Sclerotinia (OPOT)									Afrikaans

 Sclerotinia siekte by sonneblom

Instructions: 

Folio strap: 

Byline: Inligting bekom vanaf die Noord-Dakota Staatsuniversiteit en die Verenigde State van Amerika se Departement van Landbou

Photo Captions: 

Photo 1: Die basis van verwelkte plante toon verskillende stadiums van ontwikkeling en agteruitgang. Let op die swart Sclerotia en wit skimmel. Die gesonde plant is aan die linkerkant.

Photo 2: Wit mycelium (skimmel) op die basis van die verwelkte plant.

Photo 3: Sclerotia binne die sagte weefsel op die basis van die verwelkte plant.

Photo 4: Stamvrot.

Photo 5: Kopvrot.

Picture 6: Siektesiklus – kopvrot en stamvrot 

Fungus deurwinter as Sclerotia in die grond en op plantreste

Verwelkte plante met verrotte stamme en basale stam besmetting

Lente aanplanting

Sclerotia in die grond

Sclerotia ontkiem naby die grondoppervlak gedurende hoë vogvlakke om Apothecia te vorm

Ascospore wat deur Apothecium uitgestrooi word en deur die wind vervoer word

Apothecium

Ascospore

Infeksie

Ascospore wat vanaf nabygeleë velde gewaai word

Kopvrot

Stamvrot

Wortels kom in kontak met Sclerotia, wat dan ontkiem en wortels besmet; fungus beweeg dan van plant na plant deur die wortels

Plante wat omgeval het

Siekte = opbrengsverlies en toename in intensiteit van grondbesmetting 

Sclerotia wat gedurende oestyd en grondbewerking na die grond terugkeer



In hierdie artikel sal ons in diepte kyk na een van die belangrikste siektes wat sonneblom beïnvloed – Sclerotinia siektes.



Drie siektes, Sclerotinia verwelking, stamvrot en kopvrot, word in die veld geïdentifiseer. Sclerotinia verwelking word veroorsaak deur fungusliggaampies wat in die grond oorgedra word, nl. Sclerotia, wat die sonneblomwortels besmet. Verwelking word onderskei van die ander twee siektes deurdat dit in die wortels begin. Sclerotinia kopvrot en stamvrot word oorgedra deur spore in die lug. Dié is siektes wat bo die grond voorkom met dieselfde siekteontwikkeling. Al drie siektes word veroorsaak deur dieselfde patogeen, Sclerotinia sclerotiorum (‘n baie vernietigende fungus) wat dikwels die “wit skimmel” fungus genoem word. Hierdie is dieselfde fungus wat wit skimmel veroorsaak op sojabone, droë bone, kanola en ander vatbare gewasse. 



Sclerotinia verwelking ontstaan wanneer sonneblom aangeplant word op lande wat met Sclerotinia besmet is en kan ernstige opbrengsverliese veroorsaak. Totale lande is al deur hierdie patogeen vernietig. Opbrengsverlies hang van die aantal besmette plante en wanneer hulle besmet is af; hoe groter die aantal besmette plante en hoe vroeër die besmetting, hoe groter die opbrengsverlies. ‘n Besmette plant produseer gemiddeld 50% minder as ‘n gesonde plant. Die olie-inhoud van die saad word ook verlaag. Ewe belangrik, lei besmetting tot verhoogde vlakke van Sclerotinia in die grond. Dit kan veroorsaak dat lande vir baie jare van sonneblomproduksie onttrek moet word. Sclerotinia lei nie slegs tot verlaagde opbrengs nie, maar beinvloed toekomstige produksie en wins vanuit sonneblomproduksie. 



Kopvrot en stamvrot ontstaan sporadies en volg op tye van nat weerstoestande. Hierdie siektes word selde gedurende droë seisoene opgemerk. Kopvrot verlaag saadgewig en saadgetal en verlaag ook die olie-inhoud. Die teenwoordigheid van Sclerotia in saad kan ook die graad en markwaarde van die gewas beinvloed. Besmette koppe disintegreer dikwels en veroorsaak dat al die saad op die grond val. Wanneer die stroper die plante met besmette koppe tref, val die koppe in alle rigtings en saad val op die grond voordat dit die stroper bereik. Kopvrot is ‘n wesenlike probleem by saadproduksie, omdat saad wat geproduseer is op besmette koppe verlaagde ontkieming kan hê en Sclerotia wat geproduseer is op besmette koppe kan saad besmet en skoonmaak en sertifiseringsoperasies bemoeilik. Sclerotinia produseer nie gifstowwe in sonneblomsaad nie, maar swaar besmetting van Sclerotia is onaanvaarbaar vir menslike of diere-gebruik. ‘n Ander belangrike gevolg van hierdie twee siektes is dat dit die primêre manier is waarop die fungus op skoon sonneblom-lande oorgedra word. Dit ontstaan wanneer Sclerotia vanaf besmette stamme en koppe in die grond ingewerk word. Hierdie Sclerotia kan in die toekoms verwelking veroorsaak. 

