Planning (Maize)								Afrikaans
‘n Halwe plan is beter as geen plan
Folio strap: Bestuur
Byline: Inligting saamgestel uit die Boerderybestuur vir Wins Handleiding deur Marius Greyling
Vir 'n besigheid om suksesvol te wees, moet dit behoorlik bestuur word. Behoorlike beplanning is van kritiese belang omdat dit die grondslag is waarop alle ander bestuurstake gebaseer is.
Behoorlike bestuur impliseer dat die vier bestuurstake, beplanning, organisering, implementering en beheer, behoorlik uitgevoer moet word, elke taak die nodige aandag sal ontvang om die besigheid glad te laat loop om met verloop van tyd sekere doelwitte te bereik, soos om wins te maak.
Beplanning moet sekerlik die produsent se mees kritiese taak wees, aangesien dit die grondslag is waarop al sy boerdery-aktiwiteite gebaseer is. Beplanning kan beskryf word as die bepaling van toekomstige aktiwiteite wat nodig is om die spesifieke doelwitte van die besigheid te bereik en dan die aktiwiteite uit te druk in 'n skedule van een of ander aard (planne) oor hoe die aktiwiteite uitgevoer gaan word.
Dit word dikwels beweer dat 'n persoon nie rasioneel kan beplan binne die boerderysituasie nie en die rede is dat boerdery onderworpe is aan te veel onsekerheid en risiko, soos klimaatstoestande, siektes en prysskommelings van insette en produkte. Sulke risiko's en veranderlikes is uniek aan landbouproduksie en kan nie ontken word nie en stel 'n uitdaging in terme van beplanning aan 'n boerdery-onderneming. ‘n Halwe plan is egter beter as geen plan. Dit is raadsaam om te beplan volgens 'n gemiddelde jaar en die beplanning aan te pas, sou daar uiterste omstandighede voorkom.
Tydens beplanning moet spesifieke aandag aan die volgende gegee word:
Wat moet gedoen word? 
Waar moet dit gedoen word?
Wanneer moet dit gedoen word? 
Hoeveel moet gedoen word?
Hoe moet dit gedoen word?
Praktiese beplanning
Praktiese beplanning vereis dat planne uitgedruk word in 'n geskrewe vorm en dit verg dissipline. 'n Mens moet dit doen en doen totdat dit 'n gewoonte word. Beplanning kan gedoen word in 'n dagboek, op 'n bord, elektronies of op enige ander manier. Hoe meer jy beplan, hoe meer realisties sal jou planne word, omdat dit gebaseer is op vorige ondervinding en inligting.
Beplanning is gewoonlik gebaseer en gedoen op 'n jaarlikse basis. Dit wat gedoen sal word gedurende die volgende jaar op die plaas. Maar daar moet ook 'n langtermyn plan wees wat gebaseer is op dit wat geproduseer sal word oor die langer termyn.
Langtermyn beplanning
Dit is 'n baie breë plan wat aandui wat beplan is om op die plaas te produseer oor die langtermyn – tot vyf jaar of selfs langer. Beplan byvoorbeeld om 500 hektaar kontantgewasse per jaar te produseer, om vleis van die veld af te produseer en braaikuikens te produseer.
Jaarlikse beplanning
Die jaarlikse plan moet bestaan ​​uit ten minste twee artikels soos hieronder gelys:
Algemene plan
Dit behoort in breë terme algemene optrede aan te dui wat gedurende die volgende jaar voltooi moet word, soos die verf van 'n sekere gebou, die oprigting van 'n nuwe heining, die instandhouding van heinings, die aankoop van 'n ander ploeg, kursusse/boeredae wat bygewoon gaan word, ensovoorts.
Produksieplan/planne
Wat spesifiek gedurende die jaar geproduseer sal word, hoeveel en hoe en ook hoe elke produk bemark sal word. Die jaarlikse plan vir 2010/2011 moet die volgende produksie-aktiwiteite insluit, byvoorbeeld:
Plant 400 hektaar geelmielies vir plaasdoeleindes, die balans moet verkoop word deur ‘n kontrak aan 'n nabygeleë voerkraal.
Plant 100 hektaar sonneblom, wat verkoop sal word deur ‘n kontrak.
Om 200 20 maande oue osse van die veld af te produseer en te verkoop aan YYY Supermark.
