Moisture (Wheat)								Afrikaans
Vogbewaring vir koringgewasse
Instructions:
Folio strap: 
Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Alle gewasse benodig water vir groei en 'n baie belangrike faktor by droëland graanproduksie, is die beskikbaarheid van voldoende vog gedurende die ontwikkeling van jou koringoes. 
Vanaf die huidige maand, sal die koringuitgawe van die Pula Imvula gestuur word aan al die lesers en nie net aan die Sesotho sprekende produsente in die Vrystaat nie. Ons moet dus onthou dat die Wes-Kaap 'n Mediterreense klimaat het, wat beteken dat hulle reënval gedurende die winter geskied, wat die seisoen vir koring is. Die belangrikheid van grondvogbewaring vir koringprodusente in die Kaap, is nie naastenby so belangrik soos vir die res van Suid-Afrika nie, waar die somerreën in die grond bewaar moet word vir die plante om te gebruik tydens die droë wintermaande. 
Gewasproduksie vereis vog. Verskillende gewasse het verskillende vogvereistes wat in ag geneem moet word, voordat 'n besluit oorweeg word oor watter gewas aangeplant moet word. Vog is ook nodig om die afbreking van die vorige gewasreste aan te moedig, die humus-inhoud in die grond te verhoog en dus voedingstowwe beskikbaar te stel vir die gewas. 
Jy het dalk nog nie besluit om koring te plant nie. Jou besluit sal gebaseer wees op die winsgewendheid van koringproduksie, sowel as jou langtermyn beplanning vir jou lande. Baie produsente het 'n besluit geneem om sekere gewasse te plant in 'n wisselboustelsel, ongeag die korttermyn skommeling in prys. Deur elke paar jaar koring te plant, sal jy verseker dat jy 'n oes het wanneer daar 'n goeie jaar is en dat jy koring het om te verkoop wanneer die prys hoog is (hoewel die omgekeerde ook waar is – jy sal koring in ‘n slegte jaar ook hê, en jy sal die lae pryse moet aanvaar wanneer dit gebeur).
Dit is belangrik om te probeer verseker dat jou oes toegang sal hê tot voldoende grondvog tydens die hele groeiperiode. Alle grond kan water stoor, hoewel sommige baie beter geskik is vir die stoor van grondvog. Baie sanderige grond is minder geskik om water te stoor, aangesien die water deur die grond kan syfer en verlore gaan, tensy daar 'n ondeurdringbare laag (rots of klei, byvoorbeeld) is, wat sal verhoed dat die water wegsypel. Grond met ondeurdringbare lae (byvoorbeeld klei) met 'n diepte van nie minder as 600 mm tot 1 m nie, is ideaal geskik vir die grondvogbewaring en jaarlikse gewasproduksie. Baie grond in die Oos-Vrystaat pas by hierdie beskrywing, wat die rede is waarom hulle uiters geskik is vir die produksie van winterkoring, alhoewel dit 'n somerreënvalgebied is.
Tensy jy gelukkig genoeg is om besproeiing te hê, sal jy moet staatmaak op reën om vog in die grond te hê. 'n Los grondoppervlak maak dit moontlik vir reën om die grond binne te dring. Jy sou al opgemerk het hoe reën afloop van 'n harde grondoppervlak. Die deklaag bo-op die grond help ook met die penetrasie van die water, maar versag ook die val van die druppels en laat 'n langer tyd toe vir die water om te penetreer. 
Die water word gestoor in die ruimtes tussen die gronddeeltjies. Grond wissel van sand, leemgrond, tot klei en elke grondsoort kan 'n wisselende hoeveelheid water stoor. Sanderige grond stoor 'n gemiddeld van 25 mm vog per 150 mm grond. (Vir grond met 'n effektiewe worteldiepte van 1 m, is dit moontlik om 180 mm reën te berg). Die hoeveelheid vog wat in die grond gestoor kan word, is afhanklik van die tipe grond, die toestand van die grondstruktuur, tekstuur en die gronddiepte.
Grondvog kan verlore gaan as gevolg van die bestraling van die son. Die oppervlak van die grond raak warm en dit verhoog verdamping; kapillêre aksie in die grond (dit is die beweging van grondvog tussen die deeltjies van die grond) na aan die oppervlak van die grond waar dit verdamp in die atmosfeer, en ook deur transpirasie van onkruide of enige plant wat in die land as 'n onkruid gesien kan word. (Dit is een van die grootste oorsake aan die verlies van grondvog.)
Wat is die beste manier hoe ons grondvog kan bewaar?
Verseker dat die reën wat op die grond val, die grond kan binnedring en dit in ‘n goeie toestand hou. 'n Kors op die grondoppervlak vorm 'n harde versperring en verdere reën loop weg in plaas daarvan om diep tot in die grondprofiel in te dring.
Behou so veel oorblyfsels van die vorige oes as moontlik om sodoende die direkte impak van die reëndruppels op die grondoppervlak te verminder en dus te verhinder dat 'n kors vorm. Dit moet onthou word dat, afhangende van die afbreek van die reste, die gewas dalk bykomende stikstofbemestingstowwe sal benodig as gevolg van die stadiger vrystelling van die voedingstowwe wat nog in die oesreste teenwoordig is. 
Na swaar reën, breek die kors wat op die oppervlak van die grond gevorm is. Die kors verhoed nie net verdere penetrasie deur addisionele reën nie, maar is ook verantwoordelik vir kapillêre aksie wat die grond uitdroog.
Hou die land vry van onkruide vir die hele tydperk vanaf die vorige oes tot die aanplant van die volgende oes.
Die skepping van ‘n stof deklaag op die oppervlak van die grond dien as 'n struikelblok vir die kapillêre aksie wat gevolglike beweging van vog vanuit die grondprofiel in die atmosfeer sal hê. Hoewel die deklaag die hittestrale van die son absorbeer, sal verdamping nog voorkom, maar teen 'n minimale tempo deur die boonste 5 cm droë grond deklaag.
Deklaag kan óf oesreste (in breë trekke) of die stof deklaag wees, wat gehandhaaf moet word gedurende die braakperiode deur meganiese bewerking van die grond.
Sommige elemente van gewasproduksie is absoluut noodsaaklik vir sukses. Jy moet ten alle tye so veel vog as moontlik bewaar en jy moet aanhou om jou lande vry te hou van onkruid. Vog is een van die mees beperkende faktore by gewasverbouing.