Simptome van Sclerotinia 

Sclerotinia verwelking 

Die mees kenmerkende eienskappe is die skielike verwelking van blare, wortelvrot en basale stam littekens. Oor die algemeen word verwelking eerste opgemerk net voor die blomstadium, maar besmette plante kan ook tydens die saailingstadium gesien word. Verwelkte plante word aanvanklik hier en daar oor die land opgemerk, maar later in groepe in die rye. Hierdie siekte kom gewoonlik voor in groot groepe op die land. Plante kan binne ‘n paar weke na besmetting verwelk en die siekte versprei vinnig. 



‘n Nat litteken ontwikkel aan die basis van die plant. Dit ontwikkel van ‘n grys-groen tot ‘n bruin litteken, wat die stam dikwels omsluit. Terwyl agteruitgang ontstaan, begin die stam verbleik en lyk of dit gesnipper is. Die besmette deel kan hoër op teen die stam vergroot. Die sponsagtige gedeelte op die basis van die stam word beskadig en harde, swart Sclerotia kom voor (ongeveer 1/8 tot 1/4 duim in deursnee). Sclerotia word geproduseer deur die patogeen en voorsien ‘n positiewe identfikasie van die siekte. Besmette plante val maklik om. Gedurende nat weer ontwikkel wit mycelium (skimmel) dikwels aan die basis van die stam, daarom die naam “wit skimmel”. 



Agteruitgang van die laterale wortels en penwortel is opvallend en die plant kan maklik uit die grond getrek word. Die korteks wat beskadig is (buitenste wortellaag) skilfer maklik af en ontbloot die veselagtige vaskulêre weefsel. Wortels het dikwels ‘n nat, vrot samestelling. Sclerotia kan gevind word op groter, laterale wortels en die penwortel. 



Besmette plante gaan uiteindelik dood. Die plant kan dalk saad produseer, afhangende van wanneer besmetting plaasgevind het. Koppe op verwelkte plante is oor die algemeen kleiner as dié van gesonde plante. Verwelking kan saadopbrengs aansienlik verlaag, primêr deur verlaagde saadgewig. Verwelkte plante word deur sterk winde omgewaai gedurende gevorderde stadiums van wortel-agteruitgang. 



Sclerotinia stamvrot

Stamvrot word gewoonlik opgemerk rondom blomtyd of na blomtyd op die middelste gedeelte van die stam, of net hoër. Dit begin as ‘n bruinerige tot grys nat litteken, meeste van die tyd by of naby die blaarnode. ‘n Litteken ontwikkel rondom die stam en die beskadigde weefsel het dikwels ‘n nat, papperige voorkoms. Gewoonlik val die stam om waar dit beskadig is en die weefsel bokant die litteken gaan dood. Wit Mycelium en Sclerotia sal beide binne en buite die stam ontwikkel, veral gedurende nat weer. Uiteindelik sal die beskadigde weefsel verbleik en versnipper voorkom. Stam-agteruitgang kan ondertoe, na die basis, of boontoe na die kop, ontwikkel. Somtyds sal ‘n blaar met Sclerotinia besmet wees en die fungus sal die petiole beskadig en uiteindelik die stam bereik om middle-stamvrot te veroorsaak. 

Sclerotinia Kopvrot 

Die eerste simptome van kopvrot verskyn gewoonlik as ‘n wit skimmel fungus wat groei oor die blomdele of die ontwikkeling van nat kolle op die die vlesige gedeelte van die kop. Die fungus groei welig binne die vlesige gedeelte van die kop, beskadig dit en produseer wit Mycelium en baie groot swart Sclerotia. Die vlesige gedeelte van die kop is gewoonlik verbleik en word maklik onderskei van ‘n gesonde kop. Die hele kopgedeelte kan vrot en die saadlaag val weg, wat slegs ‘n verbleikte, besmette, versnipperde geraamte laat. Hierdie verbleikte koppe is duidelik sigbaar op die land, selfs van ver af. Wanneer geoes word, gaan alle saad verlore. Gedurende nat weer sal die fungus oor die saad groei en groot, netagtige Sclerotia vorm, wat die voorkant van die kop kan bedek. Die saad is nie gewoonlik beskadig nie,maar baie is nie gevul nie. Die groot Sclerotia op die koppe word saam met die saad geoes. Sclerotia wat gemeng is met saad, bevestig dat ‘n land kopvrot gehad het. Kopvrot is ‘n ernstige probleem by saadproduksie. Behalwe vir verlaagde saadproduksie, kan die buitenste gedeelte van die saad totaal ingeneem word met die Sclerotinia fungus, wat sal lei tot verlaagde ontkieming. 



