Sunflower (OPOT)								Afrikaans

Sonneblom– siektes en plae



Instructions:

Folio strap: 

Byline: Inligting bekom vanaf die Graan SA Sonneblom Produksie handleiding.

Photos: 

Photo 1: Snywurm

Photo 2: Vaalgrondkewer

Photo 3: Herpaluskewer

Photo 4: Gespikkelde mieliekewer

Photo 5: Swartstam

Photo 6: Witroes

Photo 7: Sagte Rhizopus kopvrot



Slegs sommige van die insekte op sonneblom kan geklassifiseer word as plae. Die insekte wat ‘n bedreiging inhou vir sonneblom teer op die aangeplante saad, ontkiemende saailinge, saad wat opkom, ontwikkelende plant, wortels en die pitte wat ontwikkel. 



Insekbeheer maak grootliks staat op insekdoders (chemikalieë wat giftig is vir die insek). Insekdoders bestaan wat geregistreer is vir gebruik op alle insekte wat die sonneblom plant aanval. ‘n Geïntegreerde benadering tot insekbeheer is meestal die mees effektiewe benadering – metodes word gekombineer om die insekpopulasie te onderdruk en insekskade te verminder. 



Insekte wat teer op die saad en saailing

Verskeie insekte teer op die saad en die saailing, bv. draadwurm, larwes van die gespikkelde mieliekewer, snywurm, ens. (om maar net ‘n paar te noem). Hierdie insekte verminder die plantpopulasie wat besig is om op te kom en indien hulle nie beheer word nie, kan dit noodsaaklik wees om die hele oes oor te plant. Behoorlike beheer van hierdie insekte is grootliks afhanklik van die korrekte aanwending van insekdoders, veral tydens planttyd. 

 

Bewerking gedurende die winter sal help om die meeste van hierdie insekte te beheer – ‘n periode van 35 dae of meer sonder ‘n gasheerplant, sal baie van hierdie insekte uitskakel. 



Saad wat aangeplant word, kan met insekdoder behandel word, of insekdoder kan aangewend word in die ploegvoor tydens planttyd. Snywurm kan beheer word deur lokaas op die grond op die ry te gooi. Die mielieland kan ook met ‘n geskikte insekdoder gespuit word.



Insekte wat teer op dele van die sonneblom plant

Volwasse gespikkelde mieliekewer (Astylus Atromaculatus), snywurm (Agrotis Segetum), doodhouertjie kewer (Protostrophus Sulcatifrons) en harpalus spesies veroorsaak groot skade aan saailinge en kan die plantpopulasie van lande met ‘n goeie stand, verminder na onekonomiese produksievlakke.

 

Die Afrika bolwurm (Helicoverpa Armigera) veroorsaak skade aan die sonneblomkop en kan die pad oopmaak vir infeksies van fungusse soos Rhizopus Microsporus. Suiende insekte soos Nysius Nataensis kan ook skade aanrig aan ontwikkelende sonneblomsaad. 

 

‘n Aantal insektedoders is geregistreer vir die beheer van verskillende insekte wat op die plant leef. Dit is egter belangrik om te verstaan watter insek die skade aanrig en dan die korrekte insekdoder volgens die regte aanwendings tempo op die optimale tyd te gebruik. Dit verskil, afhangend van die insek en die vlak van ontwikkeling van die plant.



Plaagbeheer verminder verlies in opbrengs, maar teen ‘n prys, en die produsent moet die vergelykende koste van die middel in gedagte hou. Die vlak waar beheer van die plaag noodsaaklik word, is bereken – daar is ‘n draaipunt waar dit noodsaaklik is om die geld te spandeer om die plaag te beheer, anders sal die skade aan die oes die koste van die middel oorskry. 





Voorkomende beheer

Dit is nie aanvaarbare praktyk om insekdoders op gewasse te spuit waar die vlak van besmetting nog nie kritiese proporsies bereik het nie. Die rede hiervoor is dat natuurlike vyande op hierdie manier vernietig word en weerstand kan teen die insekdoder opbou.



Bewerking voordat die gewas geplant word, is ‘n suksesvolle manier van voorkomende beheer van insekte. Die vlakke van die insekte moet egter gemonitor word om behoorlike ekonomiese beheer te verseker. 



Sommige plante het ‘n natuurlike weerstand teen sekere insekte. Die korttermyn voordele hiervan, is dat die gewas nie gespuit hoef te word nie, en langtermyn voordele is dat die populasie van die insekte verminder word. 



Dit is noodsaaklik om ‘n geïntegreerde benadering tot plaagbeheer te volg – gebruik die metode wat die mees geskikte op ‘n sekere tyd is. Die beheer van insekte in sekere gewasse is ‘n baie belangrike aspek van gewasbestuur omdat dit ‘n merkbare effek op opbrengs het en daarom op die ekonomiese lewensvatbaarheid van die gewas. 



