Plan (Maize)										Afrikaans
Beplan en posisioneer jouself as ‘n professionele produsent
Instructions: 
Folio strap: Waardetoevoeging
Byline: Jenny Mathews, voorsitter van Graan SA Ontwikkelingsprogram vir boere
Hierdie artikel is bedoel om elke produsent wat in die proses is om grond te soek, aan te moedig, maar dit is ook belangrik vir die van ons wat reeds grond het, om voortdurend te kyk na ons posisie en die langtermyn oorlewing van ons boerdery as ‘n besigheid te evalueer. 
Grondeienaarskap het ‘n emosionele kwessie geword en is dikwels gebruik as slaansak in die politieke drama. Die produsent wat egter ‘n sukses gaan maak wanneer grond beskikbaar word deur watter prosedure ook al, sal die produsent wees wat ‘n professionele benadering volg deur al die onderstaande kwessies hieronder te evalueer.
Grondhervorming mislukkings – identifiseer ‘n gaping in die mark
Ten spyte van baie verwarring en ontevredenheid rondom grondhervorming op grondvlak, is dit ook waar dat baie plase alreeds suksesvol aangekoop is op ‘n gewillige koper, gewillige verkoper basis en dit is ook waar dat slegs sommige van daardie plase oorgedra is aan begunstigdes wat geïdentifiseer is om grond te ontvang. Die van ons wat hierdie proses van grondhervorming gadeslaan, vra baie vrae oor die seleksie kriteria wat gebruik word om begunstigdes te identifiseer. Ons het meermale al wonderlike nuus van grondtoekennings gehoor, maar skaars was die ink op die papier droog en ons het gehoor van die mislukking van daardie selfde “projek”!
Gedurende Maart 2010, het Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, erken dat die regering se grondhervormings programme onsuksesvol was en dat te veel begunstigdes nie ‘n kommersiële sukses van hulle boerdery kon maak nie. Hierdie verleentheid is ‘n direkte bedreiging van die regering se grondhervormings beleid wat die oordrag van 30% van landbougrond aan swart produsente teen 2014 teiken. Dit is werklik betreurenswaardig! Alle rolspelers by Graan SA en in die breë Graan Waardeketting glo vas dat die gladde en suksesvolle oordrag van grond krities is vir die langtermyn stabiliteit en sukses van boerdery en dat dit die sleutel is vir voedselsekuriteit vir ons nasie.
Die uitdaging om geskikte begunstigdes te vind – word jy die oplossing
Dit is moeilik om te weet hoe dat mense wat met grondhervorming werk, geskikte begunstigdes geëvalueer en geïdentifiseer het. Ons moet glo dat, buiten nepotisme en bevooroordeling, sal daar ‘n regverdige en realistiese proses wees wat bestuur sal word met integriteit vir die voordeel van die nasie en vir suksesvolle grondhervorming. Dit is waar die produsent wat ‘n ware professionele persoon is, met ‘n opregte begeerte om ‘n produsent in hart en siel te wees, vir homself ‘n saak kan voorberei. Individue wat droom om op hulle eie grond te kan boer en hoop vir ‘n geleentheid om voordeel te trek uit die huidige grondhervormingsbeleid, moet hulleself voorberei deur ‘n intensiewe proses van deurdagte beplanning. Hulle moet ook selfvertroue hê oor hulle potensiaal om ‘n sukses as nuwe produsente te maak. Te dikwels steun hulle op ‘n bietjie geluk, eerder as hulle eie dryf om ‘n professionele produsent te wees, wat hard gewerk het om te beplan en voorbereid te wees vir die moontlikheid om haar of sy eie grond eendag te kan besit.
