Practice									Afrikaans



Voer jy in die praktyk uit wat ons aanbeveel?



Instructions

Folio strap: Opleiding 

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



Jy kan ‘n perd tot by die water bring, maar jy kan dit nie maak drink nie! Gedurende die afgelope jaar het meer as 2 000 mense opleidingskursusse wat aangebied is deur die Graan SA ontwikkelingsprogram vir boere, bygewoon. Miskien is dit nou die tyd om onsself af te vra – watter invloed het hierdie opleiding op die landboupraktyke van die boere? 



Indien jy ‘n inleidingsproduksiekursus (mielies, sonneblom of sorghum) bygewoon het, sal jy jouself asseblief die volgende vrae afvra: 

Op watter tipe grond produseer ek my oes?

Hoeveel hektaar het ek geplant?

Wat is die effektiewe diepte van my grond?

Wat is die pH-status van my grond?

Wat is die voedingstatus van my grond (N, P en K)?

Wat is die verwagte jaarlikse reënval in my area?

Gedurende ‘n normale jaar, watter opbrengs kan ek verwag om in my area te oes?

Het ek ‘n ploegblad in my lande?

Watter gewas het ek geplant en was dit die mees geskikte keuse?

Wat is die beste tyd om my gewas te plant en hoekom is dit die beste tyd?

Hoe het ek die keuse van my kunsmis gemaak en besluit hoeveel om te gebruik?

Watter kultivar het ek aangeplant en hoe het ek by daardie keuse uitgekom?

Wat was my plantpopulasie doelwit?

Watter finale plantpopulasie het ek bereik?

Hoeveel kunsmis het ek beplan om te gebruik en het ek dit bereik?

Watter maatreël het ek geneem om peste en plae in my oes te beheer?

Hoe was my onkruidbeheer?

Watter probleem-onkruide is teenwoordig in my lande?

Hoeveel geld het ek bestee om die oes te produseer?

Watter prys per ton het ek behaal en hoe vergelyk dit met ander?

Wat was die koste per ha van die gewas?

Wat was die koste per ton?

Nadat hierdie gewas geoes is, wat beplan ek om op hierdie land in die volgende jaar te plant?

Hoe gaan ek die volgende gewas finansier?

Is my trekker voldoende vir die oppervlakte?

Sal ek instaat wees om die werk te doen op die regte/optimale tyd?

Het ek al die nodige implemente om die oes te produseer?



Indien jy nie instaat is om hierdie vrae te beantwoord nie, moet jy jou handleiding raadpleeg of nog ‘n kursus bywoon. Dit is basiese kennis en indien jy ‘n kommersiële produsent wil wees, moet jy instaat wees om hierdie vrae aan jouself te beantwoord. 



Daar bestaan ‘n hele aantal organisasies wat grond gebruik wat aan ontwikkelende boere behoort: 

Besit jy grond?

Wie bewerk jou grond?

Wat is jou toekomsplanne met hierdie grond? 

Beantwoord asseblief hierdie vrae sodat jy ‘n duidelike antwoord kan hê oor jou ontwikkeling as ‘n boer – wil jy regtig boer of wil jy inkomste genereer deur ‘n afwesige grondeienaar te wees? 