Om 40 000 braaikuikens per maand te produseer wat verkoop sal word aan XXX Hoender Groothandelaars.
Die plan moet ook die algemene aktiwiteite insluit, byvoorbeeld:
Verf die werkswinkel en die trekker stoor.
Bou ‘n dam in kamp nege.
Herstel en onderhou alle drade.
Maandelikse plan
Vanaf die jaarlikse plan – algemeen en produksie – moet 'n maandelikse plan saamgestel word. Die maandelikse plan vir Mei 2011 kan soos volg wees:
Algemeen – verf van die werkswinkel en trekkerstoor.
Produksieplan – ondersoek die mielielande en oes 100 hektaar sonneblom.
Vee – voorsien winterlek aan alle diere, gee kruipvoeding aan alle kalwers, speen die eerste van die
kalwers, bepaal die massa en merk alle kalwers, doseer kalwers met 'n breëspektrum middel en bepaal die massa van alle diere.
Braaikuikens – voer al die daaglikse aktiwiteite uit, merk huis nommer twee en berei huis nommer drie voor vir die nuwe groep hoenders.
Weeklikse plan
Aan die begin van 'n maand kan die weeklikse planne vir elke week van die maand opgestel word. Die basis vir die weeklikse planne is die maandelikse planne, beide in algemene terme en produksiegewys.
Daaglikse plan (aksie plan of operasionele plan)
Die finale plan moet dan die daaglikse plan wees, wat gedoen word aan die einde van die vorige week en in meer besonderhede aandui wat elke dag van die volgende week gedoen moet word. Byvoorbeeld: 9 - 13 Mei 2011. (Die weeklikse en daaglikse plan is gesamentlik in tabel 1).
Tabel 1:
Mielies
Sonneblom
Vee
Braaikuikens
Algemeen
Maandag 09
Ondersoek land vyf
Oes tien hektaar van land drie
Kontroleer vee.
Kontroleer winterlek, kruipvoer.
Speen, merk, doseer, weeg 100 kalwers.
Bere hok drie voor.
Daaglikse aktiwiteite by hokke een en twee.
Verf werkswinkel
Dinsdag 10
Ondersoek land ses
Oes tien hektaar van land drie
Kontroleer vee.
Kontroleer winterlek, kruipvoer.
Speen, merk, doseer, weeg 100kalwers.
Berei hok drie voor.
Daaglikse aktiwiteite by hokke een en twee.
Verf werkswinkel
Woensdag 11
Ondersoek land sewe
Oes tien hektaar van land vier
Kontroleer vee.
Kontroleer winterlek, kruipvoer.
Maak tien waterkrippe skoon.
Berei hok drie voor.
Daaglikse aktiwiteite by hokke een en twee.
Verf werkswinkel
Donderdag 12
Ondersoek land agt
Oes tien hektaar van land vier
Kontroleer vee.
Kontroleer winterlek, kruipvoer.
Maak res van waterkrippe skoon.
Berei hok drie voor.
Daaglikse aktiwiteite by hokke een en twee.
Verf werkswinkel
Vrydag 13
Ondersoek land nege
Oes tien hektaar van land vier
Kontroleer vee.
Kontroleer winterlek, kruipvoer.
Herstel hek van kraal.
Berei hok drie voor.
Daaglikse aktiwiteite by hokke een en twee.
Verf werkswinkel. (Word vandag klaargemaak).
Hoe korter die termyn van die beplanning, hoe meer detail moet by die planne bygevoeg word. Onthou ook dat planne kan en sal nooit vas wees nie, veral nie in 'n boerdery-onderneming nie. Daar is te veel onvoorsiene gebeure, soos veldbrande, breekskade, siekte van ‘n stoetbul, ensovoorts.
Beplanning as 'n bestuurstaak dien as die basis vir organisering en implementering wat bespreek sal word in 'n toekomstige artikel. Sonder beplanning kan daar ook geen behoorlike beheer wees nie, omdat beplanning dien as die eerste stap in die stel van standaarde wat nodig is vir beheer.
Tydens die proses van beplanning en ook organisering, implementering en beheer, moet die bestuurder homself verbind aan sy ander bestuuraktiwiteite, naamlik leierskap, kommunikasie, motivering, delegering, koördinering, besluitneming en die handhawing van dissipline. Die mate van betrokkenheid by hierdie aktiwiteite sal bepaal word deur die grootte van die besigheid.
