Partneships (Maize) 									Afrikaans

		

Vennootskappe gevorm gedurende 2008/2009



Instructions: 

Folio strap: Ontwikkelingsprogram vir Produsente

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



Soos vroeër gemeld, is produsente-ontwikkeling nie ‘n vinnige en maklike taak nie – dit behels baie verskillende mense, baie verskillende dissiplines en baie tyd. Ons kan dit nie alleen doen nie en daarom is ons so dankbaar vir die ondersteuning en betrokkenheid van so baie ander mense. Ons het die afgelope jaar met die volgende mense vennootskappe gevorm:



Oos- Kaap

In die Oos-Kaap is goeie vennootskappe met die volgende mense/organisasies gevorm: 

Dohne Landbounavorsingstasie – bystand met grondontleding;

PANNAR Saad – borge vir saad vir proewe;

Uvimba Finansieringsbank – finansiering vir ontwikkelende produsente in die Oos-Kaap; 

Oos-Kaap Ontwikkelingskorporasie – finansiering vir ontwikkelende produsente;

Monsanto Saad en Chemikalieë – vir demonstrasieproewe;

Departement van Landbou – aanplant van proewe, hou van opleidingskursusse;

UAP – voorsiening van chemikalieë vir proewe;

Sidi Parani – voorsien kunsmis vir die proewe;

Departement van Sosiale Ontwikkeling – landbouprojekte in die Oos-Kaap;

Trekdier Sentrum – ondersteuning en raad aan produsente wat trekdiere gebruik; en

Amathole Distrik Munisipaliteit. 



Mpumalanga

In Mpumalanga, is goeie vennootskappe met die volgende mense/organisasies gevorm: 

Departement van Landbou – aanplant van proefpersele en hou van opleidingskursusse;

MADC – finansiering van ontwikkelende produsente;

Reggie Mchunu, Pannar – saad vir proewe en betrokkenheid by boeredae; 

Afgri – samewerking met proefpersele;

Omnia – betrokkenheid gedurende boeredae;

Bayer – betrokkenheid gedurende boeredae;

Shadrack Mabuza, Monsanto – betrokkenheid gedurende boeredae;

Qwemico – betrokkenheid gedurende boeredae en raad met chemikalieë;

Bongani Nkosi – Agri Landboudienste;

Kenneth Mokoena – Sasol Nitro;

Raymond Mnguni, Phillip Khoza, Obet Gininda en Snukie Mdluli – MADC;

Bongiwe Magagula – Land Bank;

Phonnie Du Toit – LNR Graan Gewas Instituut; en 

Karel Taljaard – Suid-Afrikaanse Kalk en Gips.



Noordwes

In die Noordwes is goeie vennootskappe met die volgende mense/organisasies gevorm: 

Departement van Landbou GP;

Monsanto – saad vir proewe en samewerking gedurende boeredae; 

LED Randfontein – ondersteuning met boeredae;

Barlow World – betrokkenheid gedurende boeredae; 

Tsunami – betrokkenheid met demonstrasie proewe; 

Senwes – finansiering van produsente;

Nerpo – gesamentlike boeredae;

Landbank – finansiering van produsente en gesamentlike boeredae;

Agricol – saad vir demonstrasieproewe;

Pioneer – saad vir demonstrasieproewe; en

Khula – deelname gedurende boeredae. 



Vrystaat

In die Vrystaat is goeie vennootskappe met die volgende mense/organisasies gevorm: 

Lucas Serage van Sasol Kunsmis – kunsmis vir proewe en deelname gedurende boeredae;

Div Bosman van Omnia – ondersteuning met grondontleding en kunsmisaanbevelings, ondersteuning aan gevorderde produsente; 

Natis van Niekerk van Wenkem – ondersteuning aan gevorderde produsente met betrekking tot chemikalieë; 

Deon van der Ross, OVK – finansiering vir ontwikkelende produsente; 

Departement van Landbou – opleiding en ondersteuning aan produsente;

Novon Protecta – chemikalieë en ondersteuning vir gevorderde produsente;

Charles Matlou van Pioneer – ondersteuning aan studiegroepe en gevorderde produsente;

Kobus Lindeque, Gert Heyns, Bright Breytenbach en Dudu Mashile van Monsanto – ondersteuning aan gevorderde produsente, saad vir proewe en deelname aan boeredae;

Ferdie Roodt en Jan Davel van VKB – finansiering vir gevorderde produsente;

Jan du Preez van Opticrop – kunsmis en grondontleding-interpretasie; en

Cliffe Deacon van Agricol – saad.



