Sunflower (OPOT)									Afrikaans
Sonneblom – oes, hantering en stoor
Folio strap: 
Byline: Inligting aangepas uit die Gevorderde Sonneblom Produksie handleiding
Die produsent moet seker maak dat kwaliteitbeheer begin by die beplanning en voor-plant stadiums en enige bestuursaksie insluit wat optimale produksie verseker. 
Sekere faktore om in gedagte te hou en wat die finale kwaliteit van die saad geoes kan beïnvloed is: grondvoorbereiding, gronddiepte, pH, minerale balans, opgegaarde vog, kultivarkeuse, korrekte bemesting, onkruid-en plaagbeheer en oes op die regte stadium en behoorlike hantering, insluitend skoonmaak, droog en stoor metodes.
Oes
Oes is 'n belangrike en kritiese operasie vir 'n boerdery-onderneming. Oes is die eerste stap in die na-produksie stelsel, insluitend die verwerking, berging en bewaring van die sonneblomoes. Binne die verskillende produksiegebiede in Suid-Afrika dek oes, stoor en verwerking 'n verskeidenheid aktiwiteite, van die pluk en die stoor van die hele sonneblomkop om later te dors op klein plase, tot volle gemeganiseerde kommersiële graanboerdery.
Meganiese oes van sonneblom
Tydsberekening
Sonneblom word gewoonlik gestroop voor die mielie-oes; in 'n normale jaar van die einde van Februarie vir saad wat vroeg geplant is, tot Mei vir saad wat laat geplant is. Hierdie oesaksie kan gewoonlik afgehandel word voordat met die oes van mielies begin word. Dit is belangrik vir kleiner boerderye om dieselfde stropers te gebruik om sonneblom en mielies te oes. 'n Produsent kan gebruik maak van 'n kontrakteur wat stropers verstel vir mielies en/of sonneblom. Die tydperk tussen volwassenheid en oes moet so kort as moontlik gehou word om verlies van voëlskade en kop-vrot siektes te verminder. 
Sonneblomplante is fisiologies volwasse wanneer die agterkant van die kop verkleur het van groen na geel, 'n verandering wat gewoonlik plaasvind voor die koppe droog genoeg is om te oes. Sonneblom wat later geplant is, sal eers gereed wees vir oes na swartryp vroeg in die wintermaande. Gebruik 'n vogmeter voor oes om vogvlakke in die gewas te monitor tydens en na fisiologiese rypwording, om te verseker dat die gewas geoes word teen die optimum tyd. As jy self nie 'n vogmeter besit nie, kan monsters met gereelde tussenposes geneem word en aan jou plaaslike silo-operateur gegee word, of in oorleg met jou stroperkontrakteur, om so te besluit wanneer dit die regte stadium is om te oes. 
Om saadverlies tydens stroop te verminder, asook verlies as gevolg van voëls, kan sonneblom teen ‘n voginhoud so hoog as 20% tot 25% ge-oes word en dan gedroog word in 'n graan droër tot 9,5%, wat ‘n veilige voginhoud is vir stoor in ‘n silo. Toestande in Suid-Afrika is egter gunstig vir die volledige droog van sonneblom op die land voor oes. Dit moet altyd in gedagte gehou word dat sonneblom met 'n voginhoud bo 10% baie vatbaar is vir swamme. 
Stroop
'n Stroper se spoed moet tussen vyf en agt kilometer per uur wees. Die optimum spoed sal afhang van die voginhoud en opbrengs van die sonneblom. Spoed moet verminder word as die saad se voginhoud verlaag om die verlies aan saad te verminder wanneer die koppe in die stroper gevoer word. Hoër spoed is moontlik indien die saadvog tussen 12% en 15% is.
Die hoër spoed behoort nie die silinder en die siwwe te oorlaai nie, behalwe by 'n baie goeie oes. Saad met 12% tot 15% vog sal baie maklik dors terwyl dit deur die silinder beweeg.
