesien vir die probleem van bogrond-verlies). Gedurende die plantseisoen is daar dikwels gereelde en oorvloedige reën. Wanneer deurdringende reën op hierdie fyn grond val, veroorsaak dit dat grondkorrels loskom en wegvloei. Kort nadat dit begin reën vloei oortollige water weg en grond en humus word saam geneem. Dit kan vir baie jare voortgaan sonder dat die produsent besef dat skade gedoen is, terwyl verlies van honderde tonne grond per hektaar plaasvind. 



Spoel van slote

In baie gevalle is lande nie heeltemal gelyk nie en die grond het nie ‘n eenvormige tekstuur nie. Water sal in klein stroompies opgaar en die stroompies sal in groter strome ineenloop. Indien die steilte lank genoeg is, sal die strome ‘n patroon vorm soos die takke en stam van ‘n boom – dit word slootvorming genoem.



Wanneer water in ‘n definitiewe sloot begin vloei, sal die krag van die water teen ‘n steilte toeneem. Wanneer hierdie slote gevorm het tot by ‘n punt waar die waterslote nie maklik herstel kan word nie, veroorsaak dit erosie. Hierdie erosie kan ‘n hele omgewing beskadig en die land totaal ongeskik maak vir verdere bewerking. 



Toekomstige generasies maak op ons staat om die grond vir toekomstige produksie te bewaar. Deur goeie bestuur kan gronderosie gestop word en kan die volhoubare gebruik van grond verseker word. 













