Profile (Maize)										Afrikaans
Leer ken… Victor Mahlinza
Instructions:
Folio strap: Profiel
Byline: Jurie Mentz, Provinsiale koördineerder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Photo: Use pic of Victor
Sibongile Victor Michael Mahlinza is gebore in Estcourt op 14 Julie 1961 en het grootgeword in die Ntabamhlophe (Wit Berg) area. Hy het sy primêre opvoeding in 1968 op Korenveld Primêre Skool begin. In 1976 woon hy die Mtshezi Hoërskool by, waar hy graad 11 in 1982 slaag. 
In 1983 het hy besluit om in Johannesburg te gaan werk, en werk as sekretaris by 'n konstruksie kontrakteur vir een jaar. Daarna werk hy as 'n stoorman by 'n chemiese maatskappy in Johannesburg tot 1986. Van 1987-1988 was Victor in diens van M & L Distributors as 'n vragmotorbestuurder. Van 1989 tot 1995 is hy subkontrakteur vir AMCA Konstruksie vir die aflewering van produkte. Gedurende 1996 wou Victor boer en is hy terug huis toe. Hy begin boer en gebruik osse om sy bewerking te doen. Hy koop sy eerste trekker in 2003. 
Familie 
Victor is getroud met Linah en hulle is geseën met vyf kinders, drie dogters en twee seuns. Fikile (26) het twee kinders. Sizwe (19) voltooi graad 12 in Pietermaritzburg by Zakhe Landbou Kollege en voltooi 'n groentekursus by Buhle Kollege in Delmas en werk tans saam met Victor op sy plaas. Zandile (15) is in graad nege in Abantungwa Hoërskool en Mpumelelo (11) is in graad vier in Mathamo Primêre Skool.
Victor is ook verloof aan Norah en hulle het drie kinders, een seun en twee dogters. Ayanda (24) voltooi graad 12 in Mtshezi Hoërskool en verwerf 'n N3 sertifikaat in Siviele Ingenieurswese aan Berea Tegniese Kollege in Durban. Ayanda werk ook saam met sy pa op die plaas. Sy twee dogters, Thakasile (20) is tans in graad elf in Abantungwa Hoërskool en Bongeka (12) is in graad ses in Mathamo Primêre Skool.
Victor het twee trekkers, 'n Massey Ferguson 440 4 x 4 en 'n Massey Ferguson 5465 en besit ook 'n Colt 2,8 motor. Hy gaan baie bereik in boerdery, want hy het grootgeword in 'n boerdery-omgewing. Hy het visie en is mans genoeg om die uitdagings van 'n produsent die hoof te bied.
Hoe gaan hy sy gewasse finansier?
Victor maak nie gebruik van 'n finansierder nie, maar finansier sy eie gewasse, wat tans 'n probleem vir hom is, omdat hy hoofsaaklik kommunale grond gebruik en ongeveer vyftien hektaar bewerkbare grond van 'n kommersiële produsent huur. 
Waar kry hy sy insette?
Hy koop al sy insette van TWK in Winterton en koop sy chemikalieë van Farmers Agri-Care in Winterton. Victor koop saad direk vanaf Pannar en Monsanto en is baie tevrede met die diens wat die insetverskaffers bied.
Wat is die rol van die Regering in die landbou en hoe vervul hulle dit?
Victor sien die rol van die Departement van Landbou in sy area as baie positief omdat hulle hom goeie ondersteuning gee en voel dat die Departement van Landbou sy rol vervul. Die plaaslike Departement van Landbou het die produsente gehelp om geelmielies te plant vir die SAB. Sy sukses in die landbou kan toegeskryf word aan goeie beplanning en baie harde werk.
Wat sien hy as 'n bedreiging vir sy vordering en sukses?
Hy voel sy grootste bedreiging vir sy vordering, is die finansiering van sy oes reg deur tot by die bemarking stadium. Arbeidskoste is ook vir hom 'n groot bron van kommer.
Watter aspekte van sy boerdery sou hy graag wou verbeter?
Victor sou graag wou verbeter op sy vee-en bokboerdery, omdat hy dit sien as 'n baie belangrike faktor om sy gewasboerdery te stabiliseer. Sy oorlewingstrategie vir hierdie jaar is diversifisering; daarom plant hy mielies, droë bone, groente en sigorei onder kontrak vir Nestle.
