Protecting (Maize)									Afrikaans



Beskerm die natuurlike hulpbron – grondbedekking en erosie



Instructions:

Folio strap: Grondbewaring

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente

Photos: Deklae word gebruik as beskermende bedekking rondom plante om verdamping van vog, wortels wat vries en groei van onkruid, te verhoed.



Die effek van reën en reëndruppels op kaal grond, sowel as die stappe om skade te verminder wat veroorsaak word deur swaar reën, is van die grootste belang vir enige produsent.



In die Februarie Pula Imvula het ons gekyk na die beskerming van bo-grond en die resultate van grond erosie uitgelig, asook die tipes erosie. In hierdie artikel verduidelik ons die effek van reën op kaal grond, asook die invloed van grondbedekking.



Reëndruppel wat spat

‘n Gedeelte van die energie van reëndruppels word gebruik om die grond te versteur en om die gronddeeltjies in alle rigtings te laat spat. Op gelyk grond word gronddeeltjies min of meer eweredig in alle rigtings gespat en baie min grond sal verlore gaan, maar op skuins grond sal grond meer na onder as na bo gespat word. Dus sal skuins grond mettertyd teen die skuinste afsak en sal uiteindelik verlore gaan vir die spesifieke land vanwaar dit kom. 



Daar is ‘n nou verband tussen die intensiteit van die reënval en die erosie wat dit veroorsaak. Dit is ‘n bekende feit dat die meeste van die erosieskade (50% tot 80%) veroorsaak word deur die gereelde hoë intensiteit storms wat in die somerreënvaldele voorkom. 



Invloed van die skuinste van die helling

Hoe skuinser die helling, hoe groter die erosieskade, omdat:

Daar meer reëndruppels na onder spat;

Daar meer water afloop op skuins hellings; en

Die afloop sal teen ‘n groter tempo plaasvind. 



Helling beperkings

Die skuinste van ‘n helling, asook bestuurspraktyke, sal die gewasse wat op ‘n sekere area verbou kan word beperk, indien gronderosie binne veilige grense gehou kan word. Hierdie grense is grootliks afhanklik van die beskadigende vermoë van die reën en die kwesbaarheid van die grond in daardie spesifieke area. Die volgende is ‘n voorbeeld van grense wat van toepassing kan wees in ‘n spesifieke area:

Alle bewerkbare grond met ‘n helling van meer as 3% moet beskerm word deur kontoere (dit is ‘n wal in ‘n land wat oortollige water weglei van die land af).

Rygewasse kan slegs verbou word op grond met ‘n helling van minder as 10%.

Kleingraan kan slegs verbou word waar daar ‘n helling van minder as 15% is. 

Weiding kan slegs toegelaat word op hellings van minder as 30%.

Hellings van meer as 30% kan slegs aangewend word vir bosbou en wildbewaring. 



Plantegroei is die mees effektiewe hulpmiddel om te help om die erosieeffek van reënval te beperk. Die grootste invloed wat plantegroei op erosie het, wat veroorsaak word deur reën, is die sambreel-effek, met ander woorde die feit dat die plante die reëndruppels onderskep voordat hulle die grond bereik. Reën wat op die stamme en blare van plante val, verloor die meeste van hulle kinetiese energie en breek in kleiner deeltjies op, wat dan of op die grond val teen kleiner snelhede en energie, of teen die stamme van die plante afloop en op die grond val met baie min energie oor. 



Deklae is meer effektief as die sambreel-effek. Deklae onderskep die reëdruppels na aan die oppervlak, wat dan die reëndruppels verhoed om vinnig te beweeg. Deklae verhoed ook die afvloei van water, verminder die snelheid en die vermoë om die water te vervoer. Selfs al sou ‘n deklaag nie die grond heeltemal bedek nie, kan dit baie effektief funksioneer as ‘n sambreel-bedekking. 



Natuurlike deklae kan bestaan uit strooi, blare, stokke of houtsaagsels wat oor die land gestrooi word. In die landbou is oesreste die mees praktiese. 



Effek van grondbedekking

Die effektiwiteit van grondbedekking om gronderosie te beveg, vergroot onmiddellik wanneer die persentasie bedekking verhoog. Die teenoorgestelde is ook waar – die hoeveelheid gronderosie hou direk verband met die hoeveelheid kaal grond. 



Oesreste moet op die land gelos word, behalwe as daar goeie rede is om dit nie te doen nie, bv. plantsiektes, dentrifikasie van die grond deur verrotte plantmateriaal, die noodsaaklikheid om te ploeg en te bewerk, onkruidbeheer, ens. Daar is ook die tipiese Suid-Afrikaanse praktyk om oesreste te gebruik as veevoedsel. 



Sover dit bewerkingsprobleme aangaan, is daar implemente wat die bewerking kan doen en kan plant sonder om die deklae te versteur. 



Waar dit by rygewasse kom, kan bewerking beperk word tot die aangeplante rye en die area tussen-in net so gelaat word. Onkruid kan chemies beheer word. 



