Jane(Maize)										Afrikaans
Mme Jane sê…
Folio strap: 
Photo: Use a photo of Jane 
Onlangse nuus het baie gehad oor wat die ANC-jeugliga oor grond sê (en banke en mynbou) en dit is baie interessant om te sien hoe verskillende mense dink oor die hele grondvraag.
Ek sien grond as 'n hulpbron wat vir ons voedsel en vesel moet produseer. Baie dinge op die aarde vermeerder elke jaar – mense, troeteldiere, motors, ensovoorts. Grond kan egter nie vermeerder nie – dit is beperk. Dink daaraan dat daar meer en meer mense is, met minder en minder produktiewe grond (ons moet onthou dat mense ruimte benodig vir hul huise – stede gebruik grond om te groei); ons moet seker maak dat elke stukkie grond optimaal produseer.
Ons het in Suid-Afrika vandag 'n komplekse situasie waar baie van die produktiewe landbougrond deur wit kommersiële produsente besit word. Nou is daar sprake dat van die hierdie grond sonder betaling weggeneem word en aan swart mense gegee gaan word. Aan die ander kant is daar baie grond onder kommunale eiendomsreg (onder die stamowerheid) en baie van hierdie grond is nie produktief nie. Daar is ook duisende hektaar landbougrond wat deur die programme van die Departement van Grondsake uitgedeel is. Gaan dit dan oor die kleur van die vel van die persoon? Volgens my mening, NEE – om ‘n suksesvolle bestaansboer, 'n kleinboer of kommersiële produsent te wees, het niks te doen met die kleur van jou vel nie.
Ons weet om 'n suksesvolle produsent te wees, moet jy kennis en vaardighede, masjinerie, markte en finansiering vir produksie-insette hê. Om net grond aan iemand te gee maak hom nie 'n produsent nie – as jy ​​in 'n garage staan, maak dit jou nie ‘n kar nie! As jy grond besit, maak dit jou nie 'n produsent nie.  As jy 'n produsent genoem wil word, moet jy jou grond optimaal gebruik – soveel as wat jy kan op jou grond produseer.
Ek stel voor dat ons ons bes doen om mense al die ondersteuning te gee wat hulle nodig het op die grond wat hulle reeds het, sodat elke stuk grond vir ons nasie kan produseer. Wanneer al hierdie grond goed produseer, kan ‘n mens oor ander kwessies wonder. Grond is kosbaar en as jy toegang tot grond het, het jy 'n verantwoordelikheid om dit te gebruik. Laat ons as produsente in volle produksie kom en ons nie bemoei met die uitlatings van politici wat net voordeel vir hulleself wil trek nie.
