Money



Bestuur jou geldsake



Instructions: 

Folio strap: Geldsake

Byline: Inligting verkry vanuit die Graan SA handleiding: Mielieproduksie en bemarking.



Daar moet in gedagte gehou word dat boerdery oor die algemeen daarop gemik is om ŉ wins te genereer. Aansienlike bedrae geld word benodig om mielies te plant en die kostes daaraan verwant is een van die mees belangrikste aspekte van graan boerdery bestuur. 



Dit is nodig om koste in twee verskillende kategorieë te verdeel – direkte of veranderlike kostes en oorhoofse of vaste kostes. 



Oorhoofse koste

Hierdie koste hou verwant met die algemene bestuur van die plaas in geheel – dit is die kostes wat nie direk verband hou met die aanplant van die spesifieke gewas nie. Hierdie kostes word egter voortgesit, ongeag die tyd van die jaar of seisoen. Hierdie kostes sluit rekenmeesters fooie, bankkoste, salarisse en lone, onttrekkings, elektrisiteit, lisensies en heffings, herstelwerk en onderhoud, rente op lenings, voertuig-onkostes en skryfbehoeftes in. Hierdie kostes mag verskil van produsent tot produsent, afhangend van: die grootte van die plaas, die dieptelading en die styl en koste van bestuur. 



Direkte/veranderlike koste

Hierdie is die kostes wat direk verband hou met die tipe gewas geplant word. Die kostes sluit items soos diesel, kunsmis, saad, chemikalieë, stroop, bemarking en geleentheidsarbeid in. In die meeste gevalle is die kostes vergelykbaar per hektaar, ongeag die tipe boerdery en die potensiële opbrengs van die gewas wat geplant word. 



Dit is uiters belangrik dat voldoende finansiële beplanning gedoen word voor ŉ gewas geplant word. Dit is baie beter om ŉ klein stukkie voor te berei en te plant om sodoende die beste kans op ŉ goeie opbrengs te hê. Daar is altyd kostes wat nie in ag geneem word wanneer daar geplant word nie – hieronder is ŉ voorbeeld van die tipes bewerking wat benodig mag word gedurende die proses van gewasproduksie.



Moontlike aksies benodig: 

Kalkverspreiding

Sny van lande

Dieptandbewerking van lande

Beitelploegbewerking

Ploeg

Saadbed voorbereiding

Plant

Spuit van onkruid en plaagdoders

Toediening van topbemesting

Grondbewerking

Addisionele bespuiting van onkruid-en plaagdoders

Stroop

Vervoer van die graan. 



