Profile (Maize)										Afrikaans
Leer ken… Xolile Dasheka
Instructions:
Folio strap: Profiel
Byline: Johan Kriel, provinsiale koördineerder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Photo: Use pic of Xolile
Xolile Dasheka is gebore op 'n plaas in die Petrusburg distrik. Sy pa was 'n plaaswerker en sy moeder 'n huishulp. Xolile het 'n graad in Bestuur- en Leierskap en 'n Diploma in Arbeidsverhoudingsbestuur. Hy het sy plaas Lemoenkloof in die Jagersfontein distrik, in 2006 met 'n lening van die Land Bank aangekoop. Sy plaas is 1 134 hektaar in grootte, met 145 hektaar bewerkbare grond en 989 hektaar wat gebruik word vir weiding. Xolile boer hoofsaaklik met mielies, beeste, varke, pluimvee en groente. 
Hoe finansier jy jou gewas?
Die afgelope twee seisoene het ek nie my graan wat ek geproduseer het, verkoop nie. Ek het dit gebruik my om vee aan te vul. Ek het sommige van my wins gebruik om die volgende jaar se produksie te finansier. As gevolg van stygende koste sal ek probeer om 'n lening by die Land Bank te kry vir hulp.
Wat is jou perspektief op die finansiële aspekte van die landbou?
'n Produsent moet baie dinge wees, byvoorbeeld, hy moet 'n finansiële kundige, ekonoom, bemarker en nog baie meer wees. Winsmarges by graanproduksie is baie klein. Ons het dit nodig dat die publiek lojaal is teenoor die Suid-Afrikaanse produsente en plaaslike produkte koop. Invoertariewe op koring moet in ons land ingestel word. Insetkoste soos diesel en kunsmis, maak ons dood. Landbou is nie 'n loopbaankeuse vir jong swart mense nie, hulle sien geen toekoms daarin nie. As koste en invoere nie beheer word nie, sal onregverdige mededinging teen gesubsidieerde goedere die Suid-Afrikaanse produsent se ondergang beteken.
Waar koop jy jou insette aan?
Nadat ek kwotasies verkry en vergelyk het en gekyk het na naverkope diens wat gelewer word, koop ek by die verkoopsverteenwoordigers van die insetmaatskappye.
Wat is die rol van die Regering in die landbou en hoe vervul hulle dit?
Die regering moet vir die produsente sorg. Produsente verskaf werk en stabiliteit in die landelike gebiede. Daar moet gekyk word na die grond en hulp wat aan opkomende produsente gegee word om suksesvol te wees, deur aan hulle subsidies en toerusting te gee. Mentorskap van kommersiële produsente moet aangemoedig word. Betaal goeie geld en kry hulp waar nodig. Die Regering probeer, maar hulle is nie op die oomblik suksesvol nie.
Waaraan skryf jy jou sukses toe?
Die feit dat ek in staat was om te diversifiseer, het my gehelp. Vee gee jou stabiliteit en help met jou kontantvloei. Varke en hoenders het my gehelp om my lopende koste elke maand te dek. Ek het 'n klein stukkie grond van ongeveer drie hektaar wat ek kan besproei. Ek plant groente vir vinnige kontantomset. Die feit dat ek 'n deeltydse produsent is met 'n vaste werk, help ook. As boerdery meer winsgewend kan raak, sal ek 'n voltydse produsent word.
Wat sien jy as bedreiging vir jou vordering en sukses?
Ek is bekommerd dat die politieke onstabiliteit, misdaad en roekelose toesprake in die media en die pers my kans om suksesvol te wees, sal ontneem. Winsgewendheid is ook 'n belangrike faktor.
Watter aspekte van jou boerderyonderneming sou jy wil verbeter?
Ek wil graag meer deskundige kennis oor grondvoorbereiding, waterbewaring en teling van vee opdoen. Ek wil ook graag opleiding vir my werkers kry.
Wat is jou oorlewingstrategie vir hierdie jaar?
Ek wil seker maak dat my ondersteuningstruktuur in plek is. Graan SA en my studiegroep is belangrik om my by te staan. Ek wil ook graag my lewendehawe uitbrei, naamlik my vleisbeeste. As die misdaad faktor dit toelaat, wil ek met skape begin boer.
