Shortcuts (Maize)									Afrikaans
Geen kortpaaie na bewaringsboerdery
Folio strap: Bewaringsboerdery
Byline: Phonnie du Toit (Arc-Graan Gewas Instituut Potchefstroom)
Photo 1: ‘n Twee-ry geen-bewerking planter in aksie. Let op die ongeploegde oppervlak.
Photo 2: Om 'n laag oesreste op die grondoppervlak te skep, is 'n belangrike aspek van bewaringsboerdery. Theo Msimanga, 'n produsent op Diekeng in Mpumalanga, inspekteer 'n proefperseel voor plant. Let op die onkruidvrye gebied en oesreste op die oppervlak.
Photo 3: 'n Voorbeeld van 'n ou planter wat omgeskakel is om geen-bewerking plant te
doen. 
Photo 4: Johannes Simelane boer in die Balfour-distrik in Mpumalanga en kweek 300 hektaar mielies. Hy is reeds besig met sy eie eksperimente op sekere aspekte van bewaringsboerdery.
Grabber 1: Bewaringsboerdery is bedoel om die produsent op die grond te hou.
Grabber 2: Bewaringsboerdery is 'n stelsel wat hoë vlak van bestuur vereis en oorskakeling na 'n nuwe stelsel sal sekerlik nie sonder groeipyne geskied nie.
Bewaringsboerdery is 'n nuwe konsep vir baie graanprodusente in Suid-Afrika. Lees in hierdie artikel wat ontwikkelende produsente te sê het oor die instandhouding van landbou en die aanwysings wat produsente behoort te volg om tred te hou met hierdie nuwe tendens in gewasverbouing. 
Waaroor gaan bewaringsboerdery?
Dit is alombekend dat die meeste produsente die toepassing van die tradisionele metodes van grondvoorbereiding toepas en dat die skaarploeg die hoofimplement wat op die plaas gebruik word bly. In baie gevalle plant produsente mielies as 'n enkele gewas en pas nie wisselbou met ander gewasse soos bone of sonneblom toe nie. Die gebruik van die skaarploeg vir baie jare word vandag gesien as 'n belangrike oorsaak van grondagteruitgang. Grondagteruitgang vind op drie vlakke plaas:
Deurlopende ploeg veroorsaak dat die grondstruktuur vernietig word;
Verlies aan waterhouvermoë van die grond; en
'n Afname in die getalle van voordelige mikro-organismes in die grond. 
Bewaringsboerdery is 'n stelsel wat ontwikkel is om die grond te beskerm, die gehalte van die grond te verbeter en om die grond te herstel tot sy oorspronklike vrugbare en gesonde toestand. By bewaringsboerdery moet die produsent ook ten volle gebruik maak van die waarde van verskillende gewasse in 'n wisselboustelsel met mielies. Meer gewasse wat deur die produsent verbou word, sal ook help om die risiko's te verlaag. Onthou die gesegde "moenie al jou eiers in een mandjie sit nie". 
'n Mens moet besef dat bewaringsboerdery meer behels as geen-bewerking of deklaagbewerking alleen. Die bewaringsboerderystelsel is hoofsaaklik op drie pilare gebou:
Die grond moet so min as moontlik versteur word. Dit beteken dat geen ploeg of snywerk mag plaasvind nie en dat die plantwerk gedoen word deur 'n planter wat in staat is om direk in die onversteurde grond te plant. 
Die oesreste bly op die grondoppervlak. Op hierdie manier dien die oesreste die doel om die grond so veel as moontlik te dek.
Wisselbou, insluitende gewasse soos boontjies en akkerbone, word deel van die sisteem.
Wat sê produsente oor bewaringsboerdery?
In 'n opname onder die drie groepe ontwikkelende produsente in Mpumalanga, Limpopo en Noordwes Provinsies, was produsente positief oor die voordele van bewaringsboerdery, maar hulle was ook baie duidelik oor die beperkinge van die stelsel soos hulle dit sien. 
'n Paar voordele van bewaringsboerdery wat deur produsente geïdentifiseer is:
Bewaringsboerdery kan gronderosie help voorkom.
Bewaringsboerdery kan aan meganisasiekostes help bespaar. 
Die gebruik van chemiese onkruidbeheer kan bydra tot kostebesparings met tyd en arbeid. 
Die beskikbaarheid van Roundup Ready kultivars maak onkruidbeheer makliker.
