Opot											Afrikaans

Wat is olie en proteïen sade?



Instructions: 

Folio strap: Oliesade

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente



Volgens die SA Graan en Oliesade webtuiste, word graan gedefinieer as geskikte voedsel vir menslike gebruik. Oliesade is ook geskik vir menslike voedsel en is veral waardevol vir die olie wat hulle produseer. Graan en oliesade gewasse in Suid-Afrika is grondbone, gars, rog, koring, hawermout, mielies, sorghum, sojabone en sonneblom. 



Oliesade word hoofsaaklik gekweek vir die olie in die saad. Die olie inhoud van kleingraan (koring) is slegs 1% - 2%; dié van oliesade varieer vanaf 20% vir sojabone tot oor die 40% vir sonneblom en kanola. Die hoof bronne van eetbare oliesade is sojabone, sonneblom, kanola, katoen en grondbone. Oliesaad vanaf vlas (lynsaad) en kasteroliebone word vir industriële doelwitte gebruik. Eetbare vette en olies het egter verwante molekulêre strukture. Vette is solied by kamertemperatuur terwyl olies vloeibaar is. 



Sonneblom, grondbone en sojabone is almal somergewasse – hulle word aangeplant in die lente nadat die rypgevaar verby is (hulle is rypsensitief) en groei gedurende die somermaande (in die somerreënval gebiede). Hulle is ryp gedurende die herfs en word gewoonlik geoes nadat die eerste ryp geval het. Aan die ander kant is kanola ‘n wintergewas – dit is die enigste oliesaad gewas wat nie rypsensitief is nie. Graan wat geoes is word geprosesseer om die olies te onttrek. Vette en olies is basiese voedingstowwe en word gebruik vir die maak van olies, slaai- of kookolie en kan ook gestol word om margarien en ander vette vir kookdoeleindes te maak. Hierdie produkte vervang of vul diereprodukte aan (soos botter of dierevet) wat onvoldoende is om in die aanvraag van ‘n toenemende wêreldpopulasie te voorsien. 



Die afsaksel wat oorbly nadat die olie vanaf oliesade onttrek is, is ‘n belangrike bron van voedingstowwe vir plaasdiere. Oliesade voedsel vanaf sojabone, grondbone, kanola en vlas is ryk in proteïene – wanneer met ander bestanddele (soos graan) gemeng, voorsien hulle gebalanseerde voedsel. 



Grafiek 1: Produksie van grondbone in Suid-Afrika.

Noordwes

	Gauteng

	Limpopo

Mpumalanga

Kwazulu-Natal

Vrystaat

Noord-Kaap

Duisend ton

Produksiejare



Grafiek 2: Produksie van sojabone in Suid-Afrika.

Noordwes

	Gauteng

	Limpopo

Mpumalanga

Kwazulu-Natal

Vrystaat

Oos-Kaap

Duisend ton

Produksiejare





Grafiek 3: Produksie van sonneblomsaad in Suid-Afrika.

Noordwes

	Gauteng

	Limpopo

Mpumalanga

Kwazulu-Natal

Vrystaat

Oos-Kaap

Duisend ton

Produksiejare