Die Patogeen 

Sclerotinia sclerotiorum het ‘n baie wye gasheer-reeks: Dit val ongeveer 370 plantespesies aan. Die siekte kom voor op sonneblom, droë bone, sojabone en kanola, maar ander gewasse soos bokwiet, vlas, lensies, ertjies, aartappel, mosterd, Jerusalem artisjokke en raap is ook gevoelig. Nie al die gewasse is so gevoelig soos sonneblom nie en sommige word skaars beskadig. 

Siklus van die siekte – Sclerotinia verwelking

Sclerotinia oorwinter as Sclerotia in die grond- of plantreste. Wanneer die groeiende sonneblomwortels in die somer in kontak kom met Sclerotia, sal die Sclerotia ontkiem en die wortels besmet. Die fungus versprei in die besmette wortel tot in die penwortel, dan tot in die stam en dan vrek die plant. Dit groei ook af in die laterale wortels, wat uiteindelik die hele wortelsisteem sal beskadig. Omdat daar kontak is tussen die wortels van aangrensende plante binne die ry, groei die fungus van een wortel na die ander, wat dan ‘n hele reeks verwelkte plante tot gevolg het. Plante kan verwelk binne twee tot vier weke na besmetting. Die tydperk vanaf die eerste tekens van verwelking tot totale verwelking kan slegs vier tot sewe dae wees. Die vinnige ontwikkeling van verwelking is een van die redes waarom ‘n land wat skoon voorkom, binne weke besmet kan wees. 

Sonneblom is die enigste gewas wat deurentyd deur Sclerotina deur middel van die wortels besmet word. Ander gevoelige gewasse word hoofsaaklik deur ascospore bo die grond besmet. Hierdie is die belangrikste verskil tussen sonneblom en ander gewasse. 

Terwyl die fungus in en op die weefsel groei, word Sclerotia gevorm; die meeste word gevorm op die beskadigde, sagte gedeelte van die stam en op die wortels, en dan gaan die plant dood. Vanaf 25 tot 100 Sclerotia kan op of in ‘n besmette plant gevorm word. Hierdie Sclerotia word dan teruggewerk in die grond gedurende bewerking en dien as bron van besmetting vir die volgende gevoelige oes. Sclerotia lewe lank in die grond en lande kan vir jare besmet bly. ‘n Vraag wat dikwels gevra word is: Hoe lank kan Sclerotia in ‘n land oorleef? Ongelukkig is dit ‘n moeilike vraag om te beantwoord, omdat elke land sy eie faktore het wat oorlewing kan beïnvloed, soos grondtipe en grondvog. Hierdie faktore beïnvloed die mikro-organismes in die grond wat Sclerotia kan vernietig. Hoë grondvog en hoë temperature kan die beskadiging van Sclerotia bevoordeel. Oorlewing hang ook af van die intensiteit van besmetting (die aantal Sclerotia in die grond). Hoe hoër die besmetting, hoe langer sal Sclerotinia oorleef. Lande wat hoë besmettings gehad het, sal baie jare van nie-gevoelige gewasse benodig om besmetting te verlaag. 

Sonneblom het digte, laterale wortels wat gekonsentreer is in die bewerkingslaag. Dit veroorsaak verhoogde kontak met Sclerotia. Die wortelsisteem is nog nie ten volle ontwikkel tot en met blomtyd nie en kontak tussen plantwortels help die siekte versprei. Hierdie is die hoofoorsaak hoekom die meeste plante begin verwelk na die begin van die blomtyd. 

Plante sal begin verwelk ongeveer 40 tot 50 dae na planttyd op besmette grond, maar die meeste van die plante sal na blomtyd verwelk. 


Siektebeheer 

Die mees belangrike beheermaatreël vir Sclerotinia siektes is om nie op besmette lande te plant nie en so te voorkom dat Sclerotia in die grond opbou. Dit word hoofsaaklik gedoen deur die lande te monitor vir voorkoms van die siekte en deur wisselbou. Onthou dat ‘n swaar besmette land vir jare sonneblom-produksie weerhou moet word. Omdat die voorkoms van stamvrot en kopvrot sporadies is, is siektebeheer op beheer van verwelking gerig. Plantweerstand is nie op die oomblik die primêre metode van beheer nie. Daar is egter verskillende gevoeligheid by basters vir Sclerotinia. Daar is ook nie geregistreerde middels beskikbaar vir die beheer van verwelking of besmetting van ascospoor op sonneblom nie.

