Study Groups (Maize)									Afrikaans



Wat is doel van ‘n studiegroep?

	

Instructions:

Folio strap: Studiegroepe

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente

Photo

 

Een van die belangrike projekte in die Ontwikkelingsprogram vir Produsente is die vestiging en diens van studiegroepe.



Die doel van hierdie projek is om ontwikkelende produsente wat toegang tot grond het, aan te moedig om studiegroepe te stig wat gereeld bymekaar kom vir opleiding en inligting verwant aan die mielie industrie. 



Die volgende studiegroepe is gevestig en gediens deur die jaar:

Tonie Loots in die Noordwes – 25 studiegroepe;

Amos Njoro, in die Noordwes en Gauteng – 21 studiegroepe; 

Jerry Mthombothi in Mpumalanga – 33 studiegroepe; 

Johan Kriel in die Vrystaat – 25 studiegroepe; en 

Lawrence Luthango (wat sedert Mei 2008 werk), in die Oos-Kaap – 14 studiegroepe. 



Verskeie onderwerpe is tydens studiegroep vergaderings bespreek. Dit sluit die volgende in:



Grond en kunsmistoediening

Grondmonsterneming, hoe om ‘n grondboor te gebruik, gronddiepte, grondkompaksie en ‘n ploegblad, bekalking van grond, toetsresultate, grondsuurheid, grondpotensiaal, kunsmis oediening, voedingstof vereistes van plante, beskikbaarheid van voedingstowwe in hierdie grond, bewerkingsmetodes en vogbewaring.



Produksie

Lenings vir produsente – die volle implikasie daarvan om geld te leen, finansiële beplanning, produksiekoste, verwagte opbrengs, plantdatums, plantdiepte, variëteite, plantpopulasies, die effek van die klimaat op gewasproduksie, kalibrasie van spuite en planters, wisselbou, effektiewe gebruik van kontrakteurs, oes, voginhoud van graangradering, stoor van mielies, vervoerkoste, hoe om insette aan te koop, die waarde van gewasreste, bemarking van graan, toelae en ondersteuning van die regering.



Trekkers, implemente en masjinerie

Operasiekoste, kilowatt vereistes vir verskillende implemente, herstelkoste, kilowatt vereistes per hektaar, verminderde bewerking vir kostebesparing en huurkoop ooreenkomste.



Grond en grondsake

Hoe om toegang tot grond te verkry, berekening van groottes, huur van lande, grondklassifisering en hoe om plakkers op grond te hanteer.



Plae en siektes

Beheer van snywurm en stronkboorder.



Onkruide

Tipes onkruide, chemiese en meganiese beheer van onkruide, beheer van gras in onkruide, voor en na opkoms onkruiddoders en spuit op die ry of oor die hele land.

 

Risiko bestuur

Haelskade, hael versekering, omvattende versekering en vereistes vir versekering.







