

Sunflower



Sonneblom – ‘n goeie alternatief vir ander somergewasse



Instructions:

Folio strap: Oliesade

Byline: Inligting bekom vanaf die Graan SA handleiding: Gevorderde mielieproduksie en bemarking.

Insert: Geborg deur die Olie en Proteïensade ontwikkelings trust



Sonneblom is een van die mees belangrike oliesaad gewasse wat in Suid-Afrika geproduseer word, met ‘n langtermyn gemiddelde oes van 650 000 metrieke ton. Sonneblomsaad met ‘n hoe olieinhoud, bevat tot 44% olie wat die grootste van deel van die produksie uitmaak. Sonneblomsaad met ‘n lae olieinhoud van tussen 25% en 38% word gebruik in die gebak industrie en vir voëlsaad. Sonneblom kan geproduseer word in die grootste deel van die land waar reënval tussen 475 mm en 675 mm per jaar is. Om volhoubare sonneblomproduksie in enige area te handhaaf moet die produksie van die oes winsgewend wees. Die prys van sonneblom is baie hoog huidiglik en dit word verwag dat dit sal hoog bly ten minste vir die duur van hierdie seisoen.



Keuse van saad - saadkwaliteit

Hoe kwaliteit, eenvormige saad met ‘n hoe persentasie ontkieming, bekende suiwer bastervariëteite en vry van onkruidsade en peste, moet geselekteer word om produksie risiko te verminder. Die saad van goed geteelde kultivars wat ontwikkel is om hoe opbrengste te produseer kan nie vir die volgende seisoen gebruik word nie. Hierdie saad sal terugslaan na ‘n wilde tipe sonneblom met meer as een kop en is nie geskik vir meganiese stroop nie en sal ook ‘n lae produksie toon.



Plant datums

Die voorkoms van ‘n midsomer droogte vanaf middel Desember tot middel Januarie wat verwag kan word oor die grootste deel van die sonneblom produksie area, speel ‘n belangrike rol in die vasstelling van die plant datum. Aangesien blomvorming saamval met die piek waterbehoeftes van die sonneblom plant en ook die stadium is waar die gewas die meeste sensitiwiteit vir droogte het, moet die plant datum so gekies word om te verseker dat die blomstadium nie plaasvind wanneer die kanse vir ‘n warm, droë tydperk hoog is nie. Die kanse om probleme te ondervind is selfs groter as sonneblomsaad vroeg geplant word in grond waar die bogrond droog is. Wanneer reëns voor aanplant goed is en die grondprofiel is deurnat, sal vroeg aangeplante sonneblom ‘n beter kans hê om goed te doen.



Die besluit om vroeg of laat te plant is daarom afhanklik van die grond – waterreserwes tydens planttyd en ook van die geskiedenis en intensiteit van midsomer droogtes. Aan die ander kant kan die planttyd nie te lank uitgestel word nie, omdat die kritiese graanvulling periode dan sal plaasvind, wanneer bestraling en temperatuur vlakke daal, wat tot gevolg sal hê dat daar ‘n drastiese verlaagte graanopbrengs is.



Oor die algemeen, kan die optimale plant datums as volg wees: vir die koeler oostelike dele vanaf die begin van November tot die eerste week in Desember; vir die sentrale dele vanaf die laaste week in November tot die einde van Desember; vir die droëer westelike dele vanaf die laaste twee weke in Desember tot die middel van Januarie. Daar moet ook onthou word dat aanplantings buite hierdie datums ‘n verlaagde potensiële oesopbrengs sal hê. 



Plantdiepte en planttegniek



Sonneblom kan geplant word teen ‘n diepte van tussen 2,5 cm en 5 cm, afhangende van die tipe grond en die plantdatum. Aanplanting moet vlakker wees in swaarder grond en dieper in sanderige grond. Dit is baie belangrik dat saad geplant word in grond met voldoende vog vir goeie opkoms. Goeie kontak tussen die saad en die grondvog is belangrik. ‘n Betroubare planter is baie belangrik. Saad moet eweredig geplant word en die diepte moet bestendig wees. Die eweredigheid van die stand is net so belangrik as die finale plantpopulasie omdat dit te doen het met die kompetisie tussen aangrensende plante. 



Plantpopulasie en rywydte

Die aantal plante per oppervlakte is grotendeels afhanklik van die grondvog wat beskikbaar is. Die plantpopulasie per eenheid is meer belangrik as die spesifieke rywydte. Rywydte onder droëland toestande kan varieer van 0,91 m, tot 2,1 m of 2,3 m afhangende van die meganiese implemente beskikbaar en die tipe van grondbewerking sisteme wat gebruik is. 



Plantpopulasies wat te lag is strem die oesopbrengs en ‘n populasie wat te hoog is lei tot verhoogde stres op die plant wat ook lei tot ‘n verlaagde opbrengs. Plante wat te na aan mekaar geplant word, het ‘n verhoogde siekte risiko (soos stamvrot) en omval kan ook plaasvind. 



Voorgestelle plantpopulasies (‘n minimum van 20 000 plante per hektaar) in alle areas.



Die volgende tabel gee aanduiding van plant spasiëring in die ry (afgerond) vir ‘n finale stand soos aangedui (‘n hektaar is ‘n area van 100 m by ‘n 100 m).



Populasie
 
Rywydte
 

 
Afstand tussen die plante in die ry (cm) 
 

 
Plante per ha – Finale Stand
 
0,9 m
 
1 m
 
1,5 m
 
2,25 m
 

 
20 000
 
56
 
50
 
33
 
22
 

 
22 500
 
49
 
44
 
30
 
20
 

 
25 000
 
44
 
40
 
27
 
18
 

 
27 500
 
40
 
36
 
24
 
16
 

 
30 000
 
37
 
33
 
22
 
15
 

 
32 500
 
34
 
31
 
21
 
14
 

 
35 000
 
32
 
29
 
19
 
13
 

 
37 500
 
30
 
27
 
18
 
12
 

 
40 000
 
28
 
25
 
17
 
11
 

 
42 500
 
26
 
24
 
16
 
10
 

 


Dit word aanbeveel dat die planter gestel word om 10% meer saad as die vereiste finale plantestand te plant, om te kompenseer vir verliese van saad wat beskadig is, swak ontkieming, insek skade of kompaksie na swaar reëns gedurende ontkieming. Indien daar ‘n finale stand van minder as 20 000 plante is, moet dit oorweeg word om oor te plant, indien die plante periode steeds binne die aanvaarbare grense val.