Stroperaanpassings
'n Opsomming van sommige van die probleme by stroper verstellings en moontlike oorsake, word getoon in die tabel hieronder:
Probleem
Moontlike oorsaak/oplossing
Gedeeltelik gedorste koppe op die grond.
Konkaaf spasiëring te wyd.
Oormatige uitskot.
Lugvloei te laag, oormatige dorsaksie by die drom/rotor. Kafsifopeninge te klein.
Oortollige afvalmateriaal in die opvangbak.
Oormatige dorsaksie, dromspoed te hoog, konkaaf opening te klein, windtoevoer te laag, of sif te wyd.
Gebreekte koppe.
Hoë drom/rotor spoed, klein konkaaf spasiëring.
Gekneusde saad met 'n dop wat ng heel is.
Konkaaf spasiëring te nou.
Ontdopte of gebreekte sade.
Hoë drom/rotor spoed, of oormatige materiaal.
Ongedorste koppe op die grond.
Swak inname by die tafel.
Sade uitgegooi by die agterkant van die stroper.
Spoed/lugvloei, verlaag masjienspoed en windspoed.
Oesverliese wissel van 3% tot 5%, maar kan tot 10% of 15% onder baie moeilike omstandighede wees. Meganiese stropers moet gekontroleer word vir doeltreffendheid deur verliese voor en na die stroper ‘n toetsstrook gestroop het, te bepaal.
Vogmeters
Om te verseker dat die produsent beheer het oor die voginhoud van oes en stoor is dit noodsaaklik om toegang tot 'n moderne vogmeter te hê of om jou eie te koop as jou produksievolume dit regverdig.
Akkurate vogtoetse is belangrik by die bestuur en bemarking van graan.
Skatting of onakkurate toetse kan lei tot: 
Bederf as graan te nat is en gestoor word in silos met lae temperatuur of natuurlike lugdroog silos. 
Ekstra droogkoste en verlies indien graan te nat geoes word. 
Krimping vanweë vogverlies en ekstra droogkostes. 
Verlies aan die waarde van die gewas.
Vir akkurate vogtoetse moet 'n verteenwoordigende monster eers geneem word.
Monsters 
Verkryging van 'n verteenwoordigende monster voor oes, omdat die voginhoud van sonneblom wat nog nie ge-oes is nie, maklik oorskat kan word. Dit lei daartoe dat later ge-oes word.
Stroop 'n gedeelte en toets dit dan.
Meng koppe wat met die hand gepluk is en vryf saad van verskillende plante af wat oor die hele land gepluk is. Kry drie toetse vir hierdie monster en kry die gemiddeld van die resultate.
Neem die monster na jou plaaslike silo operateur vir akkurate toetsing.
Kontroleer gereeld nadat die koppe verkleur het na geel, sodat die gewas geoes kan word teen die optimum voginhoud.
Stoor op die plaas/dorp 
Metaal silos
Waarskynlik die beste opsie vir 'n produsent op kommersiële produksie vlak. Baie gegalvaniseerde staal graansilos is beskikbaar en wissel van 30 tot duisende ton. Indien fondse beperk is, kan 'n paar kleiner silo's van sowat 30 ton opgerig word wat deel uitmaak van’n graanhantering en opberging stelsel wat geskoei is op toekomstige produksie volumes.
Faktore en oorwegings wat die oes en stoor van graan deur produsente beïnvloed, hang af van die vraag of die produsent geen stoorplek het, of sy eie stoorplek het vir 'n gedeelte van die gewas of vir al die mielies geproduseer. Die groter produsente sal waarskynlik slegs fasiliteite hê om ’n gedeelte van die hoofgewas wat geproduseer word, te hanteer. Groter plase is geografies versprei en dit is waarskynlik meer koste-effektief om te lewer aan 'n kommersiële silo direk van die land, eerder as om dit op die plaas in ‘n silo te plaas en dan weer aan die kommersiële silo's te lewer.
