Resources                                             		 					 Afrikaans



Hulpbronne – hoe effektief benut jy dit?



Instructions: 

Folio strap: Bestuur

Byline: Verkry vanaf die Agribesigheid bestuurshandleiding 



Die evaluasie en optimum gebruik van al die hulpbronne beskikbaar aan die produsent is krities vir die optimale finansiële sukses van enige produsent.



Die belangrikste hulpbronne beskikbaar aan die produsent kan as volg gekategoriseer word:

Grond – sluit in gebruik van grond, grondwaardes, grond eienaarskap en plaasbestuur strukture.

Water en vleilande – sluit in besproeiings- en waterkoste, waterkwaliteit, toestand van vleilande en tendense.

Kennis en produktiwiteit – sluit in gewas en diere genetika, navorsing en ontwikkeling, landbou tegnologie en effektiewe produk-uitsetgroei.

Landbouproduksie-bestuur – sluit in boerdery-besigheidsbestuur, grondbestuur en bewaring, plaagbestuurpraktyke, voedingstof-bestuurspraktyke, diereproduksie-praktyke en die omgewing, besproeiingswaterbestuur, inligtingstegnologiebestuur en produksiesisteme gekoppel aan goeie bewaringspraktyke. 

Nog ‘n belangrike faktor wat as deel van bestuur  beskou kan word, is bemarking – sonder ‘n mark vir die produk is daar geen sin in die produksie daarvan nie. 



Alhoewel al hierdie faktore belangrik is vir suksesvolle en volhoubare landbou, sal hierdie artikel fokus op die evaluasie van grondpotensiaal en die bestuur van grond as ‘n produktiewe hulpbron om sodoende ‘n winsgewende en volhoubare besigheid te skep. Alle ander faktore moet in gedagte gehou word terwyl fisiese produksienorme geskep word wat die direkte en vaste koste sal bepaal wat benodig word in die beplanning van die allokering van finansiële hulpbronne in die bruto marge ontledings van jou eie boerderybesigheid. 



Grond

Grond vorm deel van die mees belangrike hulpbronne van enige land. Besluite oor die gebruik van grond word daagliks deur plaasbestuurders geneem, gebaseer op marktoestande, regeringsbeleid en die spesifieke eienskappe van die grond self.



Vanuit ‘n landbou-oogpunt, is die belangrikste gebruik van grond, buiten die definitiewe groot stad- en industriële ontwikkelings, die volgende:

Natuurlike veld; 

Aangeplante weiding en bosbougrond; en 

Grond vir gewasse, wat insluit:

Droëland; en 

Besproeiingsgrond. 



Ingesluit by hierdie gebruike is areas wat gebruik word vir plattelandse vervoer, parke en wildlewe, verdediging en industriële gebruik, plaasopstalle, plaaspaaie en plattelandse dorpe. Die balans word geallokeer na vleilande, moerasse, vleie, riviere, damme, klipperige en woestynareas.



Vleiland-areas is baie belangrik om die volgende redes:

Voorsien habitat vir vis en wildlewe; 

Beheer waterkwaliteit; 

Dien as skokabsorbeerder vir potensiële vloedskade; 

Voorsien oop areas en ontspanningsareas; en 

Verhoog verskeidenheid van wildlewe. 



Produsente in Suid-Afrika kan hierdie hulpbronne benut deur aan die ekotoeris geleenthede te bied, soos visvang en voëljag, om sodoende inkomste te genereer wat nie verwant is aan direkte produksie nie. Die hulpbronne toegeken aan grond word bepaal deur die relatiewe opbrengs van verskillende gebruike van grond en kan verskil van die kwaliteit van die grond en die gebied. 



Boerderygrond

Prima of hoëproduktiewe grond word gedefinieer as grond wat oor die beste kombinasie van fisiese en chemiese karaktereienskappe beskik vir voedselproduksie, voergewasse en oliesade-gewasse.



Die grond moet in ‘n area voorkom waar grondkwaliteit, groeiseisoen en vog voorsien word wat benodig word vir die produksie van volhoubare gewasopbrengs, en moet bestuur word deur aanvaarbare boerderymetodes, wat waterbestuur en bewaringspraktyke insluit.



Prima boerderygrond:

Het genoegsame en betroubare watervoorsiening vanaf neerslag of besproeiing; 

Het gunstige temperature en groeiseisoene; 

Het aanvaarbare suurheid of alkaliniteit; 

Het aanvaarbare sout en sodium-inhoud; 

Min of geen klip nie; en 

Is deurdringbaar vir water en lug.



Prima boerderygrond is nie:

Oormatige erosie nie; 

Waterversadiging vir ‘n lang tyd nie; 

Vloed nie gereeld nie; of

Is beskerm teen vloede. 



Produksie vanaf prima boerderygrond sluit in produkte van gewasse soos mielies, sorghum, koring, hawermout, sonneblom, kanola, sojabone, tabak, groente, kweekhuisprodukte, katoen en lewendehawe produkte vanaf beeste, melkkoeie, skape, bokke, pluimvee en wild. Verskeie sisteme produseer een of meer van die gewasse in ‘n wisselboustelsel en in samewerking met ekstensiewe en intensiewe lewendehawe sisteme wat deur produsente wêreldwyd geïmplementeer word.



Die verandering in die gebruik van grond kan die omgewing en die volhoubaarheid van produksie beïnvloed. Die impak op die omgewing soos erosie, waterkwaliteit en wildlewe-habitat word nie gereflekteer in privaat winsberekeninge nie en die individuele grondgebruiker kan dalk meer besorg wees oor sy of haar eie sak as oor die volhoubare gebruik van die grond. Die optimale keuses vir die gebruik van grond deur ‘n individu is dalk nie die optimale keuse deur die gemeenskap nie.



‘n Grondeienaar wat streef na maksimum wins, sal grond allokeer vir gebruik wat die hoogste verwagte ekonomiese opbrengs kan lewer.

