Planter 1 (OPOT)									Afrikaans



Die doel van ‘n planter



Instructions:

Folio strap: 

Byline: Inligting verkry vanaf die Landbou Kontrakteurskursus



Die doel van ‘n planter is om saad en kunsmis so akkuraat as moontlik in die grond te plaas om goeie ontkieming van die optimale saad hoeveelheid, met die korrekte aanwending van die verlangde kunsmis te verseker. Die volgende faktore moet in aanmerking geneem word:



Die afstand tussen die rye.

Die afstand tussen die saad in die ry.

Die diepte, hoeveelheid en plasing van kunsmis.

Die diepte en plasing van die saad.

Kontak tussen die saad en die grondvog.



‘n Planter sny in die grond in, maak die grond oop, plaas die saad in die opening, plaas grond oor die saad en kompakteer die grond liggies om goeie kontak tussen die grondvog en die saad te verseker. 



Daar is verskeie tipes planters beskikbaar, maar basies is die konsep dieselfde – daar is ‘n eenheid wat die grond oopmaak, ‘n metode om die kunsmis te plaas en ‘n metode om die saad teen ‘n verlangde hoeveelheid te plaas. 



Belangrike faktore om te onthou 

Die kunsmis word normaalweg voor die saad in die grond geplaas – dit verseker dat die saad en die kunsmis nie in kontak kom nie, omdat dit ‘n negatiewe effek op ontkieming sal hê. 

Om dieselfde rede word die kunsmis onderkant die saad geplaas (die kunsmiseenheid is langer en sny dieper in die grond in. Die saadeenheid is korter en plaas dus die saad nader aan die grondoppervlak.

Grond val op die saad na die plantaksie, maar daar kan steeds spasies tussen die gronddeeltjies bestaan. Om te verseker dat daar goeie kontak tussen die grond en die saad is, (om te verseker dat die saad vog kan opneem en begin groei), mag dit nodig wees om druk toe te pas om die grond te kompakteer. Die wiele wat vir hierdie doel gebruik word, word drukwiele genoem. 