Sonneblom siektes

Plantsiektes verlaag die opbrengs en kwaliteit van gewasse en kan gesondheidsprobleme vir diere of mense inhou wat die plant inneem. Fungus, bakterie en virusse veroorsaak plantsiektes. Dit beïnvloed al die dele van ‘n plant – die wortels, stam, blare en koppe. Verskillende siektes vereis verskillende toestande vir hulle ontwikkeling. 



Die siekte kan slegs ontwikkel indien die omgewingtoestande geskik is, die gasheerplant en die siekte teenwoordig is. Hierdie drie aspekte kan die driehoek van siekte besmetting genoem word. Indien enigeen afwesig is, sal die siekte nie ontwikkel nie. ‘n Siekte wat in ‘n spesifieke seisoen in ‘n spesifieke area voorkom, mag afwesig wees in dieselfde area in die volgende seisoen – eenvoudig omdat die omgewingstoestande nie teenwoordig is nie. Omdat sonneblom produksie hoë insetkostes het, is dit gewoonlik onekonomies om die siekte chemies te beheer. Sekere siektes is altyd teenwoordig maar ontwikkel nie, omdat een of ander van die sye van die driehoek afwesig is. Voorkomende maatreëls beheer hierdie siektes. Verskeie aspekte kan in oorweging geneem word vir voorkomende siektebeheer. 



Plant weerstand

Sekere kultivars is ontwikkel met ‘n weerstand teen siektes. Die weerstand is egter slegs teen ‘n spesifieke siekte en nie ‘n algemene weerstand nie. Dit is belangrik om die siekte wat aanwesig is te identifiseer en die geskikte kultivar te selekteer. 



Chemiese beheer

Chemiese beheer vereis die aanwending van geregistreerde fungus- en bakteriedoders vir spesifieke siektes onder spesifieke omstandighede. Die kostes van die middel moet altyd in berekening gebring word voor aanwending.



Produksie praktyke

Grondbewerking is belangrik in die beheer van siektes - die oesreste op die land huisves siektes en die sisteem van bewerking moet verskillende siektes wat teenwoordig is, in ag neem.



Die doel van wisselbou is om ‘n redelike tydperk toe te laat vir die ontbinding van plantmateriaal. Dit is belangrik om te bepaal watter siektes deur watter plante oorgedra word om te verseker dat die probleem deur die spesifieke wisselbouprogram aangespreek kan word.



Die plant datum sal ook ‘n effek op die teenwoordigheid van ‘n spesifieke siekte hê - om later of vroeër te plant kan ook die risiko van die ontwikkeling van daardie siekte verminder.



Stresbeheer

Spesifieke stres faktore kan plantsiektes affekteer. Faktore wat stres by plante veroorsaak, sluit in vog (te hoog of te laag), hitte, koue, ongebalanseerde voeding, grondsuurheid en insekskade. Optimum siektebeheer vereis die uitskakeling van ten minste een van die bene van die siekte driehoek. Dit word die beste bereik deur die gebruik van ‘n geïntegreerde siektebeheersisteem.



Algemene siektes



Blaarvlek siektes – Septoria Helianthi and Alternaria

Vlekke wat veroorsaak word deur Septoria is gewoonlik beperk tot die blare. Alternaria infeksies word gekenmerk deur die vorming van donker vlekke op die stam, die blare en die agterste deel van die sonneblomkop.



Roes – Puccinia Helianthi

Blaarspringers versprei die virus wat hierdie siekte veroorsaak, en dit is ‘n aansienlike probleem in die Laeveld en waar koring geproduseer word. Plante word besmet kort na opkoms en bly kort en sal dus nie graan produseer nie.



Sclerotinia – Sclerotinia Sclerotiorum (stam en kopvrot)

Hierdie is dalk die siekte wat die meeste skade aanrig en word beheer deur wisselbou.



Die siekte veroorsaak groot swak dele op die stam wat gewoonlik ontwikkel net die bokant grondvlak en kan lei tot omval van die plant tydens sterk winde. Die koppe raak dan aan die grond en kan lei tot verdere fungus besmetting voor stroop tyd.



Aansienlike skade word aan koppe aangerig en ‘n hoë besmetting maak sonneblom produksie onekonomies.



Swartvlek – Phoma Oleacea

Hierdie siekte kom enige tyd gedurende die seisoen voor en word versprei deur die aksie van waterdruppels. Besmette plante word verswak deur koppe wat nie behoorlik gevul is nie.



Witroes – Albugo Oleracea

Hierdie siekte het oor die afgelope jare groot kommersiële verliese veroorsaak en lei tot omval van plante.



Sagte Rhizopus kopvrot– Rhizopus Microsporus

Die tipiese simptoom is sagte bruin verrotting aan die agterkant van die kop.







