Seed (Maize)									Afrikaans
Beheer ongewenste onkruidsaad by mielies
Folio strap: Onkruidbheer
Byline: Dr Jeanetta Saayman-du Toit (LNR-IGG, Potchefstroom) 
Oestyd kom nader en daar is nog 'n aantal lande wat vol onkruid is. Soos ons meermale tevore bespreek het, is onkruid die vyand van die produsent.
Een van die belangrikste aspekte van graanproduksie, is die beheer van onkruid. Die teenwoordigheid van onkruide in gewasse kan nadelig wees vir baie aspekte, veral ten opsigte van oesverlies en besmetting van die saad. Met 'n wêreldtekort aan eetbare graan, kan ons nie bekostig om graan te verloor as gevolg van besoedeling deur onkruidsade nie. Kakiebos saad kan nie toegelaat word in mielies nie, aangesien dit lei tot 'n reuk wat onaanvaarbaar is vir beide mens en dier. Volgens die wet op die verbetering en suiwerheid van saad, word sekere sade by mielies verbied. Volgens hierdie wet, byvoorbeeld, kan daar selfs nie een olieboom (Datura) saad in 'n vrag mielies wees nie. Olieboom is uiters giftig vir die mens en talle gevalle van vergiftiging is aangeteken. 
Een van die mees belangrike lesse wat geleer word in terme van onkruidbeheer, is om die oorsake van besoedeling te voorkom. Mielies wat nie besmet is nie, is die resultaat van volgehoue ​​goeie bestuur van die mielie-oes, eerder as sporadiese pogings om onkruidbeheer toe te pas.
Goeie boerderypraktyk sluit die volgende in: 
Die verbetering van grondvrugbaarheid (sekere onkruide gedy in swak, onvrugbare grond);
Die gebruik van goeie, skoon saad tydens planttyd;
Maak seker dat naburige gebiede nie 'n bron van onkruidsaad is nie;
Goeie gebruik van onkruidbeheer metodes om onkruide vroeg in die seisoen te voorkom, sal kompetisie met die plant vir vog en vrugbaarheid voorkom en verhoed dat saad later besoedeling veroorsaak; 
Indien die onkruidbeheer vroeg in die seisoen nie voldoende was nie, moet die onkruid uitgekap en uit die land verwyder word voor oes. Dit sal verhoed dat die sade met die mieliesaad meng, en;
Indien groot onkruide verwyder word nadat hulle saad geskied het, word dit aanbeveel dat dit verbrand word, om te voorkom dat hulle ontkiem in die volgende seisoen. 
Onthou dat 'n goeie oes baie saad vereis – baie skoon saad!
