Pivots (Maize) 										Afrikaans



Die spilpunt: alles wat jy moet weet



Instructions: 

Folio strap: Besproeiing

Byline: Inligting verkry vanuit die Mielieproduksie onder Besproeiing Handleiding

Photo 1: Spilpunt dui ‘n hoër neerslag aan naby die rand van die buitenste sirkel. Onthou dat die buitekant van die spilpunt veel verder moet beweeg om die sirkel te voltooi, en dus meer water toegedien word hoe verder jy van die kern van die spilpunt beweeg.

Photo 2: 

Photo 3:

Photo 4:



Die eerste selfaangedrewe sprinkelbesproeiingstoestel is in 1948 uitgevind en in 1952 deur Frank Zybach in Oos-Colorado in die VSA gepatenteer. Die eerste sisteme het die basis vir die ontwikkeling van moderne, selfaangedrewe spilpunte en liniêre besproeiingstelsels gelê. 



Hierdie uiters aanpasbare watertoedieningsmetodes het weens die volgende redes dwarsoor die wêreld geweldig groei beleef:

Hul potensiaal vir gereëlde, hoogs effektiewe en eenvormige watertoediening.

Hul groot moontlikheid vir outomatisasie wat minder arbeid verg in vergelyking met meeste ander    besproeiingsmetodes. 

Wesenlike groot toedieningsarea.

Vermoë om water en wateroplosbare voedingstowwe ekonomies toe te dien oor ‘n wye gebied grond en topografiese toestande.



‘n Spilpunt bestaan uit ‘n staalraamwerk en pype, wat met ongeveer 50 meter intervalle deur ‘n A- raam op twee wiele ondersteun word. Alle spilpunte word uit die volgende basiese komponente gebou:



Spilpunt raamwerk

Dit anker die spilpunt aan ‘n sentrale punt en vorm die kern waarom die hele struktuur beweeg.



Spanning 

Dit is die basiese eenheid waaruit die spilpunt saamgestel word en bestaan uit die hoofpyp waarin die water vloei, die raamwerk wat die toevoerpyp stut en die aandryfmeganisme. Die spanlengte hoef nie noodwendig eenvormig te wees nie en kan by landtoestande aangepas word.



Oorhang

‘n Oorhang is ‘n kleiner pyp met sprinklers wat gewoonlik met kabels buite die verste punt van die toring ondervang word ten einde die besproeiingsarea te vergroot. Hoë volume spuitpunte en hoeksisteme kan ook bygevoeg word op die eindpunt van die toestel ten einde die benatbare oppervlakte in hoeke of addisionele areas te vergroot. Spilpunt toestelle kan langer as 1 000 m wees. 

 

Lengte en pyp-deursnee

Enige kombinasie van pypgroottes en spanning op ‘n spesifieke spilpunt toestel word deur ‘n modelnommer geïdentifiseer. Verskillende vervaardigers het verskillende spesifikasies.

 

Vryhoogte van gewasse

Elke vervaardiger sal inligting oor die vryhoogte by gewasse, of verskillende spanningslengtes op hul spilpuntreeks, voorsien. Gewas -vryhoogte kan varieer tussen 4 meter vir ‘n hoë profielontwerp, tot 0,3 meter vir ‘n lae profielontwerp. 

 

Verskuiwingsvermoë

Die belegging in ‘n verskuifbare spilpunt kan slegs geregverdig word indien daar meer as een ontwikkelde koppelpunt op verskillende lande bestaan en indien die beplanning van gewasse en weidings voorsiening maak vir die addisionele verbouing van gewasse. Die volgende beperkende faktore moet in aanmerking geneem word by die ontwerp en bestuur van verskuifbare spilpunte:

 

Grond en topografie – kleigrond en dwars hellings kan verskuiwing bemoeilik.

Die maksimum aantal seksies toelaatbaar vir verskuiwing.

 ‘n Ses-meter pad met ‘n gelyk oppervlakte behoort tussen koppelpunte voorsien te word. Wees versigtig wanneer die spilpunt oor kontoerwalle en vore verskuif word.

Spanning-kombinasie – slegs sekere spannings kan verskuif word.

Elektrisiteitsvoorsiening moet voor verskuiwing ontkoppel word.

Spilpunt-buigsaamheid. ’n Buigsame koppelstuk maak daarvoor voorsiening dat spilpunte teen skuinstes van meer as 14% tot 30% opdraand of afdraand kan beweeg.



Spilpunt sisteme

‘n Spilpunt-toestel roteer in ‘n sirkel rondom ‘n basis pypstruktuur in die middel van die land op so ‘n wyse dat die besproeide area enige sirkel uitmaak, insluitende gedeeltes van sirkels minder as 360 grade. Bedekking kan 80% tot 90% op ‘n vierkantige land wees. 50% van die radius van die spilpunt besproei slegs 25% van die oppervlakte van die area, terwyl dit belangrik is om te onthou dat 75% van die oppervlakte deur die buitenste ander helfte van die radius bedien word.



