



‘n Terugblik op die 2007-koringprys 



Instruksies: 

Sakkie van Zyl, ekonoom: Marknavorsing, Bedryfsbediening, Graan SA

Internasionale en Safex koringpryse

Datum

Safex Koring

Skeepsvragkoste na RSA

Argentinië na Suid-Afrika

VSA Golf na Suid-Afrika

Week geëindig



Met die ou seisoen Safex-koringprys wat op 18 September ŉ hoogtepunt van R3 460/ton bereik het, is dit baie moeilik om te glo dat die koringprys in Februarie 2007 nog onder R1 880/ton verhandel het.



Hoewel die prysstyging uit ŉ produsente oogpunt positief is, het slegs produsente wat ŉ gedeelte van hul 2006/2007-koringoes gehou het of lang posisies op Safex ingeneem het, voordeel uit die skerp styging getrek. Ongelukkig is relatief min produsente in die posisie om die grootste gedeelte van hul oes tot lank na oestyd in hul eie hande te kan hou en die risiko van moontlike prysdalings na oestyd te kan dra. Produsente kan natuurlik vra waar was die sogenaamde kenners? Kon hulle nie die produsente met beter raad bedien het nie?



Ongelukkig is die beste beskikbare inligting op ŉ gegewe stadium nie die enigste faktor wat ŉ goeie bemarkingsbesluit verseker nie. Daar is ŉ hele aantal faktore, waarvan weerstoestande dalk die grootste is, wat ŉ bepalende faktor in prysbewegings speel en nie met sekerheid voorspel kan word nie.



In Tabel 1 word die wêreldkoringproduksie sedert 2005 uiteengesit, asook die skattings vir wêreldkoringproduksie vir die 2007-seisoen soos dit teen einde Februarie geskat is en hoe die jongste skatting daarna uitsien. Volgens die Februarie skatting is die 2007-wêreldkoringoes op 623,7 miljoen ton geprojekteer weens die verwagte groter aanplantings en die opbrengste wat na verwagting na normaal sou terugkeer. Indien hierdie skatting sou gerealiseer het, sou daar 33,5 miljoen ton (6,7%) meer koring as vir 2006 op die koringmark beskikbaar gewees het. Met ŉ wêreldverbruik van ongeveer 620 miljoen ton sou daar dus meer as genoeg koring beskikbaar wees om die vraag daarna te diens.



Tabel 1: Wêreldkoringproduksie (miljoen ton).

 
 
2005
 
2006
 
2007
 

 
 
 
 
 
 
 
Feb
 
Sep
 
Sep vs Feb
 

 
Belangrikste uitvoerlande
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Argentinië
 
12,6
 
14,2
 
14
 
14,5
 
0,5
 

 
Australië
 
25,4
 
9,8
 
21
 
13,5
 
-7,5
 

 
Kanada
 
26,8
 
25,3
 
25
 
20,5
 
-4,5
 

 
Europese Unie
 
122,7
 
125,3
 
137,5
 
121,7
 
-15,8
 

 
VSA
 
57,3
 
49,3
 
56
 
57,5
 
1,5
 

 
Ander belangrike lande
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Sjina
 
97,5
 
104,5
 
100
 
107
 
7
 

 
Indië
 
68,6
 
69,4
 
74
 
74,9
 
0,9
 

 
Pakistan
 
21,7
 
21,7
 
22
 
23,3
 
1,3
 

 
Kazakstan
 
11
 
12,5
 
12,5
 
14,5
 
2
 

 
Rusland
 
47,6
 
44,9
 
48
 
46
 
-2
 

 
Oekraïne
 
18,7
 
13,8
 
16,5
 
13,7
 
-2,8
 

 
Wêreld totaal
 
620,3
 
590,2
 
623,7
 
601,4
 
-22,3
 

 

 

 

 

 

 

 

 
Bron: Internasionale Graanraad.



Weens ongunstige weerstoestande in verskeie belangrike koringproduserende lande is die skatting vir die 2007-seisoen deur die loop van die jaar telkemale afwaarts aangepas en is die 2007-wêreldkoringoes aan die einde van September as slegs 601,4 miljoen ton geraam. Dit is 22,3 miljoen ton laer as die skatting van Februarie 2007en gevolglik het internasionale koringpryse dramaties gestyg.



Grafiek 1: Safex naaste kontrakmaand en die vry-aan-boordprys van Argentynse en VSA Harde Rooi koring (in VSA dollar per ton).

Bron: Internasionale Graanraad, Safex en Graan SA databasis.



Die Argentynse koringprys het teen einde Februarie teen $177/ton verhandel en het dit sedertdien tot $335/ton gestyg (Grafiek 1). Dit is ŉ styging van $158/ton of 89%, ten spyte van ŉ effense toename in die Argentynse oes sedert die Februarie-projeksies. Die vry-aan-boordprys van VSA Harde Rooi koring in die Golfhawens het dieselfde tendens getoon, ten spyte van ŉ opwaartse aanpassing van 1,5 miljoen ton in die Amerikaanse koringoes sedert einde Februarie (Tabel 1).



In Australië, Kanada en die Europese Unie is koringoeste weens ongunstige weerstoestande dramaties afwaarts aangepas wat gevolglik meegebring het dat wêreldkoringvoorrade in 2007 verder afgeneem het, wat gevolglik groot opwaartse druk op internasionale koringpryse geplaas het.



Uit Grafiek 1 kan dit ook gesien word dat die Safex naaste kontrakmaand koringprys uitgedruk in $/ton, dieselfde tendens as die internasionale koringpryse gedurende 2007 gevolg het. Sedert einde Februarie het die Safex naaste kontrakmaand koringpryse, in $ per ton, met ongeveer $200/ton gestyg, teenoor die styging van $158/ton van Argentynse koring en die $143/ton styging in die vab-prys van VSA Harde Rooi koring.



Die groter styging van die plaaslike koringprys in dollar-terme in vergelyking met internasionale koringpryse kan tot ŉ groot mate deur die styging in skeepsvragkoste verklaar word. In Februarie 2007 het dit sowat $43/ton gekos om koring vanaf Argentinië na Suid-Afrika toe te verskeep en $48/ton vanaf die VSA Golf. Skeepsvragkostes het egter deur die loop van 2007 weens die groeiende vraag na skeepsvragvervoer byna verdubbel. Dit kos tans $73/ton om koring van Argentinië na Suid-Afrika te verskeep en $88/ton vanaf die VSA Golfhawens (Grafiek 2). Teen R6,85/$ kos skeepsvragvervoer vanaf Argentinië tans dus R219/ton meer as in Februarie 2007. 



Grafiek 2: Skeepsvragkoste na Suid-Afrika (in VSA dollar per ton).

Bron: Internasionale Graanraad.



Ten slotte

Die laer as verwagte wêreldkoringproduksie het ŉ groot rol gespeel in die styging van internasionale koringpryse en omdat Suid-Afrika amper ŉ derde van die plaaslike vraag na koring moet invoer, het die styging in internasionale koringpryse ook die plaaslike koringprys laat styg. Die styging in internasionale skeepsvragkoste het egter verdere opwaartse druk op die koringpryse geplaas aangesien dit die invoerpariteit laat styg het. Die styging in die internasionale koringprys het egter net weer eens bewys watter groot invloed die natuur op landboukommoditeitspryse en gevolglik voedselpryse het. En soos ons goed weet, laat Moeder Natuur haar nie sommer voorspel nie.









