Planter 2 (Maize)										Afrikaans



Planters – ken die onderdele



Instructions:

	

Folio strap: Meganisasie

Byline: Inligting verkry vanaf die Landbou Kontrakteurskursus

Photos: 

	

Raamwerk

Padvervoerwiele

Aandryfwiel

Lugdruk planterplate

Kunsmis vervoerwurm

Meganisme wat die saadvoor oopmaak 

Meganisme wat die voor oopmaak

Snyskottel

Skottels vir grondbedekking

Drukwiele



Hoe goed is jou kennis van die verskillende komponente van die planter?

Verfris jou geheue deur hierdie artikel te lees waar al die verskillende onderdele vertoon en verduidelik word.



Raamwerk 

Dit is die raamwerk waaraan die plantereenheid geheg is, sowel as die verbinding tussen die planter en die trekker.



Bakke 

Hierdie is houers vir saad en kunsmis. Kan bestaan uit sterk plastiek of metaal.



Wiele

Dit is die wiele waarop die planter vervoer word.



Dryfwiel 

Dit is die wiel wat deur kontak met die grond vanaf die bewegende planter aangedryf word. Hierdie dryfwiel beweeg teen die spoed van die trekker. Die doel van die dryfwiel is om die meganismes van die planter te aktiveer – die meganismes wat die saad en kunsmis meet. 

 

Ratkas (ratte) 

Om die spoed van die saad en kunsmismeganismes aan te pas, word ‘n sisteem met kettings en ratte gebruik. Hierdie ratte en kettings kan in verskillende verhoudings gekoppel word om die verlangde verstelling te verkry. 



Meganismes vir saadverspreiding

Daar is verskillende tipes plate wat varieer in grootte en vorm, afhangende van die gewas aangeplant, sowel as die grootte van die saad (met die uitsondering van lugdrukplanters).



Meganisme vir die verspreiding van kunsmis



Meganisme wat die saadvoor oopmaak



Meganisme wat die kunsmisvoor oopmaak



Snyskottel-opening

Hierdie is gewoonlik aan die voorkant van die planter en is altyd teenwoordig by geenbewerking planters, waar daar baie organiese materiaal bo-op die grond teenwoordig is.



Skottels wat die grond bedek

Dit word gebruik om grond oor die aangeplante saad en kunsmis te plaas.



Drukwiele

Hierdie is klein wieletjies aan die agterkant van die planter op elke ry wat die grond moet saampers en goeie saad/grond kontak moet verseker.



Lugdrukmeganisme by lugdrukplanters 

Hierdie het positiewe of negatiewe lugdruk.





