Mpumalanga

‘n Foto beskryf ‘n duisend woorde...

Die demonstrasieproewe in Mpumalanga



Instructions:

Folio strap: Demonstrasieproewe

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA ontwikkelingsprogram

Photo 1: Die proefplaas op Malekutu. 

Photo 2:  ‘n Plaas langs die proefplaas op Malekutu. 

Photo 3: Die proefplaas op Mbuzini.

Photo 4: Die demonstrasieproewe op Matibidi.

Photo 5: Privaatgrond in die omgewing van die proefplaas op Matibidi.

Photo 6: Privaatgrond in die omgewing van die proefplaas op Matibidi.

Photo 7: Mnr Jerry Mthombothi, provinsiale ontwikkelingskoördineerder in Mpumalanga by die proefplaas op Bronkhorstspruit.

Photo 8: Mnre Jerry Mthombothi (links) en Boy Mokoena (produsent) by die proefplaas op Bronkhorstspruit.

Photo 9: Die proefplaas by Dundonald.

Photo 10: Die proefplaas by Dundonald.



Een van die projekte binne die Graan SA program vir ontwikkelende produsente wat deur die Mielietrust befonds word, is die aanplant en instandhouding van die demonstrasieproewe in die verskillende streke. Die doel van hierdie proewe is om die beste praktyke te demonstreer en die proefplase word ook regdeur die jaar tydens boeredae gebruik. 



Foto 1 is in die proefplaas op Malekutu, ongeveer 30 km Noord-Oos van Nelspruit en foto 2 is die grond langs die proefplaas.



Daar is baie besprekingspunte verwant aan hierdie twee foto’s en die verskil in opbrengs tussen hierdie twee gewasse kan ‘n resultaat van die volgende faktore wees: 

Die pH van die grond – kalk is op die proefplaas aangewend; 

Kunsmis is aangewend: grondmonsters is geneem waarop die aanwending van kalk en kunsmis gebaseer is – let op die kleurverskil tussen die twee lande; 

Die variteit: bastersaad is vir die proef gebruik, terwyl die ander teruggehoude saad van die vorige oes was;

Die plantdatum:  die proef is in November 2007 geplant en die ander in Desember 2007; 

Die plantpopulasie en spasiëring in die ry: hoewel dit nie moontlik is om die spasiëring in foto 1 te sien nie, is die spasiëring in die ander mielies duidelik te smal. 



Foto 3 is by die proef op Mbuzini, 150 km Suid-Oos van Nelspruit in die rigting van Swaziland. Die mielies hier het baie goed gelyk – veral wanneer dit vergelyk word met die gewasse wat deur plaaslike produsente geplant is.  Die belangrikheid van grondmonsters, grond pH, kunsmis, plantpopulasie, kultivarkeuse en onkruid- en plaagbeheer is alles onderwerpe vir bespreking in hierdie area. 



Foto’s 4, 5 en 6 is geneem by Matibidi (noord van Graskop). Dit is ‘n gemeenskapsarea waar die meeste van die werk met die hand deur die vrouens gedoen word (Jerry Mthombothi, die provinsiale ontwikkelingskoördineerder in Mpumalanga sê dit grens aan die misbruik van vroue).  Foto 4, van die mense met sambrele, is in die demonstrasieproef geneem, terwyl foto’s 5 en 6 privaatgrond in die area is. 



Die belangrike produksiefaktore waarop ons in hierdie area fokus, is soos volg:

Grondmonsters – om in staat te wees om die korrekte hoeveelheid kalk en die mees geskikte kunsmis toe te dien;

Optimale plantdatum (die meeste van die mielies is laat geplant);

Plantpopulasie en kultivarkeuse; en 

Onkruidbeheer.



Produsente in hierdie area het trekkers en masjinerie van die Mpumalanga Departement van Landbou ontvang. Ten spyte hiervan word die meeste van die werk met die hand gedoen – daar is groot probleme met die toekenning van toerusting aan groepe. Baie aandag sal gegee moet word aan hierdie probleem as beleggings nuttig aangewend wil word. In beginsel is dit moontlik om landboutoerusting en trekkers te deel, maar die vraag van herstel en onderhoud is baie moeilik om te bestuur – wie presies is verantwoordelik?



Foto’s 7 en 8 is mnre Jerry Mthombothi en Boy Mokoena (produsent) by die proef in Bronkhorstspruit. Die mielies lyk baie goed, hoewel die nat seisoen meganiese onkruidbeheer bemoeilik het. 



Mnr Mokoena was een van die kandidate van die Ontwikkelende Produsent van die Jaar kompetisie in 2007 – toe ons hom in Junie 2007 gesien het, was hy gereed om sy boerdery te staak as gevolg van die droogte.  Hierdie jaar het hy 400 ha mielies, soos op die foto’s gesien kan word, aangeplant! 



Daar is baie produsente in hierdie area wat reeds kommersiële produsente is, maar onkruidbeheer is een van die oorblywende probleme om te oorkom. Ons spesifieke fokus in die volgende seisoen sal op chemiese onkruidbeheer wees. 



Fotos 9 en 10 is van die proef by Dundonald, oos in die rigting van Swaziland vanaf Badplaas. Foto 9 dui die resultaat van goeie bestuur aan en die verskil tussen hierdie proef en die ander land in foto 10 is duidelik te sien. 



Die probleem in hierdie area, soos in die meeste gevalle, sluit grondmonsters, plantdatums, plantpopulasie, kunsmis en onkruidbeheer in. Die produsente in hierdie area plant algemeen op kleiner stukke gemeenskaplike grond.



Geluk aan mnr Jerry Mthombothi vir die kwaliteit van sy demonstrasieproewe. Ons sien daarna uit om meer te leer gedurende die boeredae wat beplan word in die komende maande.





