Insluiting van graan peulgewasse soos akkerbone of sojabone kan help om grondvrugbaarheid te verbeter. 
Die volgende negatiewe eienskappe van bewaringsboerdery is ook deur produsente geïdentifiseer:
Die noodsaaklikheid van aanvangskapitaal en hoë koste van meganisasie 
'n Gebrek aan aanvangskapitaal om byvoorbeeld 'n konvensionele planter te vervang met 'n geen-bewerking planter, bly 'n groot probleem vir baie produsente. Die huidige prys van die twee-ry geen-bewerking planter wissel tussen R50 000 en R80 000 per eenheid. 
Probleme om grondbedekking te bestuur in die vorm van 'n deklaag
Baie produsente maak staat op oesreste wat deur vee benut kan word en mieliestoppels in die besonder, word hoog aangeskryf as voer. Produsente is ook skepties oor 'n behoorlike grondbedekking, veral in droë seisoene wanneer oesopbrengste laag is. 
Die risiko van ‘n afname in oesopbrengs
Produsente het duidelik aangedui dat hulle nie die risiko van ‘n verminderde oesopbrengs na aanleiding van die implementering van 'n nuwe produksiestelsel, kan bekostig nie. Opbrengsverliese oor die korttermyn kan plaasvind, wat produsente sal ontmoedig om te skakel na bewaringsboerdery. 
Hoe kan produsente wat bewaringsboerdery oorweeg ondersteun word?
Proewe om bewaringsboerdery te evalueer 
In die lig van die al die risiko's wat produsente in die gesig staar, moet hulle oortuig word dat die nuwe stelsel suksesvol geïmplementeer kan word. Plaaslike proewe op die plaas, in noue samewerking met produsente, sal 'n ideale "klaskamer" wees om produsente bloot te stel aan bewaringsboerdery praktyke en dit te vergelyk met die konvensionele stelsel.
Aanpassing van bestaande toerusting
Produsente moet aangemoedig word om hul bestaande implemente te omskep, soos planters wat geskik is om minimum-bewerking suksesvol toe te pas of geen-bewerking planters. In Brasilië byvoorbeeld, was baie baanbrekerprodusente nie in staat om die meer gesofistikeerde masjinerie te bekostig nie. As gevolg daarvan het hulle begin deur die omskakeling van hul ouer konvensionele planters na geen-bewerking planters. Dit was die begin van die "Geen-bewerking Rewolusie" van die negentien sewentigs in die land.
Blootstelling van produsente aan bewaringsboerdery toerusting
Baie meer moet gedoen word om die bestaande gaping tussen ontwikkelende produsente en agri-besighede wat fokus op bewaringsboerdery, te sluit.
Verbeter toestande om peulplantproduksie uit te brei
Hoewel produsente aangedui het dat peulgewasse hul stelsels kan verbeter, wend hulle nog steeds nie ‘n poging aan om peulgewasse uit te brei nie. Dit is hoofsaaklik te wyte aan swak toegang tot saadverskaffers en in die geval van akkerbone, die gebrek aan 'n betroubare mark vir die graan. Die beste manier om produsente te ondersteun om die waarde van peulgewasse in wisselboustelsels te ontgin, is om saadverskaffing te verbeter en beter geleenthede vir die produsent in die mark te skep.
Moedig bykomende voerproduksie aan
Produsente moet aangemoedig word om voergewasse op afsonderlike lande te plant. Soet voersorghums wat in die somer aangeplant word of Japanese radys en hawer wat vir winterweiding aangeplant word, kan aansienlik help om voerreserwes te voorsien. Op hierdie manier sal produsente in staat wees om die grond te bedek, omdat hulle dan minder staatmaak op oesreste as bedekking.
Hou in gedagte dat die basiese beginsels van gewasproduksie altyd te alle tye korrek toegepas moet word. Voordat enige poging aangewend word om te skakel na 'n bewaringsboerderystelsel, moet produsente ontslae raak van 'n ploegblad wat kan bestaan ​​en om ontslae te raak van hoë infestasies van probleemonkruide. Wend 'n poging aan om advies in te win vanaf ervare produsente wat bewaringsboerdery toepas. Ten slotte, span saam met diegene wat gretig is om goeie ondersteuning te gee aan produsente wat bewaringsboerdery as 'n opsie beskou. Op hierdie manier kan jy dalk ontdek dat bewaringsboerdery die sleutel is tot 'n beter toekomstige boerdery. 
