Planning (Wheat)									Afrikaans
Beplan vir die volgende koringseisoen
Instructions:
Folio strap: 
Byline: Artikel deur ‘n voormalige produsent
Sodra jy jou 2010 koringoes gestroop het, begin die noukeurige beplanning vir die volgende seisoen. Dit is ‘n goeie tyd om voorraadopname te neem van wat verlede seisoen gebeur het en verskillende bestuurs- en produksiefaktore wat ‘n rol gespeel het ten opsigte van die gewas se finale kwaliteit en opbrengs.
Indien historiese rekords van elke land nie gehou is nie, is dit nou ‘n goeie tyd om verlede jaar se data te begin gebruik om ‘n rekordhouding sisteem te begin.
Indien ‘n besigheidsplan wat bruto marges insluit, die vorige jaar vir elke gewas opgestel was, moet die fisiese hoeveelhede, asook die kostes daarvan, sorgvuldig met die oorspronklike begroting vergelyk word. Faktore wat die fisiese en ekonomiese insette beïnvloed, asook die klimaatstoestande wat bygedra het tot die sukses of mislukking van ‘n spesifieke gewas, kan dan aangeteken word en beoordeel word vir verandering of verbetering. 
Rekords
Basiese rekords van die volgende fisiese aspekte van die land moet gehou word en elke jaar opgedateer word. Plaasnaam, distrik, totale area, area bewerkbare grond, veldweiding, verbeterde aangeplante weidings, besproeiing, plaaswoning, store en geboue. 
Elke land op elke plaas kan gemonitor word met betrekking tot die volgende fisiese insette: land groottes, gronddiepte, grondtipe, grondvrugbaarheid, grondstatus veranderinge oor verskeie jare. (Indien beskikbaar vanaf die grondontledingresultate), wisselboustelsels en beplanning, die laaste gewas aangeplant, insluitend plantdatums, kultivar, plantdigtheid, gemiddelde reënval, reënval gedurende die braaktydperk voordat elke gewas aangeplant is, reënval gedurende die groeitydperk, onkruidbeheer aangewend (insluitend chemikalieë en die effektiwiteit van die aanwending), insekdoders en die effektiwiteit daarvan, gewasopbrengs en kwaliteit. 
Die koste van bemesting is een van die direkte insetkoste in ‘n gewasprogram. Die effektiewe aanwending van ‘n beplande bemestingsprogram met elke en daaropvolgende seisoene, sal die produksie vir optimum opbrengs bepaal. Dit is krities om te weet wat jou grondstatus is, veral na ‘n hoë opbrengs gewas en oortollige reën wat in ‘n sekere area ontvang is wat verskeie belangrike plantvoedingstowwe kon uitgeloog het. Vergeling as gevolg van ‘n gebrek aan stikstof en swael was sigbaar in verskeie boerderydistrikte die vorige seisoen. In die geval van ‘n bo-gemiddelde oes, moet genoeg van die voedingstowwe wat verwyder is, teruggesit word om te verseker dat die volgende oes die verwagte opbrengs behaal. Met dit in gedagte, moet grondmonsters van elke koringland wat vir produksie beplan word, geneem word en weggestuur word vir ontleding. 
Grondmonsters en grondontleding
Verskeie stappe moet gevolg word om te verseker dat ‘n goeie bekalking en bemestingsprogram sal aanpas by jou boerdery. Hierdie sluit in, die sorgvuldige neem en sorg van grondmonsters, geskikte toetsprosedures, goeie nagevorsde riglyne vir die interpretasie van die resultate, ontwikkeling van die korrekte voedingstof aanbevelings en die inskakeling van die aanbevole voedingstof behoeftes tot ‘n algehele bestuursprogram. 
Neem van grondmonsters
Die doel van grondontledings is om die vermoë van die grond om die nodige voedingstowwe aan die gewasse te voorsien, te bepaal, en ook enige grondprobleme wat effektiewe gewasgroei en ontwikkeling kan verhinder. Oor die algemeen is gewasse meer afhanklik van voedingstowwe in die vorm van kunsmis. Grondontleding vir klei-inhoud laat ook toe vir die korrekte onkruiddoder in die onkruidbeheer program. 
