Study Group (Maize)									Afrikaans
Fokus op Ficksburg Studiegroep
Instructions:
Folio strap: Profiel
Byline: Johan Kriel, provinsiale koördineerder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Use the South African map and show where Ficksburg is
Studiegroep naam
Imperani (Ficksburg) Studiegroep.
Streek wat deur studiegroep gediens word
Ficksburg en Rosendal.
Lidmaatskapsgetal van groep
35 lede.
Bewerkbare grond vir graanproduksie
1 510 hektaar.
Totale hektaar geplant gedurende 2010/2011 seisoen
289 hektaar.
Wat is die rede hoekom die bewerkbare grond nie geplant is nie?
Die redes hoekom nie geplant is nie:
Probleme om produksielenings te bekom;
Tekort aan betroubare toerusting;
Lae pH van die grond;
Lae fosfaat status van die grond;
Probleme met lewendehawe vanaf Lesotho;
Grond wat braak gelaat is vir jare;
Gebrekkige ondersteuning vanaf die Regering; en
Grond behoort aan groepe mense en dus is dit nie maklik om produksiekapitaal te verkry nie.
Hoe gereeld vergader die Studiegroep?
Ons Studiegroep vergader elke maand vir besprekings oor die koringprogram en elke tweede maand vir die mielieprogram.
Wat is die voordele om 'n lid van die Studiegroep te wees?
Ons weet nou van gebeure in die graanbedryf en ons weet van geleenthede in die landbou. Ons het 'n ondersteuningstelsel om op terug te val as daar 'n probleem is.
Bestaan daar enige interaksie tussen die Studiegroep en die kommersiële boerdery sektor?
Ons ontmoet soms individuele kommersiële produsente op veilings en dan voel ons deel van die breër landbougemeenskap.
Wil julle met die kommersiële produsente Studiegroep byeenkom en hoekom dink jy is dit belangrik?
Dit is belangrik dat ons as produsente uit een mond praat. 'n Opkomende produsent is 'n kommersiële voedselprodusent in wording. Om te begin praat met mekaar en mekaar te ondersteun, sal alle produsente sterker maak.
