Support (Maize)										Afrikaans



Ondersteuning aan gevorderde en swart kommersiële produsente

	

Instructions:

Folio strap: Ontwikkelingsprogram vir produsente

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir 

Produsente

Photos: 



Die doel van die Ontwikkelingsprogram vir Produsente is om uitstaande kandidate wat ontstaan het uit die studiegroep sisteem, te ondersteun.



Hierdie produsente benodig een-tot-een ondersteuning in terme van produksiebeplanning, bestuur, finansiële aansoeke,  verslagdoening ens. Die produsente wat geïdentifiseer is, sal een jaar van intensiewe ondersteuning hê. ‘n Nuwe groep produsente word elke jaar geïdentifiseer en ondersteun en daarna behoort hulle instaat te wees om op hulle eie aan te gaan met telefoniese ondersteuning deur streekskoördineerders. Indien die produsent meer as 250 ton per jaar produseer, sal hy/sy oorhandig word aan die kommersiële produsente in daardie streek – die doel is om die integrasie van swart produsente tot die kommersiële sektor te bespoedig. 



Die gevorderde produsente in die Vrystaat, ondersteun deur Johan Kriel is soos volg:



Sr Priscilla Katase

Mnr Samuel Moloi

Mnr Isaac Khuto

Mnr Samuel Nyambose

Mnr Moeketsi Matshabe

Mnr Hennie Jacobs

Mnr Petrus Monnane

Mnr Frans Mokoena

Mnr David Lekhula

Mnr Isaac Kheswa



Die gevorderde produsente in die Noordwes, ondersteun deur Tonie Loots, is soos volg:



Mnr Abram Manuel

Mnr Rykie Raphoto

Mnr Lazarus Mothusi

Mnr Labious Manoto

Mnr Thando Lolwane

Mnr Sulphanius Motswenyane

Mnr Ismael Botha

Mnr Philip Nzonda 

Mnr M Mazwi 



Die gevorderde produsente in die Noordwes, ondersteun deur Amos Njoro, is soos volg:



Mnr Phillip Xaba

Mr Solomzi Booizene

Mnr Hendrik Melken

Mnr Jack Kokoma

Mnr Moss Malo

Mnr Orapeleng Bankies

Mnr George Mokwele

Mnr Paul Morule

Me Deliwe Ntebele-Mutlwane

Mnr Job Motswamere



Die gevorderde produsente in Mpumalanga, ondersteun deur Jerry Mthombothi, is soos volg:



Mnr Nkosi

Dr Hewu

Mnr Mahlangu

Mnr Mokoena

Mnr Masombuko

Mnr Mahlangu

Mnr Thubane

Mnr Mahlangu



Die produsente wat deel is van hierdie program, word almal bygestaan met die ontwikkeling van hulle portfolio wat ‘n besigheidsplan vir die seisoen insluit. Hierdie portfolio stel die produsente in staat om aansoek te doen vir produksiekrediet by verskeie instansies. Die provinsiale koördineerder besoek die produsente ten minste een maal per maand om hulle by te staan met die beplanning en monitor van hulle aktiwiteite soos grondvoorbereiding, plant, grondbewerking, spuit, oes en bemarking. 



Ons het besluit dat die vordering na kommersialisering gemonitor en erken behoort te word en het daarom ‘n funksie gehou waarna ons sekere produsente uitgenooi het om by die 250 Ton klub aan te sluit. Ons het afdelings van 250 Ton, 500 Ton en ‘n 1 000 Ton – die produsente is vereer en het kentekens ontvang wat hulle lidmaatskap van die klub aandui. Ons hoop om aan die industrie te toon dat daar inderdaad vordering op pad na kommersialisering is. 