Dit is belangrik om ‘n verteenwoordigende monster van elke land te neem. ‘n Hektaar grond, 15 cm diep, weeg 2 400 ton, afhangende van grondbewerking en kompaksie. ‘n Finale monster wat na die laboratorium gestuur word, kan 0,5 kg weeg waarvan net ‘n paar kilogram ontleed sal word. Dit is dus krities om lande te isoleer met verskillende gronddieptes en grondtipes en areas binne lande wat die hele land verteenwoordig. Dit is vir produsente die norm om bemesting toe te dien teen koerse wat gewoonlik gekalibreer is vir die hele land, behalwe as satelliet opsporings toerusting (GPS) gebruik word en veranderlike bemestingstoerusting op die planter gemonteer is.
Die toets is dus nie beter as die monster wat op die land geneem is nie. Onthou dat data baie variasie in grond op ‘n land insluit. In die verlede was dit voldoende om ‘n monster te neem van elke tien hektaar van ‘n land. Dit word egter aanbeveel om ‘n grondboor te leen of te koop en kruis en dwars oor die land te loop van bo na onder met twee mense, waar een ‘n sak vir elke monster dra en monsters neem tot ‘n diepte van tussen 15 en 20 cm, maar nie meer as 20 cm nie. 
Die monsterhouer moet duidelik gemerk word met die landnommer, naam, plaasadres, kontaknommers en datum van monsterneming om enige verwarring in die laboratorium te vermy. Dit is altyd beter om dit in die land te finaliseer sodat dit nie per ongeluk omgeruil kan word nie. Grondmonsters behoort nie van plekke soos wenakkers, ou gekomposteerde stoorplekke vir hooi, of enige verspoelde dele geneem te word nie.
Dit is nou tegnies moontlik om ‘n GPS te gebruik punte te identifiseer in 'n rooster stelsel binne 0,5 tot 4 meter van die kruispunte op die stelsel of vir onwillekeurige punte van die monsters in die rooster stelsel. Die monsters kan dan van tyd tot tyd in die toekoms en verskeie veranderinge in die aspekte van die grondvrugbaarheid kan meer akkuraat gemonitor. Die resultate kan verkry word deur 'n Grond Inligtingstelsel (GIS), sodat 'n kleurkaart van die land die pH, kalsium, magnesium, fosfaat, swael, stikstof en mikrovoedingstowwe aandui en ‘n visuele indruk van die veranderlikheid of die omvang van 'n bepaalde probleem in die land sigbaar kan wees. In die meeste gebiede word spilpunte gemonitor deur die hektaar per blok basis.
Frekwensie vir die neem van monsters
Die beste tyd vir monsterneming is wanneer jy tyd het om dit goed te doen, wanneer jy die land in eenderse groottes kan verdeel en dan ook elke jaar na oes, of op dieselfde stadium gedurende ‘n wisselboustelsel. Dit is altyd handig om monsters na die laboratoriums te stuur wanneer hulle nie so besig is nie. Beplanning behoort betyds gedoen te word deur middel van besigheidsbeplanning en te koördineer met konsultante wat bemestingsaanbevelings doen. 
Versorging van monsters
Kontroleer dat elke monstersak die land duidelik identifiseer met ‘n unieke nommer, dat sakke goed toegemaak is, weggehou word van intense hitte en in ‘n koel plek gehou word en na die laboratorium gestuur word so gou moontlik na dit geneem is.
Keuse van ‘n laboratorium
Kies ‘n laboratorium wat gereeld getoets word vir kundigheid met grondmonsterneming deur Agronomiese Assosiasies. Ander faktore wat in ag geneem moet word, is akkurate, analitiese resultate, geskikte grondontledingsmetodes, goeie diens soos nagaan vir moontlike foute, vinnige uitslae, die vermoë om die toetse elektronies te stuur, koste van die diens en die gewilligheid vir openlike kommunikasie kanale tussen jou of jou konsultant en die laboratorium personeel. Die LNR op Bethlehem voldoen aan hierdie vereistes; ander laboratoriums behoort egter gebruik te word indien toetse vir swael vereis word.
Vra vir toetse wat relevant vir jou plaas is
Die meeste laboratoriums het ‘n klomp toetse wat normaalweg gedoen word as ‘n standaard toets teen ‘n baie bekostigbare prys wanneer opgeweeg word teen die bruikbaarheid van die resultate. 
Maak asseblief seker dat grondmonsters op al die lande wat jy vir koring beplan, geneem word – onthou ook om te kyk na die pH van die grond omdat dit nodig mag wees om kalk toe te dien voor plant. 
