Study Group (Maize)									Afrikaans
Fokus op die Khanyayo Studiegroep
Instructions:
Folio strap: Profiel
Byline: Ian Househam, Provinsiale koördineerder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Use the South African map and show where the Northern Eastern Cape is.
Photo 1: Khanyayo Studiegroep tydens ‘n studiegroep vergadering.
Photo 2: Voorsitter van die Khanyayo Studiegroep, Mnr Magidela, by sy mielies.
Naam van studiegroep
Khanyayo studiegroep.
Waar is die studiegroep geleë?
Die studiegroep is geleë in 'n landelike gebied met min of geen infrastruktuur, ongeveer 60 km van Bizana in die Noord Oos-Kaap.
Lidmaatskap van die groep
Die studiegroep bestaan uit 100 lede.
Bewerkbare grond beskikbaar vir produksie
100 hektaar bewerkbare grond is beskikbaar vir produksie.
Totale hektaar aangeplant gedurende die 2010/2011 seisoen
40 hektaar.
Redes hoekom nie al die bewerkbare grond aangeplant is nie?
Tekort aan finansiering.
Tekort aan insette.
Tekort aan toerusting.
Tekort aan lyndrade.
Klimaat – aan die begin van die 2010 plantseisoen was reën laat en dus was die lande te nat om te plant.
Afstand van die verskaffers om insette te verkry, byvoorbeeld kunsmis, saad en chemikalieë.
Hoe gereeld ontmoet die studiegroep?
Die studiegroep vergader met Graan SA op 'n maandelikse basis en hulle kom weekliks bymekaar om boerdery te bespreek.
Wat is die voordele om lid te wees van die studiegroep?
Die voordele van 'n lid van die studiegroep is die oordrag van kennis, studiegroepbesprekings, korrekte landboukundige praktyke van grondontledings, plant, onkruiddoder toediening en besigtiging van proewe. Die Khanyayo studiegroep was gelukkig genoeg om die Inleiding tot Mielies-kursus by te woon.
Is daar enige interaksie tussen die studiegroep en die kommersiële landbousektor?
Daar is nog geen kommersiële produsente in die omgewing nie!
Hoe het die studiegroep voordeel getrek uit Graan SA?
Deur middel van die studiegroepvergaderings het hulle kennis opgedoen deur die bespreking van die voor -en nadele van die korrekte plantpraktyke.
Demonstrasieproewe het 'n impak gehad op die voordele van chemiese en kunsmis toediening.
As gevolg van die vorming van 'n studiegroep, hulle het 'n koopgroep binne die studiegroep gevorm om chemikalieë en kunsmis aan te koop.
