Pro-activity 									Afrikaans



Karaktereienskappe van ‘n goeie produsent



Instructions: 

Folio strap: Bestuur

Byline: Phonnie du Toit, ARC-GCI

Exploding quote: Vroeg uit die bed, maak die beursie vet.



Produsente mis dikwels goeie geleenthede om koste te bespaar of die geleentheid om goeie wins te maak omdat hulle eenvoudig nie betyds optree nie.



Soms ervaar hulle groot verliese in terme van skade aan natuurlike hulpbronne, soos gronderosie gedurende ‘n swaar reënstorm, omdat hulle vergeet van die belangrike beginsel dat voorkoming beter as genesing is.



Om proaktief te wees, beteken om vooruit te beplan en sekere belangrike aktiwiteite betyds uit te voer. By graanproduksie is hierdie een van die belangrikste aspekte van bestuur. Die bestuurskalender op jou plaas behoort al die aktiwiteite van jou onderneming te dikteer. Die ideale plantdatum (‘n belangrike gebeurtenis op jou plaas) sal die 1ste Junie wees, indien jy beplan om koring te plant, of die 1ste November in die geval van ‘n somergewas. Die meeste van jou beplanning en voorbereidingsaktiwiteite in die voorafgaande maande, sal wentel rondom hierdie datum. Om voortdurend vooruit te dink, is dus die wagwoord.



Kontrolelys van aktiwiteite wat voor die plantdatum afgehandel moet word:



Voortdurende waarneming 

Hierdie deurlopende aktiwiteit is belangrik omdat dit die produsent in staat stel om betyds stappe te neem. Waarnemings in die huidige seisoen kan foute verhoed en die produsent help om beter besluite vir die volgende seisoen te neem, soos in die geval van onkruid wat geïdentifiseer word gedurende die groeiseisoen. Dit sal bepaal watter tipe onkruiddoder in die volgende seisoen gebruik moet word. Indien jy nalaat om probleme in die huidige seisoen te identifiseer, sal dit vererger in die volgende seisoen.



Beplan of herbeplan die produksiesisteem

Herbeplan die produksiepotensiaal van die grond en bepaal die aantal hektaar wat jy beplan om te plant. Ondersoek die mark en kies winsgewende gewasse gebaseer op betroubare markinligting. Stel ‘n begroting saam en berei ‘n produksieplan op papier voor wat so akkuraat as moontlik is. 



Maak gebruik van die beste markgeleenthede

In die huidige marktoestande is dit belangrik om ‘n kontrak te teken met ‘n betroubare markagent. ‘n Kontrak sal jou beskerm teen kommoditeit prysskommelinge. Teken ‘n kontrak vir elke gewas teen die beste prys moontlik.

 

Verkry ‘n produksielening

Jy sal aansoek moet doen vir ‘n produksielening indien jy meer hektaar wil plant as wat jou kontantvermoëns jou toelaat. Nader ‘n finansiële instansie so gou as wat jy jou produksieplan voorberei het. Om ‘n produksielening goed te keur, neem tyd. 



Reël ‘n kontrak met ‘n betroubare kontrakteur

Indien jy nie in staat is om jou eie grondvoorbereiding en aanplanting te doen nie, moet jy betyds ‘n kontrak teken met ‘n kontrakteur. Maak seker dat die implemente benodig beskikbaar sal wees wanneer jy gereed is om te plant. Voordat jy die kontrak teken, moet jy spesiale moeite doen om die kontrakteur se implemente te ondersoek. Onthou dat enige breke gedurende grondvoorbereiding of tydens aanplanting nadelig sal wees vir die produsent self.



Voorbereiding van implemente en masjinerie

Die beste tyd om jou implemente te versorg is aan die einde van die plantseisoen. Indien hierdie taak nagelaat word, sal die produsent moontlik later die implemente teen hoë koste moet laat herstel. Waardevolle tyd kan ook so verlore gaan, wat kan lei tot ‘n laat plantdatum. Wanneer implemente na deeglike skoonmaak gestoor word, goeie diens ontvang en beskerm word teen roes, sal die minimum voorbereidingstyd benodig word vir die volgende plantseisoen.



Grondbewaringsaksies

Gaan alle huidige strukture, soos kontoere en waterafleibane, na. Spandeer tyd om hierdie strukture in stand te hou of te herstel, om te verhoed dat waardevolle bogrond gedurende die volgende reënseisoen verlore gaan. Indien nuwe strukture gebou moet word, moet dit so gou as moontlik gedoen word. Grondbewaringsmaatreëls benodig deeglike beplanning en genoeg tyd. 



Aankoop van insette

Beplan aankope so goed as moontlik. Vergelyk insetprodukte en onderhandel vir die beste prys om sodoende die koste per ha so laag as moontlik te hou. Doen jou eie waarnemings gedurende die groeiseisoen om sodoende die beste produk te kies, soos ‘n gewas wat goed presteer, of om dit te vervang met ‘n produk wat beter presteer. Moet nie huiwer om druk op die voorsieningsmaatskappy te plaas om te verseker dat die produkte wat jy bestel betyds beskikbaar is nie.



Onthou dat daar baie spesialiste en kenners is wat jou behulpsaam wil wees met hierdie aktiwiteite. Moet nie wag tot op die nippertjie nie – beplan vooruit en bel nog vandag!