Die produsent met sy eie stoorplek
As jy jou eie hanteringsfasiliteite het, insluitend skoonmaak, droog en stoor, kan die graan so gou geoes word as wat dit gereed is om te dors, skoongemaak word, gedroog word, gestoor en verkoop word teen die optimum tyd met inagneming van die bemarking en verkoop reëlings wat getref is. Indien die gewas so gou as moontlik geoes kan word, kan enige verdere verlies a.g.v weer en ander risiko's verminder word. 
Die produsent wat geen stoorplek het
Sonneblom geproduseer op plase sonder bergingsfasiliteite, sal gewoonlik geoes word en onmiddellik in grootmaat vervoer word na die plaaslike silo's. Die produsent sal moet wag vir die oes om droog genoeg te word vir lewering aan die plaaslike silo. Die graan moet droër as 10% wees om te voldoen aan gepubliseerde standaarde vir sonneblom.
Bly in verbinding met jou plaaslike silo operateur om uit te vind teen watter maksimum voginhoud die graan gelewer kan word. Tydens hoë opbrengs seisoene sal die silo operateur nie in staat wees om groot volumes mielies met 'n hoër voginhoud te hanteer nie. Die kontrakteur moet begin oes teen 'n voginhoud wat onmiddellik gereed is vir lewering.
Hoewel dit 'n voordeel is om jou eie stoor fasiliteite te hê, is daar risiko's en groot finansiële belegging betrokke vir toerusting en die bestuur van hantering, skoonmaak, droog, berokings vir insekte, en die berg van die gewas teen die optimale voginhoud. 	
Behoorlike sonneblomsaad berging 
Vir 'n produsent wat reeds sy eie silo's het, sal die volgende kontroles en prosedures help om jou graan voor verkoop, suksesvol te stoor.
Maak die fasiliteit deeglik skoon. Maak die stoor deeglik skoon, asook die opname put, awegaar, vervoerband, ventileerders en buise, deur die verwydering van enige aanpaksel en ou graan wat insekte of swamme huisves. Seël krake en barsies wat kan veroorsaak dat insekte, swamme of vog die stoor kan binnedring.
Oorweeg die gebruik van 'n goedgekeurde silo behandeling vir insekte. Behandel die binnekant van die silo en onder die ventilasie vloer met 'n bespuiting teen insekte. Maak seker dat die chemiese middel geregistreer is vir gebruik by sonneblom en volg die etiketinstruksies noukeurig.
Maak seker dat die opgebergde graan skoon is van vreemde materiaal en wollerigheid. Sonneblomsaad wat gestoor met oormatige vreemde materiaal, gebreekte sade, en onkruidsade maak dit meer vatbaar vir swamme en insekte. Hierdie materiaal het gewoonlik 'n hoër voginhoud en kan verhitting veroorsaak. Dit is raadsaam om ‘n stofsuier te installeer na die opname put of awegaar of vervoerband voordat die skoon saad in grootmaat gestoor word.
Gewasse stoor die beste as hulle koel, droog en skoon is.
Berg teen 'n veilige voginhoud. Sonneblomsaad moet geberg word teen 10% of minder vog as jy van plan is om die oes binne ses maande na oes te bemark. 
Silo ventilasie sisteme is die sleutel. 'n Ventileerder is bedoel om sonneblom af te koel. Ventileerders moet afgeskakel word tydens hoë humiditeit of reënweer.
Kontroleer die saad. Weeklikse monsters moet geneem word totdat temperature afgekoel is tot wintertemperatuur. Monsters moet elke vier weke gedurende die winter geneem word en een keer 'n week gedurende die somermaande.
Kontroleer die sonneblom en nie die silo nie. Wanneer ‘n monster geneem word, toets die saad hopie en let op na die temperatuur, vog, insekte, fungi en reukverskille van die vorige monster. Indien die hopie warm is, neem onmiddellik stappe om die saad te verskuif of te sirkuleer. Voel, ruik, of loop rondom die silo en toets die saad in die silo van verskeie posisies aan die bo-en onderkant van die silo om die toestand van die saad in die hele silo te monitor.
