Plan (Maize)										Afrikaans
Implementeer jou planne effektief
Folio strap: Bestuur
Byline: Inligting saamgestel vanuit die Boerderybestuur vir Wins handleiding deur Marius Greyling
Sodra planne vir toekomstige aktiwiteite afgehandel is en die menslike en fisiese hulpbronne georganiseer is, moet implementering van die planne volgens vereiste standaarde verseker word.
Die implementering van beplande aksies en take is gerig op die bereiking van doelwitte vir die besigheid. Dit sou dus dwaas wees om deeglik te beplan en te organiseer en dan die implementering te verwaarloos. Aan die ander kant kan die sukses van implementering in die wiele gery word deur swak beplanning en/of organisasie. Kom ons gee aandag aan implementering, wat die derde bestuurstaak is.
Prakties gesien en met verwysing na die vorige artikels oor beplanning (Junie Pula/Imvula) en organisasie (bladsy 4), kom die dag wanneer beplanning en organisasie geïmplementeer word, byvoorbeeld 9 Mei 2011. Byvoorbeeld:
Beplanning en organisasie: Week 9 - 13 Mei 2011
Maandag 9
Beplande aktiwiteite
Werknemers betrokke
Ander hulpbronne
Implementering
Mielies
Inspekteer land vyf.
Jan.
Motorfiets (vervoer).
Notaboek.
Voltooi, geen siekte opgemerk.
Sonneblom
Oes land
3, 10 hektaar.
Piet (drywer).
Padiso, Vosloo, 
2 tydelike werkers.
Stroper.
Twee trekkers en waens.
Voltooi, 9 hektaar.
Vee
Neem vee waar.
Gaan lekke en krippe na.
Speen, merk, doseer en weeg 100 kalwers.
Klasie.
Klasie.
Moloto, Abram, Kagiso en Hendrik.
Perd, notaboek.
Perd, notaboek.
Veehanterings-fasiliteite, brandmerktoerusting, middels en doseringsgereedskap, skaal, notaboek.
Vee in orde.
Kripvoeding in kamp drie aangevul.
100 kalwers en aktiwiteite voltooi.
Braai-kuikens
Berei hok drie voor (verwyder ou strooi (beddegoed)).
Daaglikse aktiwiteite.
Hokke een en twee.
Johanna, Minah en Johannes.
Sarah, Monica en Dawid.
Grawe, sakke en 'n sleepwa.
Los handgereedskap.
Hok voorberei.
Daaglikse aktiwiteit gedoen.
Algemene Werk
Verf werkswinkel.
Privaat kontrakteur.
Eie gereedskap, ensovoorts.
Werk vorder goed.
Implementering is spesifiek uitgevoer deur die Departement vir Menslike Hulpbronne of die werknemers van die onderneming en hulle moet dus gemotiveer word om die werk effektief te doen. Om die implementering suksesvol uit te voer, word dit al hoe meer van 'n bestuurder vereis om toegewyd te wees aan sy ander bestuursaktiwiteite, naamlik leierskap, kommunikasie, motivering, delegeer, koördinering, besluitneming en die handhawing van dissipline.
Praktiese implikasies
Sterk interne leierskap vanaf bestuur is nodig om die proses van implementering te dryf en beter metodes vir die uitvoering van planne moet voortdurend gesoek word. Bestuurders moet die leiding neem in die implementering van die proses, nie deur dit alles self te doen nie, maar deur die aktivering van sy werknemers. Om werknemers te aktiveer, moet hulle gemotiveer word. Bestuur moet mense beweeg om te doen wat hulle moet doen na die beste van hul vermoë. Tydens die proses van implementering moet die nodige leiding deur bestuur verskaf word, dit help om mense te aktiveer.
Goeie kommunikasie is van die uiterste belang om 'n sukses te maak van die implementering van beoogde planne. Instruksies moet duidelik en presies wees. Almal wat betrokke is by 'n spesifieke implementeringsproses moet weet wie moet wat doen, wanneer, op watter standaard en waarheen hulle op pad is.
Tydens implementering is delegering belangrik. Die bestuurder kan nie alles self doen nie. Die omvang van die delegering sal hoofsaaklik bepaal word deur die grootte van die besigheid en/of die spesifieke taak. Dit sal ook afhang van die vraag of bestuur meer aktief betrokke wil wees by die proses van implementering en of hulle op die kantlyn wil staan en optree in 'n adviserende hoedanigheid.
Dit is belangrik om aandag te skenk aan behoorlike koördinering tussen afdelings. Die ratte van die besigheid moet glad verloop om implementering suksesvol te maak. Indien koördinering gekniehalter word, sal dit tyd en geld mors. Onthou inkomste - uitgawes = wins of 'n verlies. Uit ons voorbeeld sal die uitvoering van die taak vertraag word indien die doseringmiddels vir die kalwers nie beskikbaar is die Maandagoggend nie.
In die praktyk is dit dikwels noodsaaklik dat bestuur besluite vinnig sal neem om implementering glad te laat verloop. Indien 'n trekker 'n pap band het gedurende oestyd, hoe sal die probleem aangespreek word? Gaan 'n ander trekker gebruik word?
Die handhawing van dissipline van werknemers te alle tye is van die uiterste belang om behoorlike implementering te verseker. Is werk wat onder standaard is, aanvaarbaar? Indien swak dissipline nie op 'n behoorlike wyse aangespreek word nie, kan dit implementering van take ernstig in gevaar stel.
Prioritisering
In die praktyk sal daar gewoonlik meer as een taak wees om aan aandag te gee en onthou dat onvoorsiene gebeure kan plaasvind – veldbrande, jou duur bul wat vassit in die modder in 'n vlei. Uit ervaring weet ons dat nie al die aksies of take op dieselfde tyd aandag kan geniet nie. 'n Besluit moet geneem word watter optrede/take eerste aandag moet geniet – dit is prioritisering.
Take of werk wat 'n impak op die inkomste en/of uitgawes en/of invloed op jou werknemers het, byvoorbeeld as van hulle verwag word om oortyd te werk, moet as belangrik beskou word. Take kan as volg geklassifiseer word:
Baie belangrik/baie dringend; 
Baie belangrik/minder dringend;
Minder belangrik/baie dringend; en
Minder belangrik/minder dringend.
Take of werk van hoë prioriteit kan gesien word as take van groot belang/baie dringend. Hoë prioriteit dui daarop dat die take 'n impak kan hê op die inkomste – indien dit dadelik gedoen word, sal inkomste toeneem – as dit nie gedoen word nie, kan inkomste afneem. En/of dit kan werk wees wat 'n impak op uitgawes het. Indien dit nie gedoen word nie, sal uitgawes toeneem.
Dringendheid hou verband met die tyd wat beskikbaar is vir 'n spesifieke taak – dit moet onmiddellik/vandag gedoen word of dit kan later gedoen word. Terwyl met die oes van 'n gewas besig is en 'n meganiese probleem opduik, sal die herstel van die implement of trekker beskou word as 'n taak van groot belang, hoë prioriteit. Dieselfde met 'n koei wat kalfprobleme ondervind, veral as dit een van jou stoetkoeie is. Liassering in die kantoor word as 'n taak van lae belang/lae dringendheid hanteer, dit kan later gedoen word.
Dit is daarom noodsaaklik en baie belangrik om al die doelwitte van jou besigheid te bereik, om baie deeglik te wees met betrekking tot die implementering van alle beplanning op die vereiste standaard.