Te veel water kan: 

Die wortels van gewasse versuip, siektes aanmoedig en aanleiding gee tot ‘n gebrek aan suurstof;

Loging van voedingstowwe, veral stikstof, wat onder die wortelsone dreineer;

Voedingstowwe verplaas na grondwater;

Wortelontwikkeling verminder weens die afkoeling van grond;

Veroorsaak water wat opdam en sout wat in die wortelsone opbou;

Verlaag gewaskwaliteit en opbrengs; en

Vermorsing van water, energie en geld.

	

Besproeiingsprodusente en bestuurders wat grondvogvlakke monitor verhoog water en energiebesparing aansienlik, optimiseer gewasopbrengste en verhoed gronderosie en waterbesoedeling. Besproeiingsbestuur behels die instandhouding van ‘n geskikte omgewing vir plantproduksie, hoofsaaklik deur te verhoed dat die grond te nat of te droog word. Niemand behoort soveel soos jy te weet aangaande jou lande, gewasse en besproeiing nie.



Behoorlike gebruik

‘n Spilpunt is ‘n wonderlike stuk toerusting om water aan gewasse toe te dien, maar indien dit verkeerd bestuur word, kan dit misluk, net soos enige ander besproeiingsisteem. Hieronder volg ‘n paar belangrike aspekte rondom bestuur wat oorweeg moet word.

Spilpunte verleen ‘n groot mate van buigsaamheid en kan baie suksesvol aangewend word om gewasse te laat ontkiem, onkruiddoders te aktiveer, insekmiddels, onkruiddoders en swamdoders toe te dien, en om stikstof drupsgewys volgens behoefte toe te dien. ‘n Spilpunt het die unieke vermoë om klein hoeveelhede water meer gereeld toe te dien. Wanneer ‘n produsent oorskakel na spilpunte, moet hy verstaan dat die wyse waarop hy besproei, behoort te verander. In plaas daarvan dat hy 1,5 tot 2 duim met elke toediening lewer, kan dit baie beter wees om daardie hoeveelheid in twee tot drie aparte toedienings te gee. ‘n Te hoë toediening van water op een slag, kan tot gevolg hê dat groot hoeveelhede water afloop en wielbeweging aan bande gelê word. 

Dit is ook belangrik om in gedagte te hou dat die produsent die water eintlik in die wortelsone bestuur. Indien die produsent te lank wag voordat hy begin besproei, gebeur dit dikwels dat dit onmoontlik is om die agterstand in te haal en is gewasstres onvermydelik. Dit kan ‘n probleem wees by produsente wat nog nooit voorheen besproei het nie, aangesien hulle nie besef dat dit baie tyd neem vir die spilpunt om een omwenteling volledig te voltooi nie. Moenie bang wees om die spilpunt vinniger aan die gang te kry nie, dit kan goeie dividende afwerp.

In baie gevalle is daar die geleentheid om water te bespaar deur besproeiing behoorlik te skeduleer. Soos met enige ander besproeiingsisteem, is dit belangrik dat die grondvog voortdurend gemonitor moet word, ten einde water slegs toe te dien wanneer dit benodig word. Dit kan lei tot water-en energiebesparings deur die loop van die groeiseisoen.

Instandhoudingskedule 

‘n Spilpunt is ‘n groot belegging en aangesien dit op die land aanmekaar gesit word en nie in ‘n stoor gestoor word nie, vergeet sommige produsente basiese instandhoudingsfunksies. As jy daaraan dink om self die instandhouding te doen, hou die volgende punte in gedagte.



Na die eerste jaar in bedryf

Dreineer die olie en vervang dit met skoon olie op al die wiel-ratkaste en kerndryf-ratkas. Maak seker dat jy die vervaardiger se olie gebruik. Vervang daarna alle ratkas-olies elke derde jaar onder normale toestande. Indien die produsent die spilpunt meer as 1 000 uur per jaar gebruik, oorweeg dit om die olie in die ratkaste jaarliks, of al om die ander jaar, te vervang.



Op ‘n jaarlikse basis

Kontroleer die banddruk in alle bande en pomp tot op regte druk indien nodig;

Dreineer alle water vanaf ratkaste en vervang met korrekte olie;

Ghries die spilpunt se roteerpunt;

Verseker dat alle dryfaste en u-koppelstukke in plek is; en 

Kontroleer die sand-opvangsif ten einde te verseker dat sand nie opbou nie. Spoel indien nodig. 



Voor-seisoen

Kontroleer alle spuitstukke tydens aanskakeling ten einde te verseker dat almal korrek spuit; en 

Maak seker dat die toestel behoorlik ge-aard is. 



Einde van seisoen

Dreineer die spilpunt en alle waterkoppelings na die spilpunt. 

Dit is belangrik om te onthou dat staantyd (brekasies) gedurende die besproeiingseisoen krities kan wees. Dit is nodig om te besef dat die instandhouding op jou spilpunt net so belangrik is soos jou instandhoudingsprogram vir jou trekkers, planters en strooptoerusting. 

