Profile (Maize)										Afrikaans
Leer ken… Monica Mathamba
Instructions:
Folio strap: Profiel
Byline: Lawrence Luthango, Provinsiale koördineerder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Photo: Use pic of Monica
Monica Mathamba woon in die Mthatha Mbozisa Administratiewe gebied waar sy deel is van die Mbozisa Boerevereniging. Monica boer op kommunale grond en het daarin geslaag om haar ses hektaar te omhein.
Monica het die volgende Graan SA opleidingskursusse bygewoon: Inleiding tot Mielieproduksie, sowel as die Gevorderde kursus in Mielieproduksie. Monica het haar mielieproduksie verbeter met behulp van die kennis en vaardighede wat sy opgedoen het as 'n lid van Graan SA. Sy het 3,5 ton per hektaar geproduseer, maar nou produseer sy 4,5 ton per hektaar.
Hoe finansier sy haar oes?
Finansiering vind plaas uit haar eie sak en sy is nie gelukkig met haar finansierder nie, omdat lenings te laat goedgekeur word wanneer die seisoen verby is.
Waar kry sy haar insette?
Monica koop haar insette by Mthiza Boere Koöp en Oos-Kaap Koöp. Kostes is relatief hoog en geen tegniese advies word deur die verskaffers gegee nie.
Wat is die rol van die regering in die landbou en hoe vervul hulle dit?
Die rol van die regering is om aan produsente advies en tegniese vaardighede te gee, sowel as om infrastruktuur te voorsien. Monica sê dat die regering nie sy rol vervul nie omdat hulle nie hul beleid uitvoer nie.
Waaraan skryf sy haar sukses toe?
Monica skryf haar sukses toe aan passie en harde werk. Sy glo dat die gebruik van bastersaad, kunsmis en die toepassing van onkruiddoders om onkruid te beheer, haar opbrengs verbeter het. Hierdie jaar sou Monica graag meer implemente wou koop en veral 'n onkruidspuit.
