Study Group (Maize)									Afrikaans
Fokus op die Oos-Kaap Studiegroepe
Instructions:
Folio strap: Profiel
Byline: Lawrence Luthango, Provinsiale koördineerder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Use the South African map and show where the Eastern Cape is
Daar is ongeveer 2 152 hektaar bewerkbare grond beskikbaar vir lede van die studiegroepe in hierdie gebied. Dit is kommunale grond, grond wat deur die staat besit word, maar bestuur word deur die stamowerheid. Elke produsent het toestemming om daarop te boer, wat die ekwivalent is van 'n huurooreenkoms. Die produsent sal nooit self die grond besit nie, maar die grond kan nooit weggeneem word van die familie nie.
Gedurende die afgelope seisoen was die produsente nie in staat om 857 hektaar te plant nie. Daar was 'n aantal redes hiervoor, waaronder die hoë koste van insette, sowel as die hoë koste met die gebruik van kontrakteurs. Die produsente is nie in staat om hul eie implemente en trekkers te koop nie, omdat die prys wat hulle vir hulle graan ontvang, te laag is en winste te klein is. Baie van die produsente wat nog boer is oud en hulle is tot ‘n groot mate afhanklik van ouderdomspensioen. Pensioenarisse kwalifiseer nie vir finansiële bystand nie, byvoorbeeld lenings van banke en hulle kan nie die oppervlakte grond wat hulle plant, verhoog met die geld wat hulle beskikbaar het nie.
Baie van die bewerkbare grond is nie omhein nie en dus ly die produsente nog verliese van vee wat gewasse bewei. Die POLO-program van die Departement van Landbou is stadig met die voorsiening van infrastruktuur soos omheinings materiaal. Die Voedselproduksie Program verminder elke jaar, en baie min produsente word ​​deur hierdie program bygestaan om hul oeste te plant. Landelike produsente doen aansoek by die ASGISA-program wat gemeenskapsgrond bewerk sonder dat grondeienaars betrokke is. Dit is nie 'n volhoubare oplossing nie, omdat ons weet dat wanneer die ASGISA nie meer die lande bewerk nie, sal hulle weer braak lê en daar is geen oordrag van vaardighede nie. Ware bemagtiging vind ook nie plaas nie. Die situasie is baie donker.
Studiegroeplede kom een ​​maal per maand bymekaar. Daar is groot waarde daarin om deel van 'n studiegroep te wees, omdat produsente sienings kan deel en hul opleidingsbehoeftes kan identifiseer, en ook raad en ondersteuning aan mekaar gee. Landelike produsente is ver van kommersiële produsente af en daar is slegs 'n paar produsente wat werklik op 'n kommersiële skaal boer. Ontwikkeling in hierdie gebiede is stadig, maar ek is dankbaar om te rapporteer dat daar sigbare vordering is. Die produsente gebruik bastersaad, kunsmis en wend 'n daadwerklike poging aan om die onkruid in hul mielielande te beheer.
