Safex											Afrikaans



Die oes is in die sak (by wyse van spreke)



Instructions:

Folio strap: Graanbemarking

Byline: Aangepas vanuit die Agri Besigheidshandleiding deur Jane McPherson 

Photos:



As kinders het ons geleer, “do not count your chickens before they hatch”, maar wanneer jy die oes gestroop het, is dit regtig joune. Jy moet nou besluit om dit óf onmiddellik te lewer, óf te stoor en te wag totdat die prys verhoog (of verlaag as jy ongelukkig is) – dit is slegs as aangeneem word dat jy nie ‘n bemarkingskontrak het nie, wat jy natuurlik sou moes nakom. 



Watter faktore behoort in oorweeg te word indien die oes gestoor word?

Het ek hanterings-, skoonmaak- en storingsgeriewe op die plaas?

Moet ek direk vanaf die lande lewer (gedurende oestyd), aan ‘n privaat silo-operateur, ‘n ander boer, ‘n meule of ‘n ander gebruiker van mielieprodukte?

Indien die mielies op die plaas of by ‘n kommersiële silo-operateur gestoor word, wat die koste per ton sal beloop? 

Wat sal die nettokoste wees na rente en as storingskoste betaal is? (lees die fynskrif in enige kontrak vir storing).

Wat is die verwagte beweging in die graanprys? 



Nadat met jou makelaar of bemarkingsadviseur onderhandel is, behoort enige bemarkingsplanne gebaseer te word op ten minste ‘n weeklikse markondersoek van klimaats- en prystendense. 



Wat is die faktore wat die prys van mielies in Suid-Afrika beïnvloed?



Vraag en aanbod situasie

Indien daar ‘n oorskot mielies in Suid-Afrika beskikbaar is (soos in 2004 en 2005), sal die Safex mielieprys neig om te verhandel na aan uitvoerpariteit.

Indien dit voorkom asof daar ‘n mielietekort in Suid-Afrika kan wees (soos in 2006 en 2007), sal die Safex mielieprys neig om te verhandel na aan invoerpariteit.



Internasionale mieliepryse

Die internasionale mielieprys is die grootste komponent in die berekening van die invoer- en uitvoerpariteitpryse.

Internasionale mieliepryse varieer ook van dag tot dag volgens die internasionale situasie.

‘n Verandering in internasionale pryse sal ‘n verandering in die invoerpariteit-prysvlakke veroorsaak. 

Die invoerpariteitpryse van die VSA en Argentinië se mielies, word hoofsaaklik gebruik as maatstaf vir die Suid-Afrikaanse mielieprys.



Rand/VSA-dollar wisselkoers

Die kostes geassosieer met die invoer- en uitvoerpariteit prysberekening, soos die aankoopprys van mielies in die internasionale mark (die vry-aanboordprys van mielies in ‘n spesifieke land), skeepsvragkoste en vragversekering, word gekwoteer en betaal in VSA-dollars.

Om hierdie koste om te skakel in Suid-Afrikaanse Rand moet dit vermenigvuldig word met die Rand/VSA-dollar wisselkoers.

Dag tot dag skommelings in die Rand/VSA-dollar wisselkoers sal ook ‘n verandering in die invoer en uitvoer mieliepryspariteite veroorsaak.



Vasstelling van die Suid-Afrikaanse mielieprys



“South African Futures Exchange” (Safex)

Suid-Afrikaanse mielies word daagliks op die landbouprodukte mark van Safex, wat deel uitmaak van die Johannesburg Aandele Beurs (JSE), verhandel.

Safex kan beskryf word as ‘n elektroniese veilingstelsel waar kopers (bv. mieliemeulenaars) en verkopers (bv. mielieprodusente), elektronies kan bie om te koop of aanbied om mielies te verkoop op ‘n spesifieke tyd (maand).

Die Safex landbouprodukte mark verhandel daagliks van 09:00 – 12:00.

Randfontein (Gauteng) is die verwysingspunt vir die mielieprys.

Die Safex mielieprys is dus die prys van mielies gelewer in Randfontein.

Indien mielies by enige ander silo as Randfontein gelewer word, moet ‘n aanpassing in die prys gemaak word om in te staan vir vervoerkoste van daardie silo na Randfontein, asook ander kostes.



Berekening van die produkteprys van mielies

Om die prys af te lei wat ‘n produsent vir mielies sal ontvang indien dit gelewer word by ‘n geregistreerde Safex silo buiten Randfontein, moet sekere aftrekkings by die Safex mielieprys gemaak word.

Die eerste aftrekking is die plek differensiasie (wat die berekende vervoerkoste van daardie spesifieke silo na Randfontein is), wat jaarliks deur Safex gepubliseer word.

Indien die mielies by ‘n kommersiële silo gelewer word, sal die agribesigheid (wat die silo besit), hanteringskoste hef.

Normaalweg sal ‘n bemarkingsfooi ook deur die landboubesigheid of handelsmaatskappy gehef word, indien die mielies nie direk aan ‘n meulenaar verkoop word nie (bv. indien die mielies namens die boer deur die agribesigheid bemark word).

Indien die mielies nie direk na lewering verkoop word nie (vir ‘n sekere tyd gestoor word, moet daar ook voorsiening gemaak word vir storingskoste).



Die berekening van die afgeleide mielieprodusente prys by ‘n silo kan as volg opgesom word:

 

Safex mielieprys
 

 
- Plek differensiasie
 

 
- Hanteringskoste
 

 
- Bemarkingskoste
 

 
- Storingskoste
 

 
= Produsenteprys by ‘n silo
 

 


Dit is belangrik dat die produsent moet verstaan dat die afgeleide produsente prys die minimum prys is wat hy kan kry vir sy mielies by ‘n spesifieke silo - deur direk te onderhandel met ‘n meulenaarsmaatskappy, landboubesigheid of ander graan verhandelingsmaatskappye, kan hy ‘n beter prys beding as die afgeleide produsenteprys.



Die baie belangrik dat die produsent moet onthou dat hy die eienaar van die mielie-oes is – dit is joune om te verkoop en indien jy nie gelukkig met die prys is nie, kan jy onderhandel vir ‘n beter prys. Die Safex prys is die absolute minimum prys wat jy behoort te aanvaar. 

























