Prices										Afrikaans



Nog ‘n blik op stygende voedselpryse



Instructions: 

Folio strap: Voedselpryse 

Byline: Sakkie van Zyl, ekonoom: Marknavorsing (Erkenning aan Corné Louw vir sy bydrae tot maandelikse diesel en ureumpryse) 



Grafiek 1: Witbrood (700 g)

	 Safex koring

	 Indeks

	 Maand

Grafiek 2: Ureum

	 Safex koring

	 Diesel

	 Indeks

	 Maand

Grafiek 3: Witbrood (700 g)

	 Mieliemeel

	 Ureum

	 Diesel

	 Tendens - witbrood

	 Tendens - ureum

	 Indeks

	 Maand



Die stygende voedselpryse, veral dié van stapelvoedsel, was die afgelope maande in die kollig en verbruikers vind dit moeilik om die hoë prys van brood te sluk. Die redes wat hiervoor gegee word, is die skerp styging in die internasionale prys van landbou kommoditeite, sowel as die plaaslike tekort van hierdie kommoditeite. 



In die vergelyking tussen die Safex kontrakprys en die broodprys vir die ooreenstemmende maande, is dit duidelik dat die prys van koring vinniger gestyg het as die prys van brood (Grafiek 1). Groot stygings in die prys van voedsel kan binne die komende maande ‘n werklikheid word. Verbruikers wat reeds sukkel om uit te kom, sal die gordel selfs stywer moet intrek gedurende die volgende maande. 



 

Grafiek 1: Die prys indeks van brood sedert Januarie 2000. 

Bronne: Graan SA, Safex en Statistiek Suid-Afrika (vanaf die Sagis webblad).



Omdat landbou kommoditeite huidiglik hoë pryse behaal, is baie oningeligte persone van opinie dat graanproduksie hoogs winsgewend is. Produsente wat daarin kon slaag om staande te bly oor die afgelope paar jaar, waar lae pryse en droogtetoestande aan die orde van die dag was, kan nou gemakliker asem haal. Met die skerp styging in insetkoste, sal die moontlikheid van lae voedselpryse egter net ‘n droom bly. 



Grafiek 2 dui aan dat die prys van koring tussen 2004 en 2007 nie tred gehou het met die stygende pryse van diesel en kunsmis nie – ‘n nie-volhoubare situasie. Lae pryse wat vir produkte behaal is, sowel as hoë insetkoste, het ‘n groot rol gespeel in die feit dat baie produsente opgehou het om graan te produseer. Hierdie situasie is baie nadelig vir die ontwikkelende produsente sektor – graanproduksie moet winsgewend wees om nuwe produsente suksesvol te kan vestig. 



Die afgelope styging in kommoditeitspryse het ‘n klein bietjie hoop aan produsente gegee, maar die stygende koste van insette het weer druk veroorsaak – produsente vind dit moeilik om graan te produseer en steeds ‘n wins te maak. 



	

Grafiek 2: Die prys indeks van ureum, diesel en koring sedert Januarie 2000.

Bronne: Graan SA, Safex en Statistiek Suid-Afrika (vanaf die Sagis webblad).



Grafiek 3 vergelyk die prys indeks van insette soos ureum en diesel, met die prys van brood en mieliemeel. Dit is duidelik dat produsente stygende insetkoste op ‘n baie moeiliker vlak moes hanteer as wat verbruikers verhoogde voedselpryse moes hanteer. Die waardeketting van graan behoort effektief te funksioneer om sodoende meer uitsette vir dieselfde insette te produseer – anders sal verbruikers beduidend meer vir voedsel moet betaal. 



	

Grafiek 3: Die prys indeks van witbrood, mieliemeel, ureum en diesel sedert Januarie 2000.

Bronne: Graan SA, Safex en Statistiek Suid-Afrika (vanaf die Sagis webblad).



Opsommend

Die skerp styging in die prys van stapelvoedsel is ‘n resultaat van die gebrek aan behoorlike landboubeleid deur die regering, tesame met die onbevoegdheid van die regering om bestaande beleid en planne alreeds op die tafel, te implementeer. Produsente kan nie alleen funksioneer om goedkoop kos vir die nasie te produseer nie – die regering het ‘n rol te speel.



