Problems (OPOT) 									Afrikaans

Probleme wat ontwikkelende produsente in die gesig staar



Instructions: 

Folio strap: Waardetoevoeging

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente

Add picture of the banner made for farmer development programme



Daar bestaan ‘n paar redes vir die belangstelling in die ontwikkeling van swart produsente in Suid-Afrika. Produktiewe grond word byvoorbeeld herverdeel, voedselpryse het skerp gestyg en daar is kommer oor nasionale en internasionale voedselsekuriteit.



Baie is reeds gesê oor wêreldvoedsel voorrade, internasionale voedselsekuriteit, die reg tot voedsel en behuising. Tog word al hierdie kos geproduseer deur iemand iewers op aarde – daar is ‘n individu betrokke. Dit is belangrik om op die individu te fokus. Ons moet die individu ontwikkel en bevoeg sodat hy/sy ‘n totale kommersiële produsent kan word wat kan bydra tot die nasionale voedselmandjie. 

Hoekom is mense geïnteresseerd in ontwikkelende produsente?

Die landbousektor moet een gesamentlike en gemeenskaplike stem hê. 

Landbou is die bron van voedsel en vesel vir die wêreld en bly die hoeksteen van baie ekonomieë. 

Landbou is ‘n belangrike werkverskaffer.

Landelike vooruitgang verminder die druk op die reeds gespanne stedelike bronne.

Indien 30% van die grond in die hande van voorheen benadeelde mense moet wees, kan ons aanneem dat 30% van landbouprodukte deur hierdie produsente geproduseer sal word. Dus sal 30% van alle insette vir landbou deur hierdie produsente aangekoop word. 



Wat is die probleme wat ontwikkelende produsente in die gesig staar?

Lae winsgewendheid van graanproduksie wat afhanklik is van reën, en hoë rentekoerse

Winsgewendheid van graanproduksie was die afgelope jare onder uitermatige druk. Insetkoste is voortdurend aan die toeneem, terwyl die prys van die produk nie ooreenstemmend gegroei het nie. Daar is slegs ‘n paar produsente wat genoeg fondse het om ‘n gewas aan te plant sonder om gebruik te maak van lenings. Wanneer winsmarge klein is en rentekoerse hoog, is die risiko geassosieer met graanproduksie te hoog om die leen van groot hoeveelhede geld benodig om ‘n gewas in die grond te sit, te regverdig. Produsente in Suid-Afrika moet met die internasionale mark kompeteer, terwyl die speelveld nie gelyk is nie. 



Gebrek aan kennis en vaardighede

Ontwikkelende produsente is “leerders” en hulle benodig ondersteuning, opleiding en mentorskap. Daar is baie probleme verwant aan die voorsiening van ondersteuning aan produsente: 

Departementele personeel is dikwels nie toegerus om die kwaliteit-ondersteuning wat benodig word, te gee nie. Baie het geen praktiese boerdery-ervaring nie en alhoewel hulle gewillig mag wees, en oor die nodige akademiese kwalifikasie beskik, is hulle nie in staat om “die ploeg in die grond” te sit nie. 

Kommoditeite-organisasies doen goeie werk, maar die koste-implikasies is hoog. 



 Produksielenings

Baie ontwikkelende produsente het probleme om produksielenings te bekom. Sommige van die redes is soos volg: 



Sekuriteitsvereistes van uitleeninstansies

Baie uitleeninstansies vereis ‘n verband op die eiendom om ‘n lening te verseker. Produsente op huurgrond of kommunale grond kan nie die grond as sekuriteit aanbied nie en daarom word hulle leningsaansoeke afgekeur. 

Insetversekering is nie voldoende om ‘n lening te bekom nie

Baie uitleeninstansies vereis insetversekering vir ’n produksielening. Insetversekering, indien goedgekeur, kom egter eers in werking nadat die gewas opgekom het, terwyl meeste van die kostes reeds aangegaan is. Sommige instansies is nie gewillig om lenings te gee voordat die versekering goedgekeur is nie, wat ‘n netelige situasie veroorsaak. Die versekering dek ook net 65% van die kostes – die orige 35% bly ‘n risiko. 

Klein marges maak nie voorsiening vir die leerkurwe nie

Boerdery is moeilik en hoe minder ondervinding jy het, hoe groter is die risiko. Wanneer marges klein is, is daar nie ruimte vir foute nie. Ontwikkelende produsente is dikwels besig om hulle boerderyvaardighede te ontwikkel en is daarom ‘n groter risiko vir gelduitleners. 



Trekkers en masjinerie

Toerusting nie beskikbaar nie

Baie ontwikkelende produsente het toegang tot grond, maar het nie die nodige toerusting om daarop te boer nie. Nuwe toerusting is baie duur en buite bereik van baie ontwikkelende produsente. Daar is baie min, indien enige instansies, wat bereid is om tweedehandse landboutoerusting te finansier. 



