Safety



Veiligheid kom eerste



Instructions: 

Folio strap: Veiligheid

Byline: Inligting verkry vanuit die Graan SA handleiding: Trekker en plaas implemente

Insert: Waarskuwing



As eienaars van trekkers en implemente, moet jy bewus wees van die feit dat jy verantwoordelik is vir enigiemand wat met jou toerusting werk.



Ons is onderworpe aan verskeie wette wat verwant hou met beligting, sanitasie, ventilasie, beskermende drag, skoonmaak van masjinerie, asook die toesighouding van diegene wat met gevaarlike toerusting werk. Onveilige omstandighede is gewoonlik die wat verband hou met:

Baie hoë spoed.

Tekort aan die gebruik van beskermende toerusting.

Verstelling van bewegende masjinerie.

Die tekort aan beskerming.



Veiligheids reëls

Hier volg ŉ opsomming van die veiligheidsreëls vir die gebruik van werkswinkelgereedskap:

Gebruik die regte gereedskap: Moet nie klein gereedskap forseer om die werk van hoë-verrigting gereedskap te doen nie.

Onderhou gereedskap met sorg: Hou gereedskap skerp en goed verstel en maak dit gereeld skoon. Maak seker dat handvatsels veilig vasgemaak is. 

Gebruik ŉ veiligheidsbril. Gebruik ook ŉ gesig of stofmasker indien snywerk gedoen word.

Hou beskerming in plek en in ŉ werkende toestand.

Hou kinders weg: Alle werkswinkelbesoekers moet op ŉ veilige afstand van die werksplek gehou word.

Hou die werksplek skoon: Deurmekaar areas en werksbanke is ŉ uitnodiging vir ongelukke.

Stoor gereedskap wat nie gebruik word nie: Diskonnekteer alle gereedskap wat met krag werk.

Dra die regte drag: Los klere kan in bewegende parte vashaak. 

Hou werk veilig: Gebruik klampe om werk vas te hou. Dit is veiliger as om jou hande te gebruik en jou hande is beskikbaar om te gereedskap behoorlik te gebruik.

Moet nie die gereedskap forseer nie: Dit sal die werk beter en veiliger doen teen die tempo waarvoor dit ontwerp is.

Moet nie verkeerd strek nie: Hou behoorlike balans en goeie voetwerk te alle tye.

Trek aan skroefsleutels – moet nie stoot nie. Indien jy moet stoot, gebruik die basis van jou handpalm en hou jou hand oop. Dit sal die kneukels beskerm.

Hou gereedskap met punte van jou liggaam weg. Dit sal beserings verhoed indien die gereedskap gly.

Alle kraggereedskap moet aan die aardlek gekoppel word. Gebruik ŉ driepuntprop of ŉ passtuk met draad gekoppel aan ŉ aardlek.

Goeie beligting en ventilasie is nodig. Maak seker dat werksbanke goed belig is en dat uitlaatgasse uit die werkswinkel vloei.

Hou ŉ noodhulptas byderhand. Behandel alle klein beserings dadelik om infeksie te verhoed.