Tree vinnig op om 'n probleem te stabiliseer. Indien 'n probleem aangetref word, stabiliseer deur onmiddellik te ventileer, skuif die graan na ‘n ander silo of vloer of laai oor op vragmotors en lewer aan die naaste kommersiële silo of fasiliteit vir kopers.
Sonneblomsaad wat nie gestoor word teen optimale omstandighede nie, kan die produsent 'n groot bedrag geld kos. Graan insekte is óf reeds in die stoor, of kan later inkom. Die volgende stappe sal help met die voorkoming van graaninsek probleme:
Maak stoor deeglik skoon voordat dit gevul word. 
Na die skoonmaak van ou plantreste en stof en herstel van die silo, gebruik 'n sproei aan die binnekant van die silo twee weke voor dit gevul word. (Volg vervaardiger spesifikasies en onttrekkingstydperke om besoedeling vir dier of menslike gebruik te voorkom). 
Moet nie ou saad met nuwe saad meng nie. 
Kontroleer en versien die ventilasie sisteem. Vreemde materiaal kan in buise versamel en ‘n teelaarde skep vir insekte en lugvloei belemmer.
Biologiese agteruitgang
Die toestand van gebergde graan word bepaal deur 'n komplekse interaksie tussen die graan, die makro-en mikro-omgewing en ‘n verskeidenheid organismes, insluitend mikro-organismes soos muf, insekte, myte, knaagdiere en voëls wat dit kan aanval. Graan bied 'n goeie bron van voedingstowwe en die bederf wat veroorsaak word deur die organismes hierbo genoem, word genoem biologiese agteruitgang.
Muf
Besmetting deur muf word bepaal deur die temperatuur (minder as 0° C tot 50° C) van die graan en die beskikbaarheid van water en suurstof. Muf benut waterdamp; die konsentrasie hiervan word bepaal deur die ewewig tussen die water binne die graan (koring voginhoud) en die waterdamp in die onmiddellike omgewing van die graan.
Insekte en myte (geleedpotiges)
Veroorsaak fisiese skade en voedingstofverlies.
Metaboliese aktiwiteit verhoog voginhoud en temperatuur van graan.
Tree op as draers van mufspore.
Fekale materie van insekte en myte word gebruik as 'n groei medium.
Groter hoeveelheid gebreekte pitte verlaag stoortydperk aansienlik.
Sekondêre metaboliete
Sekondêre metaboliete is dié verbindings wat deur lewende organismes geproduseer word, insluitende muf, wat nie noodsaaklik is vir groei nie, maar uiters giftig is vir diere, mense en plante.
Hierdie "mikotoksiene" is sedert 1961 uitvoerig bestudeer toe 'n groep hoogs toksiese Aspergillus flavus gifstowwe, die "aflatoxinen" geïsoleer is. Enige aktiwiteit wat die stabiliteit van 'n ekosisteem versteur, sal die produksie van sekondêre metaboliete soos mikotoksiene, skep. Hierdie aktiwiteite sluit in die wydverspreide gebruik van kunsmis en plaagdoders, en kweek van hoë opbrengs en beperkte plantvarieteite.
Mikotoksiene kom voor in 'n verskeidenheid menslike en diere-siektes en by verskeie grane. Die inname van mikotoksiene kan beide akute (kort termyn) en chroniese (medium/langtermyn) vergiftiging veroorsaak, wat wissel van dood tot chroniese steurnisse van die sentrale senuweestelsel, kardiovaskulêre en pulmonale stelsels en van die dermkanaal. Sommige mikotoksiene veroorsaak kanker, mutagene en verlaag immuniteit. Aflatoksien B is een van die mees gevaarlike agente wat bekend is daarvoor dat dit kanker veroorsaak.