Toerusting in ‘n swak toestand

Waar landboutoerusting beskikbaar is, is dit dikwels in ‘n swak toestand. Dit is die resultaat van:

Lae winsmarges, wat in graanproduksie dit finansieel moeilik maak om toerusting in stand te hou.

Produsente wat nie altyd die kennis oor herstel en instandhouding beskik nie.

Sommige grondhervormingstransaksies wat die aankoop van ‘n lopende saak behels en die toerusting is dikwels oud en in ‘n swak toestand. Dit beteken dat die ontwikkelende produsent ‘n stadige begin het. 

Toerusting wat aan groepe gegee word om te deel en niemand neem verantwoordelikheid vir die

 	instandhouding nie. 



Sake verwant aan grond



Die Departement van Grondsake en grond-herverdeling

Die grond-hervormingsprogram wat deur die Departement van Grondsake geïmplementeer is, is ‘n frustrasie vir baie. Oor die algemeen is hulle prosesse so stadig dat ontwikkelende produsente geleentheid na geleentheid verloor en wit grondeienaars dwing om aan hulle wit bure te verkoop as ‘n resultaat van die onbevoegdheid van Grondsake om ‘n ooreenkoms te bereik. Daar is geen behoorlike vereistes vir die identifisering van beskikbare begunstigdes vir grond-herverdeling nie. 



pH

Die herstel van die pH van grond deur kalktoediening is ‘n baie duur operasie, omdat sommige dele tot 14 ton kalk per ha benodig. Produsente is oor die algemeen nie in staat om hiervoor te betaal nie en daar is nie ‘n konstante beleid in plek wat ontwikkelende produsente in staat stel om by die staat aansoek te doen vir bystand nie. Verskillende provinsies het programme gehad, maar daar is geen standaardsisteem nie.



Fosfaatstatus

	Verkeerde landboupraktyke oor baie jare het fosfaat-hulpbronne in baie dele uitgeput. Soos met bekalking, is hierdie ‘n duur operasie en daar is geen subsidies in plek nie. 



Kontoere en afleibane

Baie van die grond waarop ontwikkelende produsente boer, het nie goed beplande en voldoende kontoere en gras-afleibane nie. Alhoewel die Departement van Landbou ‘n afdeling van “land care” het, is hulle begroting onvoldoende om die enorme behoefte aan te spreek. Die beskadiging van grond deur wind- en watererosie is dikwels onomkeerbaar. 



Wat hou mense arm?

Fisiese beperkings en bedreigings

Produsente moet toegang tot grond en masjinerie hê as hulle kommersiële produsente wil wees. In sommige provinsies is daar ‘n ernstige tekort aan landbou-infrastruktuur, byvoorbeeld paaie, graansilo’s, graandroërs, stropers ens.

Gebrek aan kennis en toegang tot tegnologie

Produsente benodig opleiding, ondersteuning en ‘n funksionele voorligtingsdiens. 

Afhanklikheid

Mense moet bemagtig word om dinge vir hulself te doen. Hulle moet leer om self “vis te vang”. 

Burokratiese rompslomp

Die onvermoë van staatsamptenare om te doen waarvoor hulle betaal word, hou mense arm (byvoorbeeld: gebrek aan dienslewering deur Grondsake en swak dienslewering deur landbou departemente.

Uitbuiting

Arm mense is kwesbaar en kan uitgebuit word. Dit is belangrik dat almal betrokke by die ontwikkeling van produsente oor eerlikheid en integriteit beskik. 



Die voorgestelde pad vorentoe

Regering

Toepaslike wetgewing en handelsbeleid om die plaaslike landbou te beskerm. 

Vir ontwikkelende produsente: 

Hulp met die koste van kalk;

Hulp met fosfaatkostes;

Hulp met die verskansing van gewaspryse om ‘n produksielening te verseker;

Hulp met die koste van omvattende versekering;

Geld beskikbaar gestel deur Agri-besighede en die Landbank.

Stel fondse beskikbaar vir die heropleiding van voorligtingsbeamptes.

Gedeeltelike befondsing moet deur kommoditeite-organisasies werk.

Oorweeg ‘n finansiële pakket vir landboutoerusting.



Kommoditeite-organisasies

Ontwikkel, bevoeg en lei produsente op.

Lei voorligtingsbeamptes op en ontwikkel hulle.

Voorsien tegniese bystand aan ontwikkelende produsente. 



Privaatsektor

Voorsien al die vereiste insette teen kompeterende kwaliteit en prys.

Voorsien ‘n mark vir die produk.

Voorsien tegniese ondersteuning.



