Moisture (Maize) 								Afrikaans



Vogbewaring vir droëland gewasproduksie



Instructions: 

Folio strap: Vogbewaring

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



‘n Baie belangrike faktor by droëland graanproduksie is die beskikbaarheid van voldoende vog gedurende die ontwikkeling van die spesifieke gewas.



Inligting oor die hoeveelheid reënval, sowel as wanneer dit verwag kan word, is beskikbaar vir elke area van Suid-Afrika (vra die plaaslike Departement van Landbou). Hierdie kan slegs as ‘n riglyn gebruik word in die beplanning van gewasproduksie. 



 Hoekom moet ons vog in die grond bewaar?

Gewasproduksie vereis vog – verskeie gewasse het verskillende vogvereistes wat in aanmerking geneem moet word voordat ‘n besluit geneem word oor die aanplanting van ‘n spesifieke gewas.

Die natuurlike reënval val dikwels nie presies op die vereiste tyd vir elke spesifieke gewas nie.

Oor die algemeen het gewasproduksie-areas in Suid-Afrika ‘n droë klimaat .

Dit is nodig om voldoende grondvog te verseker tydens die optimale planttyd om ontkieming en vroeë wortelontwikkeling te verseker. Die optimale planttyd neem in ag die plant se vogvereistes op die kritieke stadiums van ontwikkeling, verwant aan die verwagte jaarlikse reënval gedurende daardie seisoen (byvoorbeeld om te beplan vir ‘n reëntydperk wanneer mielies in die saad kom of wanneer sonneblom blom). 

Om die oesreste van die vorige oes af te breek en die humusinhoud van die grond te verhoog en dus voedingstowwe beskikbaar te maak vir die gewas. 



Kan alle grond water stoor?

Ja, alhoewel baie sanderige grond oor ‘n deurlaatbare laag beskik en te veel water toelaat om weg te dreineer.

Grond met ondeurlaatbare lae (byvoorbeeld klei) op ‘n diepte van nie minder nie as 600 mm tot een meter is ideaal vir grondvogbewaring en jaarlikse gewasproduksie. 

 

Hoe kan ons die absorpsie van reën deur die grond die beste bevorder?

Penetrasie deur reën word verbeter deur:

‘n Los grondoppervlak; en/of

‘n Deklaag op die grond. 



Hoe word die vog in die grond gestoor?

Die water word gestoor in die spasies tussen die gronddeeltjies. 

Grond verskil van sand, na leem, tot klei.

Elke grondtipe kan verskillende hoeveelhede water stoor.

Sand, klei en leem kan gemiddeld 25 mm vog per 150 mm grond stoor. (Vir grond met ‘n effektiewe worteldiepte van een meter, is dit moontlik om 180 mm reën te stoor).



Wat veroorsaak vogverlies in die grond?

Straling van die son. Die oppervlak van die grond word warm en dit verhoog verdamping.

Grondvogbeweging in die grond. Dit is die beweging van grondvog tussen die gronddeeltjies na die oppervlak van die grond, vanwaar dit dan in die atmosfeer verdamp.

Transpirasie deur onkruide of enige plante wat as onkruid gesien kan word. (Dit is een van die hoofoorsake van vogverlies in die grond.)

Hoe kan ons vog die beste bewaar?

Verseker dat die reën wat val, die grond kan binnedring deur die oppervlak in die vereiste toestand te hou. ‘n Kors op die oppervlak vorm ‘n harde obstruksie en verdere reën loop af in plaas daarvan om die grondprofiel binne te dring. 

Behou soveel reste van die vorige oes as moontlik om die direkte impak van die reëndruppels op die grondoppervlak te verminder en dus die vorming van ‘n kors te verminder. Onthou dat, afhangende van die afbreek van die stoppels, die gewas addisionele stikstofbevattende kunsmis kan benodig as gevolg van die stadiger vrystelling van voedingstowwe in die gewasreste. 

Na swaar reën moet die kors, wat moontlik op die oppervlak gevorm kan word, gebreek word. Die kors sal nie alleenlik verdere penetrasie van addisionele reën verhoed nie, maar sal ook grondvogbeweging aanhelp, wat die grond verder uitdroog. 

Hou die land vry van onkruid vir die hele tydperk vanaf oes van die vorige gewas tot die aanplant van die volgende gewas. 

Die skepping van ‘n gronddeklaag op die oppervlak van die grond dien as teenvoeter vir grondvogbeweging, wat veroorsaak dat vog vanuit die grondprofiel beweeg tot in die atmosfeer. Alhoewel die deklaag uitstralingsenergie van die son verhoed, vind verdamping nog plaas, maar teen ‘n minimale tempo deur die boonste 5 cm droë grond deklaag. 

‘n Deklaag kan óf gewasreste óf die gronddeklaag wees, wat instand gehou moet word dwarsdeur die rusperiode deur meganiese bewerking van die grond. 

Tussen reën is dit noodsaaklik om ‘n grond deklaag instand te hou om te help om die maksimum water in die grondprofiel te behou. 





