Rainfall (Maize) 									Afrikaans

Reënval en verdampingspatrone



Instructions: 

Folio strap: Waardetoevoeging

Byline: Inligting verkry vanuit die Mielieproduksie onder Besproeiing Handleiding

Photos: Figuur 1.1: Gemiddelde jaarlikse reënval gemeet in mm/jaar.

 Figuur 1.2: Gemiddelde jaarlikse verdamping gemeet in mm/jaar.



Vog is die mees belangrike faktor wat die produksie van gewasse beïnvloed. Elke area het ‘n gedokumenteerde gemiddelde reënval. Hierdie gemiddelde reënval sal ‘n baie goeie riglyn gee van watter gewasse in ‘n spesifieke area onder droëland toestande gekweek kan word. Waar besproeiing moontlik is, sal ander klimaatsfaktore meer belangrik word, omdat die waterbehoeftes deur besproeiing beheer kan word.

Dit is belangrik om te onthou dat, alhoewel ‘n sekere hoeveelheid reën mag val, nie al die water noodwendig beskikbaar vir die plant is nie. Indien die reën vinnig val, sal die afloop verhoog. Indien die grond ‘n helling het, sal die afloop ook verhoog. Afhangende van die bewerking van die grond, kan die grond ‘n kompakte laag hê wat absorpsie kan verhoed. Indien die grond nie ‘n deklaag het nie, kan verdamping verhoog. Die tipe grond sal ook bepaal hoeveel vog in die grond gestoor kan word en die teenwoordigheid van onkruid in die land kan grondvog gebruik, wat dit onbeskikbaar maak vir die gewas. Die gemiddelde jaarlikse verdamping in Suid-Afrika word aangedui in figuur 1.1 en figuur 1.2 (DWAF, 1986).

Minder as 20% van die oppervlakte van Suid-Afrika, wat bestaan uit 1,05 miljoen vierkante kilometer het ‘n semi-vogtige klimaat met ‘n gemiddelde reënval van meer as 750 mm per jaar en ‘n gemiddelde verdamping van minder as 1 400 mm per jaar – dit word beskou as goeie toestande vir plantgroei en gewasproduksie. 

Dele met ‘n reënval van meer as 500 mm per jaar en verdamping van minder as 1 800 mm per jaar, sluit in die sentrale hoëveld, oostelike kusstreke en die winterreënvalstreek. Besproeiing van ‘n groot verskeidenheid gewasse, sowel as droëland produksie van mielies, suikerriet en koring, vind in hierdie dele plaas. Die res van die land het hoofsaaklik ‘n warm en semi-droë tot droë klimaat, met ‘n gemiddelde reënval wat minder as 50% van die transpirasiebehoeftes van gewasse voorsien. Verdamping is daarom in hierdie dele noodsaaklik vir weiding, boorde en gewasproduksie.





Figuur 1.1: Gemiddelde jaarlikse reënval gemeet in mm/jaar





Figuur 1.2: Gemiddelde jaarlikse verdamping gemeet in mm/jaar



