Radio (OPOT) 										Afrikaans

		

Die landbouboodskap via die radio oorgedra



Instructions: 

Folio strap: Radio Uitsendings

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



Die radio is ‘n baie kragtige medium vir produsente in die ontwikkelende sektor. Die weeklikse programme word baie goed ondersteun en goeie inligting oor die bedryf kan op hierdie manier aan produsente oorgedra word.



 Ons saai weekliks op vier programme uit:

Radio Motsweding (Tswana, vanuit Noordwes);

Radio Lesedi (Sesotho, vanuit die Vrystaat);

Radio Ligwalagwala (Zoeloe/Swazi, vanuit Mpumalanga); en 

Radio Umhlobo Wenene (Xhosa, vanuit die Oos Kaap).



Onderwerpe bespreek

Die volgende onderwerpe is tydens radio-uitsendings bespreek:

Fyn saadbed-voorbereiding vir mielies;

Onkruid-, insek- en plaagbeheer, meganies en chemies;

Gronddiepte en reënval vir plantpopulasie-bepaling;

Hoë mielieproduksiekoste te wyte aan brandstofverhogings;

Geskikte implemente vir gebruik by grondvoorbereiding;

Die doel van demonstrasieproewe;

Die deelname en toegewydheid van studiegroeplede by proewe;

Stronkboorder en beheer;

Topbemesting en onkruidbeheer;

Beheer van plae by mielies;

Die waarde van boeredae-bywoning;

Die oorsake van lae opbrengs en hoe om opbrengs te verhoog;

Oes, stoor en bemarking; 

Grondontleding, die resultate en waarde van die korrekte gebruik van kunsmis; 

Plaagbeheer;

Grondsuurheid en die waarde van kalk; 

Rekordhouding;

Funksie van die Ontwikkelingsprogram vir Produsente; 

Hoekom het ons studiegroepe en hoe om een te begin;

Mieliesaad (basters teenoor OPV’s);

Plantdatums; 

Saadkeuse;

Aanwending van kunsmis;

Kalibrasie van saad en kunsmis;

Plantpopulasie;

Wisselbou;

Plantpopulasie en vereiste reënval en temperatuur;

Toepaslike gebruik van implemente en instandhouding;

Koste van mielieproduksie en inkomste;

Mielievoedingstekorte;

Bastersaadprestasie en saadteling;

Inset en uitset vir mielieproduksie;

Winter-braaklande en die belangrikheid daarvan;

Leningsaansoeke vir mielieproduksie-insette;

Grondvog en plantpopulasie;

Grondprofiel vir wortelpenetrasie en grondkompaksie;

Metodes van oes; 

Beroking, stoor en bemarking;

Gewas en insetversekeringsvereistes vir produsente;

Aanmoediging aan produsente om aansoek te doen vir landboulenings en aansoek-prosedures wat gevolg moet word;

Dors van mielies en gepaste implemente;

Grondkompaksie en erosie;

Kontrakteurs;

Plantdatums; 

Plantkalibrasie;

Die belangrikheid daarvan om trekkers en implemente na te gaan voordat dit aangekoop word en waarna om op te let; 

Bekendmaking van die Produsent van die Jaar (Labious Manoto);

Die gebruik van voor-opkoms chemikalieë;

Verwagte reën en hoe om die beskikbare vog te gebruik;

Reën, beskikbare vog, verskillende gewasse, om te plant of nie te plant;

Onkruidbeheer en topbemesting;

Produksiekoste vir mielies en sonneblom en aansoeke vir produksiekrediet;

Instandhouding van die planter voor die plantseisoen;

Vogbewaring en primêre bewerking vir mielie-aanplanting;

Stoor van planters;

Winterreën, kan produsente begin ploeg en die vervaldatums van aansoeke vir lenings;

Wanneer is die regte tyd om te begin werk;

Aflos van skuld, hoe om die inkomste aan te wend, hoe om ‘n toegewyde produsent te wees en kalk;

Die seisoen wat voorlê;

Effek van hoë reënval op huidige gewasse;

Stappe om te volg wanneer ‘n plaas aangekoop word;

Korrekte gebruik van chemikalieë;

Hoe om ‘n produksieplan saam te stel;

Vogbewaring vir die komende seisoen en beplanning vir die seisoen;

Belangrikheid van grondmonsters met die opstel van ‘n begroting vir die seisoen;

Huur van ‘n kontrakteur;

Die elemente in kunsmis (N, P en K);

Stygende voedselpryse;

Die Gevorderde Produsente Ontwikkelingsprogram van Graan SA;

Hoe om die grootte van ‘n land te bepaal;

Die belangrikheid van ‘n betroubare planter; 

Die gevaar daarvan om gewasse in droë lande te plant; 

Met dalende winsmarges – waar kan produsente graan plant; 

Chemiese onkruidbeheer en die slaggate van meganiese onkruidbeheer;

Hoe om toegang te verkry tot produksiekrediet – lenings en aansoeke;

Ons verloor elke dag grond aan ontwikkeling, grond wat voorheen vir voedselproduksie gebruik was. Die oorblywende grond moet die wêreld voed;

Om plante te kweek, het jy die volgende nodig: 

Grond – ken jou grond, die tekstuur en kleur en die potensiaal; 

Water – om te plant moet jy die grond so bewerk dat jy die water behou, jy kry water van reën en – as jy gelukkig is – van besproeiing. By boerdery is water lewe;

Voedsel – jy benodig kunsmis om jou plante te laat groei. Jy benodig N, P en K teen die korrekte hoeveelhede vir goeie wortelontwikkeling en groei.

Kontrakteurs: hoekom, waarom en hoe om te gebruik. Ek het die voordele en nadele bespreek. Dit is belangrik om te weet wat die koste van elke bewerkingsoperasie is sodat jy nie meer betaal as wat jy behoort nie. Indien jy jou eie implemente het, gebruik dit. Woon ons opleidingskursusse by en leer om met jou eie te werk;

Planters: hoe om skoon te maak, te diens en in stand te hou;

Hou planters in ‘n stoor en moet nie die kunsmis in die bakke of kettings los nie, ensovoorts;

Kontroleer foute op die planter;

Indien twee rye langs mekaar verskillende kleure het – wat kan die probleem wees; 

Indien jy aansoek doen vir ‘n lening, moet jy ‘n volledige en soliede aansoek gereed hê;

Ek het ‘n reeks programme begin waarin ek die artikels van die Pula/Imvula gebruik oor: “Gaan die produsent die blaam neem vir stygende voedselpryse?”;

Ek het die rol van agri-besighede en die produsent in die voedselketting bespreek en hoe hulle bydra tot hoër (of laer) voedselpryse;

Hersiening van die instandhoudingskursus – die verkoelingsisteem; 

Hoe om suksesvol te wees as ‘n graanprodusent;

Om ‘n doel te hê en daarvoor te werk;

Skep ‘n hulplyn – kry betyds hulp; 

Om die regte keuses te maak, moet ‘n produsent integriteit en verantwoordelikheid, praktiese ondervinding, tegniese kennis, besigheidskennis en inligting hê;

Bestuur jou tyd goed – tyd is belangrik by gewasproduksie; en

Beplan goed en dink helder. 