Die produsent is ‘n besigheidsman – wees voorbereid, wees professioneel
Elke besigheidsidee begin net soos ‘n saadjie – vanuit en beskryf in ‘n besigheidsplan. Geen professionele poging om ‘n besigheid te begin of uit te brei kan sonder finansierders begin nie en die besigheidsplan is ‘n meganisme vol feite en syfers wat ‘n oorredingsboodskap aanbied hoekom jou “droom” verdien om ‘n werklikheid te word! Dit is hierdie besigheidsplan wat jou as ‘n professionele persoon met realistiese doelwitte voorstel en dit maak jou geloofwaardig deur die stappe wat jy wil neem om daardie doelwitte te bereik. Die besigheidsplan sal hoogtepunte insluit wat jy as besigheids geleenthede beskou en sal beide korttermyn en langtermyn doelwitte aandui om jou planne vir die toekoms te beskryf. Jou professionele aanslag sal aandui dat jy jouself vergewis het van jou voorgestelde mark en die geleenthede en bedreigings wat bestaan, insluit. Natuurlik sal jy fokus op jou sterkpunte as ‘n produsent wat kennis en passie, sowel as die nodige ondersteuning van ander boere en professionele mense in die landbou netwerk het, omdat jy jou potensiële finansierders wil beïndruk.
Elke besigheidsplan vir ‘n plaas moet alle aspekte van die plaas as ‘n eenheid ondersoek. Die plan moet alle finansiële syfers in die vorm van begrotings en toekomstige projeksies insluit. Dit is ‘n kritiese fase in die besigheid en veral met die huidige grondoordrag scenario, is ‘n algemene probleem dat die regering die grond oorhandig aan begunstigdes en dan verdwyn en individue agterlaat wat swak voorbereid en swak toegerus is, met geen of min insette bv. mentorskap, vaardigheidsontwikkeling of produksie lenings. Dit is wonderlik en opwindend om grond te ontvang...maar! Die realis is goed voorberei en weet dat alle drome finansiële insette benodig om die droom ‘n blywende realiteit te maak. Almal kan saad in die grond plant...maar nie elkeen kan dit laat groei en vrugte dra nie! Wees voorbereid om te vra vir hulp om te verseker dat jou syfers realisties is en jy moet selfvertoue hê dat jy weet wat jou boerdery nodig het om dit te laat werk.
Die basiese elemente van ‘n besigheidsplan – wees realisties
Jou besigheidsplan moet:
Verduidelik wat jy beoog om te doen in jou boerdery.
Jou ondervinding aandui en jou geloofwaardigheid benadruk hoekom jy ‘n geskikte kandidaat is.
Wys dat jy die grond gevalueer het, sowel as die huidige klimaat en ook die mark en bemarkingsgeleenthede wat jy geïdentifiseer het.
Bepaal jou doelwitte, sowel as moontlike probleme wat die sukses van die onderneming kan bedreig.
Bemarking
Dit is duidelik ‘n kritiese oorweging vir elke produsent en bied baie uitdagings in ‘n era waar produsente kompetisie van globale produsente duisende kilometers weg ervaar! Produsente moet markte daagliks dophou en somtyds besluite maak om hulle oes te verkoop, selfs wanneer die gewas nog groen spruite op die land is! ‘n Duidelike bemarkingsplan moet altyd ‘n produksieprogram insluit, omdat dit van geen waarde is om ‘n gewas te kweek waar jy geen kopers sal kry wat gewillig sal wees om pryse te betaal wat sal verseker dat jou besigheid ‘n goeie wins produseer nie. 
Finansiële beplanning
Sommige nuwe produsente is gelukkig omdat hulle redelike voorwaardes vir grondoordrag bekom het, maar ander faktore om te oorweeg wanneer finansiële state voorberei word, is:
Die koste om toerusting te bekom, sowel as instandhoudings uitgawes.
Huur koste.
Insetkoste om jou eerste gewas te plant.
Salarisse en lone.
Reiskoste en brandstofuitgawes.
Kontrakteurskoste moet altyd deel van jou berekening wees as jy besluit om nie onmiddellik te belê in die nodige masjienerie nie.
‘n Sleutel aspek vir finansiële beplanning is ‘n kontantvloeistaat en dit word gewoonlik gedoen met die hulp van ‘n professionele boekhouer of bank adviseur.
