Pula 											Afrikaans

		

Kommunikasie deur Pula/Imvula



Instructions: 

Folio strap: Produsente ontwikkelingsprogram

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



Die Ontwikkelingsprogram vir Produsente kommunikeer artikels van belang aan die produsent deur die maandelikse nuusbrief – Pula/Imvula.



18 000 kopieë van Pula/Imvula word elke maand in sewe tale versprei – Engels, Afrikaans, Sesotho, Setswana, Sesotho sa Leboa, isiZulu, isiXhosa. Die Pula/Imvula bestaan elke maand uit agt bladsye wat deur die Mielie Trust geborg word. Die Wintergraan Trust het ‘n vier-bladsy-byvoegsel wat gepubliseer word in Sesotho in Maart, Junie, September en Desember. Die OPOT het ‘n vier bladsy toevoegsel wat gepubliseer word in alle tale (behalwe isiXhosa) in Januarie, April, Julie en Oktober. 



Ons doen baie moeite om artikels van belang vir die produsent in te sluit vir ‘n spesifieke maand. Hierdie artikels handel oor grond, boerdery, produksiepraktyke, bemarking, meganisasie en bestuur. 



Ons dank weer eens aan die borge van die program vir die geleentheid wat hulle ons bied om ‘n bydra tot ontwikkelende landbou en transformasie binne die landbousektor te maak.

